Duiwelspiek se naam moet verander, sê Christene

Duiwelspiek Foto: Suné van Heerden, Maroela Media

Duiwelspiek Foto: Suné van Heerden, Maroela Media

‘n Groep “prominente” Christene het glo hul mes in vir die naam van Duiwelspiek.

Gateway News, ʼn Christelike nuuswebwerf, berig die groep meen dis onvanpas dat so ‘n naam saam met Tafelberg en Seinheuwel en Leeukop oor Kaapstad wag hou.

Die groep het glo reeds op 30 Mei 2014 met die Wes-Kaapse pleknamekomitee vergader oor die voorgestelde naamsverandering.

Die groep stel voor dat die piek Duiwenkop (Dove’s Peak) genoem moet word, een van die name waarmee die piek voorheen gespog het, en die verbintenis van ‘n duif as die simbool van vrede.

Prof. Peter Raper van die Vrystaatse Universiteit het die afgelope aantal jare intensief navorsing gedoen oor watter plekname in Suid-Afrika in werklikheid van Khoisan herkoms is. Duiwelspiek is een hiervan. Volgens Raper is die San-woord vir “wind”, duivi. Onder die Nederlanders het dit na “duiven” vervorm, en later na duiwel. Klik hier om meer te lees.

Duiwelspiek se naam kom dus nie van die legende van Van Hunks en die duiwel wat mekaar in ‘n rookkompetisie die stryd aangesê het en Tafelberg nog gereeld onder ‘n wit kombers “toegerook” stook nie.

Volgens Gateway News het ʼn groep glo reeds in 1996 ʼn brief aan oudpresident Nelson Mandela gestuur waarin die naamsverandering versoek word. Talle ander pogings was tot dusver ook tevergeefs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sollie ·

Ag REGTIG… Party mense moet net “hobbies” kry in plaas van ander se tyd te mors met onbenullighede!

Martin ·

Mens sal nou dink ” Christene ” het beter dinge om te doen!!!

Naamsverandering se voet ·

Ai tog – teen watter koste sal DIT nou weer gedoen moet word?? Geldmors! En as hulle dan nou regtig korrek wil wees moet hul dit g’n Duiwenkop noem nie, maar wel die korrekte SAN naam gebruik nl Duivikop! IS daar ooit duiwe? Dis nou regtig tyd- en geldmors!

AmY ·

Ek is ‘n Christen, en ek sê: Nee regtig. Dis darem bietjie erg. Waarom hieroor kla???

Dis ‘n onskuldige naam. Dan moet julle ook alle spreekwoorde met die woord Duiwel in vermy.

pop ·

Kan die christene liewer loop bearbei tussen die sondaars en maar die berge uitlos, regtig, dalk is dit hoekom christene mense so afp-s, of het een dalk n stem direk ontvang dat dit sonde is.

Lawrance ·

Dit is beslis nie ‘n April fools joke nie. In daai geval. Kan die groep asb op die treinspoor loop speel? Julle steel ons suurstof, MAGTIG.

Shannon ·

Tsja ! Ry jy in Groenpunt rond dan moet jy uitswaai vir die hoere. Op die flats rook toddlers tik. En as jy op die regte tyd van die jaar op die hange van Tafel Berg stap kan jy saam met die hoë priester van die Rastafariërs `n bietjie aan `n ‘slow boat’ bom suig. Dis innie haak ! Dis daardie verdomde naam van `n heuwel – wat sy naam gekry het amper 300 jaar voor onze dwepers hulle gevoelens ontdek het wat ons omkrap. Weg met die duiwel ! Ek stel voor `n boek brand nag om met die nuwe inhuldiging gepaard te gaan. Is Angus die mielie boer beskibaar ? Ek kan niks mooier voorstel as die prediker en sy brigade van 300 huilende boepense met baarde om die geleentheid te voltooi nie.

Gert ·

Shannon, duidelik het jy nog net gehoor van Oom Angus maar het nie ‘n idee wat hy doen nie. Ek het die voorreg gehad on verskeie van sy byeenkomste by te woon en watter voorreg was dit nie. Die opmerking van 300 huilende boepense is net so onsmaaklik en eintlik is jou opmerking totaal onvanpas. Indien die hele SA net effens luister wat Oom Angus sê, sal dit met ons baie beter gaan in SA.

Ook 'n Christen ·

@Shannon – dit wat jy skryf is meestal die waarheid – en ek het nogals gelag vir die eerste deel van jou kommentaar. Ek is ook nou nie ‘n Angus fan nie, maar dalk was jy so bietjie kras met die “300 huilende boeppense”? Toemaaar ons vergewe jou wat!

Shannon ·

Geagte Geert en Gristen, ek moet onmiddellik om verskoning vra. Angus is nie `n mielieboer nie, hy’s `n aartappel boer. Ek het ook oordryf – van die brigade het slegs 241 boeppense gehad en nie elkeen kon al baard groei nie. Ek is uitgevang.

Geert ou tier, laat my toe om te verduidelik :
Ek’t geen hekel teen gelowiges nie. Dis godsdienstiges vir wie ek gril. As jy my beledigende kommentaar weer lees sal jy my sarkasme merk wat gemik is op die skynheiligheid van julle godsdienstiges. Elke evangelie filantroop wil oorsee gaan siele werf eerder as om in `n lokale lokasie in te kruip. Publieke aandag is ook altyd welkom. Het Paulus sy staat subsidie en klere verruil vir `n haar jas ? of het hy volgens die voorskrifte van die Christus `n vergadering belê en `n politieke party gestig by name ACDP wat tot in lengte van dae behep sal wees met die sekulêre aspekte van die hier-en-nou ? Want dis wat jou boeppense doen.

Ook 'n Christen ·

@Shannon – toemaar wat, ek stem eintlik met jou saam, maar ter wille van die vrede moet mens maar oppas vir kras wees – dis nou die laaste gedeelte van jou opmerkings. Nou sien ek jy het weer geantwoord en kan ek maar net lag, jy is eintlik baie snaaks maar ja, daar is seker maar manier om ‘n ding te sê…

Babs ·

Ek is ‘n Christen en die naam Duiwelspiek het my nog nooit gepla. Dit is nou mense wat niks het om te doen nie en nou wil hulle ook op die wa spring. Neuk asb anderkant af. Los die naam en gaan werk onder die straatmense .

Willie ·

Liewe land, wat van die afgelope Wacky Wine Suipfees tydens Pinksterweek in Robertson en omliggende dorpies ? Doen liewer iets hieraan. Word al moeiliker om die NG Kerk en medebroeders te verstaan, dan is daar nie iets soos ‘n duiwel nie, dan is daar iets soos ‘n duiwel en .. dan is daar duiwelspiek !!

Carol ·

Om Duiwelspiek se naam te verander : hoe belaglik !!! Die naam kom seker al van Jan van Riebeeck se dae af … kom die klomp dwepers dit nou eers agter, na al die jare ???!!! Los die naam soos dit is … baie name het in elk geval al verander, and baie mense praat nog steeds vd ou name ~ net so, sal dit die geval wees met Duiwelspiek !!!!!

Estelle ·

Ag asseblief, het die kamstige Christinne niks beters om uit te dink en te doen nie??? Dis regtig siek voorstel en gekerm!!! Hulle kan gerus met hul speelgoed op die N1 gaan speel in piektyd, die verdomde skynheilige klomp hippechrists!!

Burger ·

Bietjie gedink oor die een . Ons dorp se onder 19 rugbyspan is die rooi duiwels en dit staan so op hulle truie. Dit word heel onskuldig bedoel sonder enige gevaar of vrees en glo my hulle hou geen gevaar vir enige span in nie. As die berg se naam gaan verander moet die rooi duiwels ook seker besin.

Die ander kan van die saak is dat die duiwel , satan , lucifer een en dieselfde is . As agter op die rooi duiwels se truie staan lucifer se manne, gaan oom dominee en die kerkraad heel jaar vergadering hou en die gay en belhar issue gaan eers van die voorblad afgehaal word. Hulle gaan n vars punt tot rede vir hulle voortbestaan kan voeg. Aan die ander kant wil dit dan ook blyk dat hulle nie meer weet of die duiwel bestaan nie.

Waar ek aanvanklik gedink het die kerkraad sal verkondig dat iemand wat daai trui oor sy kop trek, nie aangeneem en voorgestel sal word nie en gevolglik die trein hemel toe verpas (so word daar mos gedink), weet ek ook nie eintlik nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.