Duo slaan helder oordag op twee plaashuise toe

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes het Sondag helder oordag op twee huise op ʼn plaas in die Sanddrift-omgewing, buite Brits in Noordwes, toegeslaan en die inwoners beroof en aangerand.

Chris Degenaar, ʼn boer van die omgewing, wie se ma, Melanie (65), een van die slagoffers is, het Maandag aan Maroela Media gesê die twee gewapende mans het omstreeks 10:00 eerste op sy ma se plaashuis toegeslaan.

Volgens Degenaar bly sy ma sowat 5km van sy plaas af saam met sy suster, Michelle Burger (41) en haar seun Zander (17).

“Die twee was swaar gewapen met ʼn R4 en ʼn afgesaagde jaggeweer. Hulle het my ma, suster, Zander en ʼn werker oorval, na die bokant van die huis gedwing en hulle daar vasgemaak. Hulle het op geld en vuurwapens aangedring en die huis geplunder. Die verdagtes het gesê hulle gaan die bure ook beroof, hulle wag net dat hulle van die kerk af kom.”

Die verdagtes is daarna na die aangrensende huis, sowat 100m van daar, waar Fred en Elize Eveleigh, albei in hul 70’s, woon.

Die Eveleigh-egpaar is ook aangerand, vasgemaak en die rowers het op vuurwapens en geld aangedring.

Die verdagtes het hul buit, waaronder vyf selfone, geld, juwele en huishoudelike toerusting in die Eveleigh-egpaar se motor gelaai en gevlug. Hulle het geen vuurwapens gevind om te steel nie.

“Een van die bure kon kort daarin slaag om los te kom. Tannie Elize het daarna op my ma-hulle afgekom en hulle losgemaak.” Hy het gesê sy ouers was nagenoeg twee ure lank vasgebind.

Die polisie en lede van die Heritage Protection Group (HPG) en die Spoorsnyers is ontbied. Die toneel is vir leidrade gefynkam.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Degenaar is deur HPG in kennis gestel dat hulle op die verdagtes se spoor is.

Degenaar het gesê die aanval kom kort nadat ʼn boer Donderdagaand in die omgewing oorval en sy vrou erg aangerand is. Hy het ʼn beroep op boere in die omgewing gedoen om saam te staan.

Volgens Degenaar is hy al ʼn geruime tyd in samesprekings met HPG om ʼn groep in die gebied te stig vir selfbeskerming. Inwoners wat belangstel om by dié groep aan te sluit, kan Degenaar by 082 050 8032 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theresa B ·

Gaan dit NOOIT ophou nie??!! Almal sit seker en afwag op hul plase – wanneer is dit hulle beurt. Dit voel net of niemand omgee nie – niemand doen iets om ons boere te red/help nie. Dis om van gek te word. Dis al wat jy elke dag oor die nuus hoor………………………….

Lionel westraadt ·

Hulle word nie eers afgeskrik deerdat die regering aangekla is by die VN nie. Hulle gee nie n flenter om vir die blanke bevolking nie. Maar hulle geld is goed.

Pierre Celliers ·

Hoekom sal hulle nie “helder oor dag” toeslaan nie! Dis die maklikste dingop aarde, so het hulle nou al agter gekom. Die boere is net so paraat in die nag wanneer hulle slaap soos in die dag wanneer hulle wakker is! Kan nie glo ons plaas mense bewapen hulself nou nog nie deur die dag nie!

Jollie ·

Ja, die boere moet saamstaan……maar wie staan saam die boere???? NIEMAND! Maar “hulle” dring aan op geld en plunder, vermoor en martel! ek is moeg om van plaasmoorde te lees, as jy iemand naby of op jou grond sien, vat jou geweer en skiet sommer klaar! Ons moet die land en gereg begin in eie hande neem sodat die res ‘n slag kan skrik!

Theresa ·

Afriforum, Solidariteit, Gemeenskapsdienste in die land, kan daar nie berede polisiemanne en/of op scramblers ontplooi word nie, asb? Die gemors is besig om ons volk uit te moor en daar word minder deur die wye publiek daaroor iets gesê as oor ‘n dier wat mishandel word. Ek is oortuig daarvan dat daar genoeg mense is wat hierdie werk sal doen. Mense wat weet hoe om nie gesien te word wanneer dit nie nodig is nie, maar wel sal gesien word, wanneer nodig. KOM ONS DOEN IETS. Dis volskaalse moord. Dis arrogansie uit die boonste rakke.

agtogwatnog ·

Jorrie en Theresa, Ja en wie betaal daarvoor. Boere kla en hulle is nie bereid om hulle hande in hul sakke te steek nie. Dan sing hulle die selfde ou wysie , “ons voed die nasie”. Ja hulle doen, net soos die res van die nasie daardie bank rekeninge van hulle voed. Ek is in een met hulle dilema , maar die verwagting dat klomp mense moet imobiliseer en nag vir nag na julle gaan omsien sonder vergoeding gaan nie realiseer nie. Die geleendhede is daar om hierdie dinge teen te voeter, nie net die boere op die plase is in gevaar nie maar die blanke gemeenskap in die stede sit met die slefde pleidooi. Nou vergewis julle self met daardie informasie en dink net vir n oomblik. Wat sou gebuer as ek n paar trotse werklose blanke mans en hulle families die geleendheid bied om te woon en te werk as sekuriteits personeel op die plase. Uit daardie gedagte kan soveel oplossings spruit. Dalk nie, die boere trots. So met dit sluit ek af. Ek voel net so jammer vir die pleit van die afgedankte mans in die stede as die pleit van die boere. Die geheel beeld is almal is tans slagoffers maar almal lewe voort in hulle eie afsondering. Dus vrek sal julle vrek tot julle die lig begin sien.
Daar is niks oneerbaar om te werk as sekuriteits beampte nie, en nog te meer niks fout om jou mede mens n geleendhied te bied om n inkomste te verdien en hulle waardigheid weer aan hulle te bied nie. Tot dan moet nie verwag dat enige iemand tot jul redding sal kom nie. n Mens kyk mos allermins eers na hulle eie behoeftes voor die behoeftes van ander. Asb sien die konteks van my kommetaar, – die Afrikaner trots is die Afrikaner se dood.
Miskien moet Solidariteit en Afriforum my kontak dat ons sit en kyk na werkbare oplossing, en ophou politiek speel. 079 318 6677 Daar is n oplossing voor die dood, maar dit is n keuse.

Anton ·

Ek baklei elke dag met Carte blanche om iets te se oor plaas moord maar dit lyk my hulle wil nie hulle baas upset nie

Adriaan ·

1 ding wat ek nie kan verstaan nie, is almal wat op plase woon WEET van hierdie aanvalle, maar niemand tref voorsorg vir ekstra/sterker diefwering en/of veiligheidshekke nie!!! En wat is beter: om in n “tronk” te woon en n aanval kan oorleef of om in n gewone huis te woon waar enige aanvaller net kan instap na hartelus en die inwoners ernstig aanrand of vermoor?? Ek weet dis nie n ware oplossing vir hierdie probleem nie maar as ekstra sekerheids maatreels jou of jou ouers/kinders se lewe kan red??!! Komaan boere, al moet julle self veiligheids deure aanmekaar sweis….. Doen net IETS!! Totdat daar “eendag” n oplossing gevind word

Peet Schabort ·

Dit is ‘n uiters goeie gedagte om werklose afrikaners aan te stel as veiligheidsbeamptes op plase. Daar is egter een probleem en dit is die vuurwapenlisensie vir veral ‘n R4, R5, AK47 wat nie uitgereik sal word. Dit is wapens wat slegs beskikbaar is vir hierdie terroriste soos die R4 wat in hierdie aanvalle gebruik is.

Liewe lulu ·

Ek kan nie glo dat agtognogwat se kommentaar geplaas is nie. Gister het iemand oor plaasmoorde gese AF moet ophou praat en die boere met eise teen die regering help en woep haal maroela die kommentaar af. Dit noem ek nou dubbelle standaarde

Takkie Takuuza ·

Ek het in die sewentigs en tagtigs op ‘n plaas in die vêrre noorde van die land groot geword. Die weermag het ons grondpaaie vir landmyne gevee en ons het met weermag begeleiding skooltoe gery. Ons het paraatheids planne gehad en vurrwapens op strategiese plêkke in die huis. Ons het geweet ons kan enige tyd ‘n terroriste aanval te wagte wees. Almal was lid van die komando en elke vrou en kind kon ‘n outomatiese aanvalsgeweer en handwapens gebruik. Aanvalle en landmyne het van ons mense gedood, maar in al daai jare, baie minder as wat in ses maande nou omkom. Want hoekom, hulle is nie meer op die grense nie, hulle is nou orals, ek dink die grens plase is nou veiliger. En die weermag en komando’s bestaan nie meer nie, en paraatheid? Dit help nie ons skreeu en skreeu op die regering terwyl nog een en nog een sneuwel nie. Al wat ons kan doen is m buurtwagte, sektor, private kommando’s en so meer op die been te bring en dit te bestuur soos ons, ons plase en besighede bestuur en maak paraatheid ‘n leefstyl.

pop ·

Ons wat in dorpe en stede woon moet onsself beveilig, so wat dink die boere. Hulle sit onveilig en dan is hulle verbaas. Die boere wat parraat was het ontslae geraak van n paar. Ons het n swart buurman n tyd terug gekry. Gou was hy geroof. Wat het hy gedoen?, Selfs sy toilet venstertjie het trelliedor gekry. Elektriese heinings en alarm stelsel. Ons is almal in dieselfde bootjie. So asb julle boere, Beveilig julself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.