Durban-foto lei tot nog ʼn ‘rasherrie’

'n Skermskoot van Ben Sasonof se Facebook-profiel. Sy profiel in intussen verwyder. Foto: Twitter

‘n Skermskoot van Ben Sasonof se Facebook-profiel. Sy profiel in intussen verwyder. Foto: Twitter

Nes Penny Sparrow bevind ʼn man van Sandton, Ben Sasonof, hom nou in ʼn rasseherrie oor uitlatings wat hy glo die naweek op Facebook gemaak het oor swart mense op die strand.

Die uitlatings het onder die South African National Civic Organisation (Sanco) se aandag gekom en hulle het Maandag ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gedoen om die moontlike rassistiese kommentaar te ondersoek.

Sasonof het glo ʼn onder meer by ʼn foto van ʼn volgepakte Durbanse strandfront geskryf: “Eh eh Wena … must have smelt like the inside of Zuma’s ass****”.

Sosialemediagebruikers het hul misnoeë oor sy kommentaar uitgespreek, waarna hy mense verder ontstel het.

“So f**k you and your bf. Go suck on Zuma’s dirty, tyrant ass**** if you love it so much,” het hy ʼn gebruiker glo uitgejou.

Sasonof het glo ook teen ene Mohammed Jameel Abdulla, wat hom ʼn rassis genoem het, uitgevaar en gesê: “… you’re a f***in little idiot! Every person you tagged there is a friend of mine from school! I dated a black girl you f***in ignorant f***in idiot f**k! Stupid Monkey b*****d you!”

Skermskote is van sy uitlatings gemaak, waarna dit vinnig op sosialemediaplatforms versprei is.

Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het Maandag die uitlatings veroordeel. “Sanco veroordeel ten sterkste die beweerde uitdagende beledigings wat daarop gemik is om rassehaat aan te blaas en die samelewing te polariseer,” het Mahlangu gesê.

Mahlangu het gewaarsku tensy nie ernstig opgetree word teen die herlewing van rassisme en die oortreders daarvan vervolg word nie, sal dit saad van konflik saai wat versoening, eenheid, nasiebou en maatskaplike samehorigheid sal ondermyn.

“Venynige en barbaarse kommentaar van hierdie aard het geen plek in ‘n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese, gelyke, voorspoedige en demokratiese samelewing waarna ons strewe nie,” het Mahlangu gesê.

Hy het gesê hierdie kommentaar weerspieël private gesprekke wat nog aan die gang is onder diegene wat “steeds na apartheid se wit voorreg, oorheersing en eksklusiewe strande vir wittes, verlang”.

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

ʼn Eiendomsagent van KwaZulu-Natal, Penny Sparrow, het vroeër vanjaar ʼn soortgelyke herrie ontketen, toe sy in ʼn Facebook-inskrywing swart strandverbruikers met ape vergelyk het.

Die gelykheidshof het in Junie vanjaar beslis Sparrow moet R150 000 aan die Oliver and Adelaide Tambo Trust betaal as boete vir haar plasing. Sparrow moes ook die regsonkoste van die ANC, wat die saak voor die gelykheidshof gebring het, betaal.

Sparrow het in September skuld beken op ʼn aanklag van naamskending en is in die Scottburgh-landdroshof beveel om ʼn verdere boete van R5 000 te betaal, of ʼn jaar agter tralies deur te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Jack Russl ·

Dis waar, maar as hulle teen die tyd nie geleer het nie sal hulle seker ook nooit.

Soos dit al menigte keer gese is, hoekom is hierdie net ‘n eenrigtingstraat? Ek keur glad nie Sasonof se inskrywing goed nie, maar is dit nie self rassisties deur dieselfde optredes deur verskillende persone te vervolg slegs as die persoon een velkleur is nie, die ander word oorgesien.

Jack Russl ·

Ek het ook eers gewonder oor die “rasistiese ” inskrywing. Die feit bly staan dat ‘n mens deesdae bitter versigtig moet wees oor inskrywings wat jy maak, dit word maklik verdraai en gesien as rasisties. Dit is nie jou intensie wat tel agter die inskrywing nie, maar wat die mense daarin wil lees wat tel

koos steyn ·

Hy is nie n rassis nie,wat van aldaardie moord comments wat die swartes so van die blankes maak.Hoekom se SANCO niks van dit nie,en nerens sien jy in die koerante van dit nie,is net as wittes kwansuis iets niks lekkers se dan is daardie persoon n rassis en moet aangekla word

Xavier ·

Jip…party mense leer stadig. Net sommige rasse het die voordeel om rassisties te wees…kom ons kyk maar na die term ‘fair discrimination’ in die BEE -wetgewing en ‘Employment Equity’-wet. En dan is daar ‘quotas’ in sport! En natuurlik kan ons nie ons fantastise Grondwet vergeet nie! Daar word rassisme met ‘n 2/3 meerderheid beskerm!

Duiwelse Advokaat ·

Xavier. In Suid Afrika kan alle rasse spog en beloon word vir hul rassisme. Baie van my kliente het n standaard klousule in hul korrespondensie wat lees “Level 4 BEE Contributor” Geen hof het hulle nog skuldig bevind aan rassisme nie, en selfs Suid Afrika se siek waardestelsel aanvaar dit as normaal.

B A Potgieter ·

In hierdie geval kan die verdagte die sogenaamde BEE “wette” gebruik as verdediging wat nie eintlik in die hof sal slaag nie, maar hom n rede te gee om te appelleer en die saak later voor die Konstitutionele Hof te daag waar die Hof dan n besluit moet neem oor die Konstitioneelheid van die “BEE Wette” en die DEFENISIE van Rassisme.!!! Die enigste “Rassisme” woord in sy inskrywing, is die woord “MONKEY” wat eintlik n belediging is.!

Nicky ·

Dis sommer twak. Facebook is ten minste net woorde en word daar nie tot die daad oorgegaan nie. Is plaasmoorde nie n daad van rassehaat nie. Dis erger as beledigings en spoor ook rassehaat aan. Gaan die plaasboer moordenaars ook beboet word AS hulle gevang word.

Frik ·

Nou word daar mal gegaan oor wat gese word op facebook. Wat van al die moorde die laaste 5 dae? Mense word op plase en kleinhoewes vermoor, van die moorde word nie eens genoem in media wat nog te se op TV Nuus . En dit my mede lesers is plain rasse aanval van swart op wit. Plaas die boodskap redakteur.

Donovan ·

Ek moet se die man se taal staan my nie aan nie, maar daar is geen rasse haat in sy tekse nie… al wat ek sien is mense wat uitgaan om hom te konfronteer en hom uitlok…

Cornelia ·

Wat van ene Sinazo Kulakhanya Babeni Mabhul’angle se Facebook inskrywing so 2 weke gelede.
“On military training to kill white people and take the stolen land back.
One settler, one bullet.
Nee wat, wittes word tot verantwoording geroep, maar hulle is verhewe bo die reg.

Lezaan ·

Cornelia, ek het die vrou se profiel aangemeld op FB….jy sal dit nie glooooo nie….maar FB het my laat weet dat hul niks fout sien daarmee nie! Ek was stomgeslaan! Nou…..ek hou my bek!!! Hier gaan ons nie heel uitkom nie!

Frik ·

Ek het dit vroeer gese maar dis nie goedgekeur nie maar gaan dit op n ander manier probeer uitdruk. Plaas aanvalle , wat is dit anders as rasse aanvalle van swart op wit maar word geklas as gewone aanvalle. Maar behoede jou siel as daar enige wit op swart aanvalle is dan word die persoon opslag as rassis uitgekryt. Waarom die dubbel standaarde???

Simon ·

Dis beslis onwelvoeglike taal. Nie die soort taal wat ek sal gebruik nie. Maar:
Ek sou graag wou sien dat almal wat op hierdie forum Ben Sasonof se uitlatings verdedig, hom net so gul gaan bystaan in die geval dat hy vir rassisme (julle beweer immers dat dit nie dit is/was nie) aangekla gaan word.
Ek wag in spanning.

Kaspaas ·

Die feit is net wittes word as rassiste gesien. Die blanke ras is die enigste ras waarteen wettiglik gediskrimineer mag word. Die mense regte kommissie gaan nou ook n ondersoek doen maar al die kill the whites komentaar word niks aan gefoen want dit is vryheid van spraak.

Die media huise is ook baie eensydig met hulle berig gewing en fokus net op die een kant. Swart op wit rassisme word weinug indien ooit gerapporteer.

Slimkop ·

Mense maar hier ia n gebrek aan kennis op hierdie forum.
As iemand se hy gaan witmense skiet, dan is dit haatspraak.
As n ou n foto wys van swartmense op n strand en beskryf hoe dit moet stink, dan is dit rassisties, want hy insinueer dat swartmense stink.

As julle julle nie eers dit kan raaksien en wil vertel wat hy se is nie rassisties nie. Gee dit dalk n verduideliking hoekom ns die tipe gevalle elke maand sien.

Louise E ·

Facebook en al hierdie sosiale media webtuistes is darem benede my. Been there, done that. Jy kan nooit jou ware opinie log want iemand voel altyd dis op hulle gemik of neem aanstoot. Grootste sielerus vandat nie meer op sosiale media is nie.

Party mense moet dit dalk eerder oorweeg voor hulle hope hofsake het…

Annatjie Kruger ·

Ek staan verstom. Ons weet nou almal al by hierdie tyd dat die wêreld en sy mense wit mense in Suid-Afrika onder ‘n vergrootglas het om te sien watter rasse-“oortredings” ons nou weer gaan pleeg. En dan gaan nog ‘n wit mense en maak opmerkings op ‘n openbare medium wat indien nie rassisties is nie, baie na aan die grens kom. Hierdie man gaan aangekla word en skuldig bevind word en beboet word vir wat hy gesê het. Ons weet ook almal indien uitsprake deur ‘n swart rassis gemaak word dit grootliks geignoreer word. Dit help nie om daaroor te kla en die spreekwoordelik klippe te gooi nie. Ja daar is swart aktiviste wat die moord op wit mense propageer. En om iemand dood te maak is veel erger as om ‘n mens met ‘n dier te vergelyk. Dit weet ons ook. Ek voel egter dat voordat ons werklik kan begin baklei oor die swart rassistiese aktiviste moet ons eers ons huis skoonmaak. Hierdie tipe berigte word deur almal gebruik as ‘n vingerwysing van kyk die witmens in Suid-Afrika leef nog steeds in die verlede en wil apartheid terug hê. Hoekom bly ons vir hulle rede gee om ons die swart skape te maak. As jy voel dat jy wil uitvaar teen enige mens MOET dit tog in hemelsnaam nie op ‘n openbare media doen nie. Doen dit waar jy en jou beste vriende alleen is en nie deur enigiemand gehoor kan word nie.

Francois Nel ·

Baie waar Annatjie. Ons weet mos nou al wittes se kommentaar word met arendsoe dopgehou. Los die gekyf en gekerm op sosiale media en werk liewers daaraan om die Afrikanervolk weer te verenig om saam te staan.

Aai ·

As jy dom is gaan jy sukkel. As jy baie dom is gaan jy baie sukkel.

Carel ·

Dié man klink vir my na ‘n smeerlap en self nie iets om oor opgewonde te raak nie. Maklik om ander te kritiseer maar hy is nie iemand wie ek in my geselskap wil hê nie. Laat hy maar suffer!

Max ·

So baie omgewings en instelling in die Nuwe RSA stink also , dat hierdie maar net die gevolg is van die frustrasie wat deur hierdie geweldig toenemende stank veroorsaak word.

My tweesent bydrae ·

Ek stem saam Louise E . Vandat ek my facebook en watsapp rekeninge gesluit het is my lewenskwaliteit beter .

Johann ·

Hi mamma I’m on my way to the promise land, I’m on the one way to hel

Grotman ·

Vir aandag Maroela en alle ander media groepe. Is dit enige moontlik dat julle groot asb dieper sal krap en ook berigte plaas van swart mense wat ras teen blankes spreuk? Maak die skaal mooi 50\50. Ek waarborg as julle soek gaan julle vind. Dank van die uwe Grotman

miv ·

Dat die man nou so baie moeite gedoen het om homself op sosiale media so baie skade aan te rig. Dit klink vir my soos selfhaat. Hyt mos geweet sy aksies gaan op die ou end net teen homself gerig wees – ons noem dit boomerang. Ek en my man is nie eens op FB nie, maar word deur familie daarop beledig. Beste is, bly weg van FB, anders moet jy weet jy kan vir KARAKTERMOORD aangekla word.

antoinette de greeff ·

Waarom tree Sanco nie op teen mense wie haatspraak teenoor witmense uiter nie. Ek stem geensins saam met wat Sansonof gepost het nie maar daar word baie erger goed gepost en daar kom niks van nie.

Lance ·

Dis vryheid van spraak …mens kan dit mos nou glo of nie ….

Vollie Volschenk ·

Elke keer as ‘n Blanke ‘n opmerking maak wat die waarheid is word dithaatspraak. Waarom die oorsensatiewe reaksies? Jalosie?

Monkey ·

Snaaks as jy se iemand anders ruik sleg of gedra hom sleg, hoe raak dit rassisties? Daar klim ‘n (wit) boemelaar op die trein en hy stink, as jy se hy stink is dit ok, maar as daar ‘n swart boemelaar op die trein klim en hy stink, het jy moeilikheid? Het hy die woord swart of enige ander taal gebruik wat verwys het na swartmense? As jy na ‘n wit persoon verwys wat soos ‘n aap lyk is dit nie rassisties nie? Dit is hierdie CHIP op die skouer (minderwaardigheidskompleks) wat die swartes het wat oor alles tekere gaan asof dit rassisties is. Soek weer aandag en die ANC help om dit aan te vuur.

Johann ·

Skuus as ek net iets kan byvoeg, “mense het u gesien hoe lyk Durban?” ons vriend het hom natuurlik dood geskrik toe hy dit sien, weet nie maar ek sou ook moontlik met iemand wou gepraat het. Skok kan ou snaakse dinge laat doen

JvS ·

Wat van die anderskleurige manlike persoon wat vroeër die jaar gesê het “ons moet die wittes uitmoor soos Hitler……” Hy is by die werk geskors, hangende ‘n ondersoek. Wat het met hom gebeur? Kan nie onthou dat daar ooit ‘n uitslag was nie. Maar me Sparrow word herhaaldelik aangehaal???????? Nee wat, rassime ken net een kleur, soos alreeds genoem.

Jan ·

Nou ja toe, kyk, hierdie rasding raak nou erg interessant. In Clifton ‘fume’ die manne, daar het ‘n restaurant in die tyd op ‘n betaalstrokie die ras van die kliente aangedui. Daarop het gestaan, “Two Blacks”, nou is dit olie op die vuur.

Ouman ·

En die betrokke kelner was blykbaar die keer nie ‘n witte nie. Wonder of swart op swart ook nou as rassisme beskou word. Sal seker maar weer die blaam op een of ander wit siel plaas.

Oom Kalahari ·

Gaan bietjie na hierdie Durban strande nou……en ons praat weer, verbasend hoe jy beledig en verdruk/vertrap word as jy “wit” is. Bly liewer weg want dit is hul strategie tot uitlokking en Jabu Mahlangu se preke val op dowe ore. Ben Sasonof jou frustrasie is verstaanbaar, maar asb gaan liewer skrootwerf toe en slaan alle voertuie daar met ‘n hammer uitmekaar, want jou eie mense (die liberalis/ ja stemmers/kruipers) gaan jou kruisig.

Dan ·

Oom Kalahari, maar die liberaliste/”andersdenkendes”/verligtes moet dan juis Durban se strand besoek, dit is dan waarvoor hul gestem het? Vreemd genoeg kry mens hulle gladnie daar nie, ook nie in Durban/Pretoria/Johannesburg se middestede nie. Hulle bly ook nie in Soweto nie. My vraag is hoekom nie?

Rln ·

My oorlede Ma het altyd gese moenie jou hand op papier sit nie… wel deesdae is dit moenie jou hand op die internet sit nie…

HvN ·

Dit irriteer my grensloos dat blankes so vinnig aangeval word oor kommentaar wat beledigend is.
Daar word egter nog niks gesê deur hierdie civic organization oor n Woolworths werker (en ander gevallle) waar blankes gevloek, beledig en met dood gedreig word.

Keelvol ·

Ek stem saam dit word net so gesmoor. En wanneer ‘n witte iets sê dan word dit holrug gery tot in lengte van dae. Soos Malema en Kie oor plaasmoorde wat hul aanhits en ander werkplekke. Mens hoor niks van dit en daar word niks aan hul gedoen.

Ouman ·

Dit is eenvoudig hou jou kommentaar weg van die sosiale media af. Mense besef nie hoe gevaarlik sosiale media kan wees nie. Moennie kla as jy jou hele lewe op sosiale media openbaar en dit jou een of ander tyd in ‘n gemors laat beland nie. Enige persone wat betrokke is by forensiese tipe ondersoeke sal weet dat die eerste bron van inligting die sosiale media is

Boer ·

So Maroelamedia, hoekom is hierdie nuuswaardig? Wat differensieer julle van die sosiale geregtigheidsvegter hoofstroommedia soos beeld, rapport, sowetan ens.
Moet julle nie eerder artikels plaas van swart rassisme om ‘n beter balans te handhaaf nie?

Steeds verbaas ·

Lekker Mahlangu nou wat noem jy BEE???? En staatshulp slegs aan sekeres?? Dit polariseer natuurlik gladnie mense nie???

Nelia ·

Hoekom sosiale media soos Facebook en Whatsapp die skuld gee. Ek geniet altwee met verantwoordelikheid. My ouma het my van kleinsaf geleer dat jy vry is om enigiets in die lewe te doen mits jy die gevolge kan dra van dit wat jy gaan doen. Dit is soos om risiko evaluering te doen. Vra jouself die vraag af of dit probleme inhou of ‘n risiko inhou indien ek iets sou skryf / foto plaas / inligting deurgee. Indien die antwoord ja is, moet dit nie plaas nie. As jy die gevaartekens ignoreer moet jy ook die gevolge kan dra.

Adele ·

Ek wonder nou net. Hier word nou so groot storie gemaak van die rassisme ding maar wat van die mede burgers wat op hulle fb se hoe hulle ons witmense gaan “slaughter”. Daaraan word niks gedoen of iets oor gese nie. Wonder net….

Johanna Botha ·

Ag die meeste mense het niks nie …geen waardes geen geleertheid geen moraliteit geen omgee …weet net van drink party en blink karre ry …so is hulle maar lee blikke wat die meeste geraas maak en weet daar kort iets …en is gevolglik hieper sensetief en diep jaloers ! Mens kannie waardes kultuur maraliteid en klas koop met geld nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.