Durban-man vas vir kinderporno

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Durbanse man is Woensdag in hegtenis geneem vir die besit en verspreiding van kinderpornografie.

Die 29-jarige verdagte is ná ʼn wenk van die Amerikaanse polisiediens in hegtenis geneem, nadat hy pornografiese materiaal met ʼn 13-jarige meisie in Virginia, Amerika, uitgeruil het deur middel van ʼn selfoonapp.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, is onder meer beslag gelê op hardeskywe, selfone, DVD’s en CD’s in die verdagte se besit. “Die verdagte het reeds in die Durbanse Landdroshof verskyn, waar borgtog aan hom toegestaan is. Sy saak is uitgestel tot 4 Februarie 2016,” het Naidoo gesê.

Volgens Naidoo het die polisie verskeie mense in hegtenis geneem as gevolg van goeie samewerking met hul oorsese eweknieë. “Dit is alles deel van Operation Cloud 9, wat hulle daarvoor beywer om diegene wat kinderpornografie besit en versprei, aan die pen te laat ry.”

Verlede week het die 39-jarige Derrick Hunter van Midrand in Gauteng skuld beken op aanklagte dat hy kinderpornografie besit en versprei het. Hunter is nog nie gevonnis nie. Hy  was die vyfde persoon in Suid-Afrika wat vanjaar in hegtenis geneem is in verband met internasionale kinderpornografie-netwerke. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vliegie ·

Well done! Kan dink aan ‘n gespaste straf vir die siek siele maar durf dit nie op skrif sit nie!

VYF SENT ·

Hoe siek moet ‘n mens tog netnie wees nie! Dit walg my elke slag as ek oor hierdie tipe van goed lees – watse kinderlewe het daai arme kindertjies? Ergste is dat daar ouers is wat sulke dinge met hul kinders doen! Hierdie mense moet uit die samelewing verwyder word, basies hulle moet soos ‘n hond uitgesit word!

Sollie ·

Het nie woorde nie, mag hulle kry wat hul toekom in die tronk. Vermenigvuldigd met ‘n miljoen. Hulle moet VOEL!

sekondeer NIKS ·

Op hierdie stadium is ek die 4e persoon wat kommentaar lewer. Hoe werk dit – waar is die miljuisende wat so oor Oscar kerm? Ek is nie snaaks nie, mens kan nie vergelyk maar ja, wat my betref is pedofiele van die ergste oortreders wat mens kan kry – altyd teenoor onskuldige kinders wat hulself nie kan verdedig. Ek verpes hierdie “lede van ons samelewing”, hulle kry nooit erg genoeg strawwe nie. SIEK, verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.