Dunay van Heerden en Kurt Darren se babadogtertjie is Maandag gebore.
ʼn Trotse Kurt het die nuus omstreeks 13:00 op Twitter gedeel: “My vrou is so braaf, sy is nou die mooiste maaaaaaaa!!! Babadogtertjie gebore 12:26, 3,34kg. Dankie vir almal se gebede en liefde, Pappa!!” (sic)
Kurt en Dunay het in Januarie 2011 getrou. Dit is die egpaar se eersteling.
Kurt se Twitter- en Facebook-blad is oorlaai met gelukwense deur vriende en aanhangers.
Baie geluk met die geboorte van jul dogtertjie. sy gaan vir jul baie vreugde gee.
Baie baie geluk Kaptein en Duney mag sy groot vreugde en geluk vir julle wees maak haar net so n lady soos haar mama is Duney jy is pragtig geniet julle pienkvoet !
Baie geluk met die geboorte van jul baba. Het duim vas gehou dat dit die 11 Nov sal wees op y verjrdag. Maar dis nagenoeg. Baie seen en voorspoed en geluk en vreugde met jul eersteling.
Kaptein & Dunay
Baie geluk met die geskenkie van die Vader daar bo. Hoop sy bring julle baie liefde en vreugde. Geniet die pienkvoet
nog mals baie geluk met die aan koms van julle pragtige dogtertjie mag julle net baie vreugte met haar deel
julle gaan baie geluk met haar vind . geniet elke oomblik met die kleinding hulle word net te gou groot van wilma de wet