Dundee-ongeluk eis 6

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense, insluitend twee kinders, is Sondagaand in ʼn ongeluk op die N11 naby die Dundee-afrit in KwaZulu-Natal oorlede.

“Ses mense, insluitend twee kinders, onderskeidelik vier en agt jaar oud, het in die ongeluk omgekom,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. Al die slagoffers het vermoedelik in dieselfde motor gery.

Vier mense uit ʼn tweede voertuig is met ernstige beserings na die Laverna-hospitaal in Ladysmith geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nie duidelik nie. Plaaslike owerhede sal verder ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.