Dullstroom-boer verdwyn spoorloos

OPVOLG: Jan Bette is Woensdagaand dood gevind. Lees meer hier.

Jan Bette wat op 4 Oktober 2016 spoorloos van sy plaas in Dullstroom, Mpumalanga, verdwyn het

Jan Bette wat op 4 Oktober 2016 spoorloos van sy plaas in Dullstroom, Mpumalanga, verdwyn het

Jan Bette (62) van Dullstroom in Mpumalanga het spoorloos verdwyn nadat hy Dinsdag sy plaas verlaat het.

Jean Senekal, Bette se skoonseun, het aan Maroela Media gesê hulle het nog niks verder van sy skoonpa gehoor nie. Dit is nie duidelik waarheen Bette op pad was toe hy met sy wit Ford Bantam-bakkie, registrasienommer CVX 235 MP, weggery het nie. Hy het omstreeks 17:40 laas met sy vrou, Hanlie, kontak gemaak op sy selfoon, maar sy foon is daarna afgeskakel.

Bette het ʼn chroniese harttoestand en is sonder sy medikasie by die huis weg. Hy het vermoedelik sy beursie by hom. Senekal is tans van Pretoria af op pad na Dullstroom en sal vanaand probeer bepaal of daar enige aktiwiteit op sy skoonpa se rekeninge is.

Kontak die Dullstroom-polisie by 013-254 0142/1 indien jy Bette gewaar of weet waar hy hom bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet J ·

In hierdie NSA kan ‘n mens maar net die ergste verwag maar hoop hy is nie aangeval nie. Party mense is lief om Ford bakkies te versamel ek het myne onlangs verloor.

p. hattingh ·

Universiteite is besighede, pay your way, net Sosialiste of Kommuniste teer op die staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.