Dullstroom-plaasmoord: Twee skuldig wat boer ‘vermink’

Sarel Janse van Rensburg. Foto: Twitter

Sarel Janse van Rensburg. Foto: Twitter

Twee mans is Woensdag skuldig bevind aan die wrede moord op Sarel Janse van Rensburg (75) in September verlede jaar op ʼn plaas naby Dullstroom in Mpumalanga.

Papiki Mokwena en Eric Mtombeni is in die Middelburg-landdroshof skuldig bevind aan moord, gewapende roof en die onwettige besit van ammunisie en ‘n vuurwapen. Hulle sal Donderdag gevonnis word.

Maroela Media het vroeër berig Janse van Rensburg het as plaasbestuurder op die plaas Froggy Pond in die Tonteldoos-omgewing gewerk. Werkers het die oggend van 18 September in die badkamer op sy liggaam afgekom. Hy is met ʼn mes in die bors gesteek en in die kop geskiet. Claudine van Wyk, Janse van Rensburg se dogter, het destyds gesê haar pa was erg vermink.

Lorraine Claasen, navorser en kriminoloog by AfriForum, wat in die hof was ten tyde van die uitspraak, het aan Maroela Media gesê Janse van Rensburg se familie was ooglopend verlig oor die uitspraak.

“Al die ou wonde is nou bietjie oopgekrap, wat van voor af trane en angstigheid veroorsaak het, maar Claudine is baie bly geregtigheid het geskied,” het Claasen gesê. “Sy het gesê die skuldigbevinding sal nie haar pa terugbring nie, maar ten minste sal [die moordenaars] dit nie weer kan doen nie en sal hulle nou die straf kry wat hulle verdien.”

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Lees alle berigte op Maroela Media oor Sarel Janse van Rensburg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

René ·

Hulle nie gekry wat hulle verdien nie. Punishment should fit the crime… nou kos die gemors ons belasting betalers meer geld sodat hulle kan eet en cosy slaap…maak my siek verby.

Theresa ·

Skuim van die aarde. Wanneer alle bewyse en alles daarmee saam onteenseglik op skuldiges dui, kan ek ook nie verstaan waarom daar nog verder bemoeienis met lang uitgerekte tronkstraf moet wees nie.

Winston ·

Raak ontslae van die las vir die staat en HANG MOORDENAARS. Hy kry net weer amnestie vir oorvol tronke binne 5 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.