Twee eThekwini-munisipale kontrakwerkers is dood en ʼn derde kritiek beseer toe ʼn bakkie hulle Vrydag in Durban, KwaZulu-Natal, langs die pad getref het.
Die drie werkers het glo op die randsteen gesit toe die voertuig hulle getref het.
Garrith Jamieson, woordvoerder van RescueCare, het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. “Ons probeer nog bepaal wat presies gebeur het,” het hy gesê. “Dit wil voorkom of vier voertuie by die ongeluk betrokke was. Een van die voertuie was ʼn minibus wat skoliere vervoer het.” Nege van die skoliere is beseer en paramedici het hulle behandel.
“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was twee werknemers onder die bakkie vasgekeer,” het Jamieson bygevoeg. “Slegs een van die werknemers onder die bakkie het nog geleef. Sy het kritieke beserings opgedoen en ons het dadelik begin om haar te stabiliseer.”
Die ander twee kontrakwerkers, ʼn man en ʼn vrou, was reeds dood voor paramedici by die toneel opgedaag het.
Die verkeer is tydelik langs die Greyville-renbaan ontwrig as gevolg van die ongeluk.
Bron: Jeff Wicks, News24
Al weer ‘n bakkie wat agterop ‘n klomp skoolkinders vervoer!! Gaan ons munisipaliteite NOOIT die moeite doen om wetgewing toe te pas nie of geen hulle net nie ‘n bloue duit om wat op ons paaie gebeur nie? Hulle moet versigtig wees,- hulle familielede gebruik ook ons paaie!!