Dullstroom-boer dood gevind

Jan Bette wat op 4 Oktober 2016 spoorloos van sy plaas in Dullstroom, Mpumalanga, verdwyn het.

Jan Bette wat op 4 Oktober 2016 spoorloos van sy plaas in Dullstroom, Mpumalanga, verdwyn het.

Jan Bette (62), die boer van Dullstroom in Mpumalanga wat Dinsdag vermis geraak het, is dood gevind.

Jean Senekal, Bette se skoonseun, het aan Maroela Media bevestig sy skoonpa se liggaam is Woensdagaand in Dullstroom gevind. “Ons probeer nog om al die inligting te kry en moet nog met die polisie praat en uitvind wat presies gebeur het. In dié stadium kan ek net bevestig hy is oorlede,” het Senekal gesê.

Hy kon nie onmiddellik bevestig waar Bette gevind is of hoe hy dood is nie. Hy het wel gesê Bette se Ford Bantam-bakkie waarmee hy gery het toe hy vermis geraak het, is ook gevind.

Senekal het Woensdagmiddag aan Maroela Media gesê Bette het spoorloos verdwyn nadat hy Dinsdag tussen 17:00 en 18:00 by sy plaas weggery het. Hy het omstreeks 17:40 laas met sy vrou, Hanlie, kontak gemaak op sy selfoon, maar sy foon is daarna afgeskakel.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik meer inligting verskaf nie en Maroela Media wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nickey ·

Ag dis tragies! Sterkte aan sy vrou kinders en familie. Mag julle sterk staan in die tyd van hartseer.

koos1 ·

M, wanneer gaan wat stop? Wat weet jy meer as die berig?
Baie sterkte aan die familie.

Columbiana ·

Wag maar eers vir nog inligting. Hy kon op enige manier gesterf het. Die vraag is natuurlik sal.die media die moeite doen om te publiseer as dit bv hartaanval was of is hulle net gretig om moorde te raporteer

Tina du Toit ·

Ek ken hom van Toyota af in Belfast. Hy was `n mechanic daar jare terug. Soos skinder nuus in klein dorpies versprei soos veldbrand, reken hulle hy het homself vergas, maar sal eerder wag vir regte feite van Maroela af voor mens enige iets kan glo. Jammer vir sy familie. Oom Jan, mag jy in vrede rus.

cs ·

In Middelburg Observer het hulle gese hulle vermoed geen vuilspel nie. Baie sterkte aan die familie

Marina ·

Weet julle dit is vir my so hartseer om hierdie te sien en dit raak elke dag net meer en meer. Wanneer gaan iemand iets omtrent hierdie situasies doen? Dit is asof hierdie “mense” weet hulle sal wegkom daarmee en maak net wat hulle wil. Ek is so jammer vir sy familie, ek weet waardeur julle gaan. Alle sterkte aan die familie.

Bennie ·

Lees die berig asb mooi Marina en M en verduidelik dan vir ons wat julle anders lees as die gemiddelde leser in die berig. Assumption is gevaarlik ne ….. mid observer …. geen gemene spel word vermoed nie

Susa ·

Bennie dit gaan nie net oor “Assumption” dis wat 99% van die tyd gebeur so ek verstaan Marina en M se standpunte.

Hans Kroon ·

Wij zijn diep geschokt. Jan was de vriendelijkste, en meest begripvolle en behulpzame man die je je kunt voorstellen. Wij leven intens met de familie mee. Hans Kroon en andere vrienden uit Nederland die bij Jan en Hanlie gastvrijheid hebben gevonden.

Snuffels ·

Baie Sterkte en Berusting aan die familie en vriende. Ek was saam met Jan op skool

Griffen Warries ·

My innige meegevoel aan die familie van Jan. Ongeag die omstandighed van sy dood, hy was steeds ‘n familie-man en ons harte bloei met die wie geliefdes aan die ddo afstaan. Mag ons God van Liefde en Vertroosting die familie onderskraag in die tyd van rou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.