Durban man in huis doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 43-jarige man is Dinsdag in sy huis in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

“Die man en sy gesin is deur ʼn aantal gewapende mans in hul huis in Westville oorval,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man is tydens die voorval geskiet.”

Die verdagtes het in ʼn motor gevlug.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord.”

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man is op die toneel dood verklaar. “Hy is dood voordat paramedici by die toneel opgedaag het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.