Durban nié meer gasheer vir Statebondspele

Statebondspele, Durban 2022 (Grafika: Durban-2022.com)

Statebondspele, Durban 2022 (Grafika: Durban-2022.com)

Durban in KwaZulu-Natal is nié meer die gasheer vir die Statebondspele in 2022 nie.

Dié besluit is gemaak deur talle hooggeplaaste amptenare van regoor die wêreld wat die afgelope naweek in Londen bymekaargekom het om die Statebondspele te bespreek.

Dit volg nadat Suid-Afrika se minister van sport, Fikile Mbalula, vroeër verlede maand aangedui het dat Durban moontlik nie in staat sal wees om as gasheer op te tree nie as gevolg van talle finansiële beperkinge.

Volgens berigte word die vinger glo ook na talle sportbase in Suid-Afrika gewys omdat belangrike sperdatums vir die Statebondspele gemis is.

Dié sperdatums was onder meer om belangrike dokumentasie teen 30 November verlede jaar in te dien en om ʼn reëlingskomitee op die been te bring. Albei dié take is glo nie suksesvol voltooi nie.

Intussen het Liverpool in Engeland sy belangstelling om as gasheer op te tree, uitgespreek.

Die volgende Statebondspele word in 2018 in Gold Coast, Australië, aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jaco ·

Pleks hulle net eerlik wees en sê dis gedeeltelik agv die ongelooflike hoë misdaad syfers ook.

REGVERDIG ·

Presies net so………. vat jy die woorde uit my mond uit.
WEES NET EERLIK VIR EEN KEER IN DIE LEWE !!!!!

Andre ·

Een van die dae sal ons nie eens die rolbal wereld beker kan aanbied nie. Danksy ons korrupte regering en nou ja…jul weet wie.
N regte 3de wereld land!!!!

Anton ·

…hulle het nie eers die vermoee om n koppie tee aan-te-bied nie…

Nel ·

Solank as wat Zuma glo dat Suid Afrika “a good story” het om te vertel sal hulle die hoë misdaadsyfer bly ontken.

Johan. H. ·

Daar is hy nou. Al die besoekers se dankie julle is veiliger daar waar julle is, Ek dink nie eers die land sal n ordentlike partytjie in n kroeg kan hou nie!,,,

positief ·

Met misdaad, baandjies vir boeties, korrupsie, geweld, regstellende aksies ens. Die huidige regering kon in drie jaar nie eers saasa reelings tref nie, hoe sal hulle nog so n groot taak wil aanpak. Bly maar liewer weg. Alles is nie Afrika tyd nie.

Frik ·

Kom ons voeg by wie is die verskeie sportbase wat nie hul dokumitasies voor 30 November laasjaar ingehandig het nie volgens Fikile. Is ons land se sport base nie deesdae “anders kleurig* om regstellende aksie toe te pas nie. Shame kry vir julle , doen die toeriste is guns weet nie hoe veilig hulle sou gewees het teen 2022 as dit nou al so aangaan nie.

Piet ·

Ja mou slaan jy mos die spyker op sy kop. Dit is omdat daar nie meer blankes is wat al die reelings kan tref nie. “Regstellende aksie” is ook die grootste bydraende faktor vir die hoe misdaad in SA.

Kaspaas ·

Verwag n paar bevorderings want dit is hoe cANCer onbevoegdheid beloon. Nou kan Zuma sy 1.3 biljoen rand se vliegtuig bekostig

Louwboepens ·

Kan die geagte (?)minister van sport asseblief vir ons se hoeveel miljoene is onsuksesvol en as vermorste uitgawes spandeer en in wie se sakke het die Rande geland.

Johanna Botha ·

Dalk maar beter so want regtig nie veilig in SA nie.

Johann ·

NOG n minister en sy departement qat USELESS is! Zumaikie handpoppe wat dans soos die hoof nar sy hande draai! SHOCKING verby!!!!!!! Maar nou ja…weljim in die huidige en toekimstige SA.

Johann ·

Presie wat Fikile wou hê! Hy sal mos die wêreld wys wies in beheer van kwotas eerder as kwalifikasie en ondervinding en ervaring. Skuuuuiissss… dis NIE sy skuld nie. Soos sy mede useless ANC kronies is dit ALS en Almal se skuld behalwe homself.

Alida ·

Misdaad en die feit dat SA se regering nie weet van sperdatums of hofbevele nie. Kry vir jou JZ.

popeye ·

“Sanksie” van Wantroue! En so word nog ‘n kontantkoei – geleentheid in die grond in bestuur!

Annie ·

Ook maar beter so … mense en hulle goed sal nie veilig wees nie

Alida ·

Toe Bheki Cele kommissaris was met die sokker wereld beker was hier nie n dag se misdaad nie want hy het gese skiet om dood te skiet. Onthou julle?

Manie ·

Durban julle behoort baie dankbaar te wees vir wat gebeur het. Julle sal die gevolge gedra het soos ons hier in Gauteng met die tolpaaie na die sokker katastrofe. Afrika is nie instaat om die tipe van sport geleenthede aan te bied.

Adoons ·

Ek vind dit tog vreemd dat ons regering nog enigsins belangstelling toon in die Statebond – dis tog immers een van die belangrikste simbole van die kolonisering van lande deur die Britse Ryk.

cor ·

As dit ‘n geleentheid vir selfveryking is sal hulle altyd belangstel ongeag kolonialisme of wit westerse kapitaal

MANIE ·

Durban ag julle self gelukkig dat die spele weggevat is. Julle sou soos ons in Gauteng betaal vir tolpaaie nog jare betaal het aan die uitgawes. Afrika is nou maar net nie gerat om so sport geleentheid aan te bied

Rupert Ashford ·

Net geld of is hy ook in die bek geruk oor sportkwotas en toe maar kans gegee vir “face saving”?

Gemsbok ·

Suid-Afrika (Azania) : Selfstandige Naamwoord ~ Land van mislukkings, gebroke beloftes en onboetvaardige arrogansie.

Piet ·

Die ironie is dat een van die groot redes waarom Afrikaners “Ja” gestem het was omdat hulle wou deel word van internasionale sport. Nou is ons vinnig besig om d.m.v. regstellende aksie vanself uit die bus te tuimel! Daar word lankal te groot ophef gemaak van sport. Die Afrikaner moet weer sy waardes gaan soek en dan sal hy ook weer die respek kry wat hy verdien.

John ·

Die nuwe voorsitter van SA-Rugby, was ‘n voorbok in die bod. Nou beheer hy weer ons rugby. Wat kan mens meer se? Ons landjie is soos ‘n dobbelsteentjie in die hand van andere en ons rugby-mal-afrikaners speel maar weer saam en die randjies vloei in die sakkies van…?

Leon ·

En daar gaan ons alweer!
Een van die laaste paragrawe van die berig, volgens my, is die groot spyker in die kis.
“Sekere van die sperdatums is nie bereik” Fielies en sy brigade het seker gedink dat Afrika tyd is ook maar “oraait” by die groot manne!

cor ·

Wat n goeie nuus berig , al sport wat hier in SA gespeel word is; moord , roof , verkragting en korrupsie. Die Statebond spele bied dit nie aan nie en nou is daar baie verskonings. Hoor maar later vandag die agbare minister van gort se verduideliking en besluit of julle hom glo.

Jannie ·

Genade maar hier is darem ‘n klomp negatiewe siele op Maroela. Wees dankbaar vir wat julle het die gras is nie so groen aan die anderkant nie (ek was daar). SA kan nie daai sportgeleentheid bekostig nie, los dit vir die ryk statebondslande.

jakes ·

Dis sover die beste nuus van die dag….dit spaar ons ń hengse verleentheid.

jean ·

Sou in elk geval weer met ‘n helse klomp skuld gesit het………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.