Durban lyk soos ʼn oorlogsone

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Gedeeltes van Durban het laat Dinsdagmiddag soos ʼn oorlogsone gelyk weens geweld tussen plaaslike inwoners en uitlanders.

Winkels in die middestad moes hul deure sluit nadat ʼn bende uitlanders met knopkieries aangeval het en hul winkels in Durban geplunder het. Die metropolisie het hul na die toneel gehaas om seker te maak dat die winkels behoorlik gesluit is terwyl sommige uitlanders gevlug het sonder om dit behoorlik te sluit.

Uitlanders het van ʼn woonstelblok in Weststraat taxis met klippe bestook en die voertuie se vensters uitgegooi. Van die plaaslike inwoners is ook met klippe bestook.

Die polisie moes uiteindelik van traangas gebruik maak om die groepe uit mekaar te verdryf.

“Ons word aangeval, die mense kom van oral,” het Richard Condonso, ʼn uitlander wat ʼn winkel besit, gesê. Hy het gesê die plaaslike inwoners het hulle in ʼn hoek in gedryf. “Ons sal terugbaklei, ons sal onsself verdedig.”

ʼn Plaaslike inwoners, wat anoniem wou bly, het gesê die uitlanders verdien wat hulle toekom. “Ons is moeg vir hulle. Die misdaadkoers het toegeneem.”

Jay Naicker, woordvoerder vir die polisie, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dalleen ·

Dit is glad nie te sê dit is (net) die uitlanders wat die misdaad pleeg nie. Deur ander mense aan te val met die doel om hulle dood te maak, raak ons locals ook deel van misdaad. Dink hulle dat werkgewers veel eerder dan die geweldadige locals wil aanstel? As hy kans sien om ‘n ander swart persoon aan te val, is die kans goed dat hy ‘n wit persoon ook (sonder om te huiwer) sal aanval as dinge nie na sy idees werk nie.

Bosvark ·

Ons is ook immigrants wat die reg het om hier te bly. Hulle gaan ons ook so uitmoor, inteendeel hulle het klaar begin.

Leon ·

Dit lyk of net n sekere groep wat wetting handeldryf geteiken word. Wat van die wat wel bekend is vir mense handel en dwelm handel? Daar is ook n groep buitelanders wat spesialiseer in huisbraak. Ons het self al deurgeloop. Die oorgrote groep buitelanders in Durban is volgens my mening vreedsaam. Die SAPD en Binnelandse Sake moet n gesamentlike poging aanwend om die ongewenste elemente op te spoor en hul te vervolg. Grens en toegang beheer moet opgeskerp word.

ladybug ·

Ek’t lankal gese die GROOT drama kom nog met die uitlanders wat so instroom van oral uit Afrika. Meeste kry nie werk nie en gaan dan nie terug na hul land van oorsprong nie, sit rond, raak betrokke by misdaad en kos ons land geld!

STuur die lot van hulle terug na hul geboorte lande en misdaad sal met tot 80% afneem!

Nico ·

Die grootste persentasie misdaad word nie deur buitelanders gepleeg nie. Dit is meestal ons eie mense. En buitendien die klomp wat winkels besit is gewoonlik wettig. Om hulle nou te teiken is nie regverdig teenoor hulle nie. Ek ken persoonlik heelwat mense wat onwettige Zimbabwiers in hul diens het. So help hulle onwettige immigrasie.

jacques ·

Die probleem is dis die hardwerkende buitelanders wat hulle so verjaag.Hulle sal nie waag om die criminele buitelanders uit te jaag nie daarvoor is hulle te lafhartig.Die mense wat nog nie kan sien ons is volgende op die lys nie sit vas aan die slaap.

neelsie ·

A N C regering is nou in die verleentheid oor die chaos in Kzn , maar is dit nie die “baba” wat hulle grootgemaak het nie .?
Die beelde- en vreemdelinghaat is maar n uitvloeisel van die swak ekonomie.

neels cross ·

neelsie.
A N C regering is nou in die verleentheid oor die chaos in Kzn, maar is dit nie die “baba” wat hulle self grootgemaak het nie?
Die beeld-en vreemdelinghaat is maar n uitvloeisel van ons swak ekonomie!

pop ·

Dit gaan nie oor uitlanders nie mense. Hierdie is wetteloosheid. Roof en plunder en breek af, dis wat dit is, En hoekom??? Want hulle kom weg met dit. Die kultuur van hande uithou en net kry word geskep. Nou ook een van vat wat jy wil he. Durban lyk nie soos oorlogsone nie, dit is een!!!!!

Woepswaps ·

My wese is so ge-yk dat ek nie eintlik meer kan omgee oor hierdie geweld nie. Kinders (swart) wat nog nie eers 12 is nie, neem deel aan hierdie wetteloosheid. My uitkyk is om myself en diegene wat vir my life en dierbaar is te beskerm en situasies wat dodelik kan word, te vermy.

Dit doen afbreek aan my lewens kwaliteit want ek besoek nie meer stedelike shopping malls gedurende spits tye nie, ek ry nie meer per voertuig op die N1/N2/N3 ens nie, Elke keer as die honde buite blaf, sluit ek die deure en grendel die vensters…

Blondie ·

As ek reg verstaan, is hierdie geweld deur die Zoeloe koning aangeblaas deur n toespraak waarin hy gese het dat alle buitelanders uit die land verwyder moet word, terwyl hy lekker veilig in sy paleis sit, sit ons nou met die gemors. Ek dink hy moet hiervoor verantwoordelik gehou word.

Blondie ·

Riah Phiyega se “ek ‘dink’ polisie wen stryd teen xenofobiese geweld” (beeld vandag). Ek dink die vrou leef in n droomwereld. In elk geval hoort sy nie in haar pos nie. sy het geen basiese opleiding in die SAPS gehad nie, sy het haar pos gekoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.