Durban-man vas ná moord op vrou

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Man van Durban in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se 31-jarige vrou het Dinsdag by haar suster in Phoenix gaan kuier. Die man het glo daar opgedaag en aangedring om buite die huis met sy vrou te gesels.

Hy het haar glo begin aanrand voordat hy ʼn mes uitgeruk en haar in die gesig en rug gesteek het. Volgens Zwane het die man op die vlug geslaan terwyl die vrou haar doodgebloei het.

Zwane het gesê die man is kort daarna in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Frikkie ·

Miskien het hy gedink dit was net ‘n inbreeker met ‘n maskir van sy vrou se gesig op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.