Dullstroom-boer se lyk in bakkie gevind

Jan Bette.

Jan Bette.

Jan Bette (62), ‘n boer van Mpumalanga, se liggaam is in sy bakkie op ʼn heuwel naby die Dullstroom-dam gevind.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die oorsaak van Bette se dood kan nog nie bevestig word nie. “ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om dit te bepaal. Ek kan wel bevestig geen vuilspel word vermoed nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

Hlathi wou nie kommentaar lewer op bewerings dat Bette homself in sy bakkie vergas het nie.

Maroela Media het vroeër berig Bette het spoorloos verdwyn nadat hy Dinsdag tussen 17:00 en 18:00 by sy plaas weggery het. Hy het omstreeks 17:40 laas met sy vrou, Hanlie, kontak gemaak op sy selfoon, maar sy foon is daarna afgeskakel. Sy liggaam is Woensdagaand gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

#kenselfmoord ·

Ek weet dit gaan snaaks klink maar ek hoop aan die een kant dat hy nie homself vergas het nie want dan is daar soveel vrae wat vir ewig by die familie gaan spook. Dink aan julle in hierdie moeilike tyd.

Kleintjie ·

#kenselfmoord, jy praat absoluut die waarheid. Ons familie is onlangs geruk deur ‘n selfmoord van ‘n dierbare. Daar is ongelooflik baie vrae, veral aan my kant.

realis ·

Ons was saam op skool op Belfast. Rus sag my vriend.
Ek onthou hoe jy op oujaarsaand met die lorrie dorp toe gekom het en ons agterop groot geraas deur die dorp gemaak het tot die nuwe jaar aangebreek het

Marcia ·

Woorde kan nie beskryf hoe hartseer hierdie tyd vir die gesin, familie en vriende is nie… soveel vrae en geen antwoorde.. RIV oom Jan Bette…

Lientjie ·

Ai Oom, ek ken jou nie maar kan dink in watter stryd jy moes wees om dit te doen. Depressie is lelik en min mense se families besef dat n geliefde aan die lelikke depressie ly, tot dit te laat is. Ek ken die gevoel van wil nie kan nie en sal nie meer nie. Sterkte aan almal wat hom so bitter lief gehad het…

Johan du Plessis ·

RIV Jan. Ek was ook in Belfastse Hoerskool en jou familie is aan my bekend. Sterkte vir al die familie. Dink aan julle.

Rudie ·

Daar val nog n seeder in die dorpie , n man wat gemis sal word , tog kan ek met trots se ek het hom geken , dankie vir dit wat oom jan was , ris in vreede en liefde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.