Durban-metropolisielid skiet glo vriendin dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Lid van die eThekwini-metropolisie is in Durban in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriendin.

“Hy is Woensdag in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn,” het senior superintendent Eugene Msomi, woordvoerder van die eThekwini-metropolisie, Vrydag gesê.

“Hy was nie tydens die voorval aan diens nie.”

Die saak word deur die polisie en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek. “Die ondersoek sal bepaal of die beampte se dienspistool in die misdaad gebruik is.”

Die Daily News berig die slagoffer, Rose Bell, was ʼn sakevrou.

Kol. Jay Naicker en kapt. Thulani Zwane, woordvoerders van die polisie in KwaZulu-Natal, kon nie vir kommentaar bereik word nie. Moses Dlamini, woordvoerder vir Opod, was ook nie vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.