Durban-kleuter verdrink

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige kleuter het Woensdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Durban-Noord verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens mense op die toneel het die seuntjie vermis geraak en sy familie het na hom gaan soek. Hy is omstreeks 18:20 gevind waar hy in die swembad gedryf het.

“Bure het die seuntjie uit die water gehaal en toe paramedici by die toneel opdaag, was veiligheidsbeamptes besig om te probeer om hom weer by te bring,” het Botha gesê.

“Twee paramedici het oorgeneem en vir ʼn uur lank onverpoosd gewerk om die seuntjie se lewe te probeer red. Hy is ongelukkig op die toneel dood verklaar.”

Die naam van die kleuter is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie ·

Hoe tragies en hartseer.. wanneer word wetgewing behoorlik toegepas om swembaddens behoorlik veilig te maak? Maar in die anderkant is daar n menslikke element ook? Hek oop vergeet, net nie opgesit ents…

oogies ·

Hoekom was daardie swembad nie kind veilig nie?????……so tragies wie gaan nou die skuldgevoel dra vir die res van sy lewe…

Gesiggie ·

N mens oordeel nie, maar geen ouer kan n kind net los om rond te dwaal, as daar n swembad is? n mens weet nie wat kan gebeur? n mens kan geen kind vir een sekonde alleen los , en 2 jaar is nog baie klein. Ja n mens raak besig en intussen speel die kind op ander plekke.. maar enige iemand met n swembad moet voorsiening tref, veral as jou kind nog so klein is. My hart gaan uit na die ouers, dit is baie hartseer om n kind te verloor. verwyte sal daar wees… maar n ongeluk kan vinnig gebeur. Dit het nou al so baie gebeur? en n mens is nie altyd gelukkig om betyds op te daag. Jammer dat jul een van die Ouers moet wees.

François ·

Hou julle oë op jul kinders! Daardie ouers sal die verwyte vir die res van lewe hul lewens saam met hulle dra. Niemand anders kan vir die tragedie blameer word nie.

Maryn ·

So tragies en sooooo onnodig!!!!! Dieselfde geld ook vir ouers wat nie hul kindertjies in karstoeltjies vasmaak nie! Net soos iemand die ou slap lyfie uit die swembad haal, net so tel iemand sy kindjie se slap lyfie van die teerpad op!!!!

Peet J ·

Hierdie is nie die eerste kind wat in ‘n swembad verdrink nie. Die mense wat betrokke is by sulke voorvalle, maak nie saak wie nie, moet aangekla word van agteloosheid. Die welsyn behoort hulle stem ook te laat hoor.

Inge ·

Om ‘n kind te verloor is om jou hart en siel te verloor…

arizona ·

Ek gee nou nie n flenter om wie wat sê nie. Jy los nie n twee jarige kleuter vir n sekonde alleen nie. Hulle is besig, abie besig en gereeld op soek na nuwe avonture. Ek is jammer dis verdomp nalatigheid.

Tina du Toit ·

@Arizona, ek stem saam met jou. Ek gooi nie klippe nie, maar as jy `n swembad het en kleinkinders, beveilig dit man of so nie gooi dit toe. Jy bring net vir jouself seer en verwyte. Sterkte, want ek sal dit wragtig verloor oor ek nalatig was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.