Durban-onluste: Tiener doodgeskiet, 74 vas weens geweld

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

ʼn Tiener is Dinsdagaand buite Durban doodgeskiet terwyl hy glo besig was om ʼn winkel te plunder.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die 14-jarige seun, Thabo Mzobe, is drie keer in die winkel in Lindelani geskiet. Mzobe is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

“Twee Suid-Afrikaanse mans, onderskeidelik 25 en 32 jaar oud, is weens sy dood in hegtenis geneem,” het Naicker gesê.

Die mans staan tereg op aanklagte van moord en moet binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

Intussen het Naicker bevestig dat 74 mense teen Woensdag in hegtenis geneem is weens geweld in KwaZulu-Natal, ná ʼn vlaag xenofobiese aanvalle in die provinsie oor die afgelope tyd waartydens verskeie buitelanders aangeval en hul winkels geplunder is.

“Die geweld, veral in die groter Durban-omgewing, het reeds die lewens van vyf mense geëis sedert die begin van April,” het hy gesê.

“Altesaam 74 mense is tot dusver in hegtenis geneem op aanklagte van moord, publieke geweld, besigheidsroof, diefstal en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vlaag van xenofobiese-aanvalle veroordeel. Sy het meer mannekrag na die gebiede wat geraak word, ontbied om die situasie te monitor terwyl gesprekke plaasvind om ʼn einde aan die oproerigheid te bring. Sy het ʼn beroep op die gemeenskappe gedoen om mekaar nie aan te val nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
CHRISTA

Wanneer gaan Zweletini sy uitlatings terugtrek? Hoeveel mense moet nog te sterwe kom voordat hy erken het dat hy fouteer het, of is sy trots meer wêrd as al hierdie lewens wat geneem is en die wat stees in gevaar is?

rihona

Ek wil nou nie snaaks wees maar ek het ook al baie gevoel om soos ons suid afrikaners op te tree as dit by goed soos hierdie kom.. ons bly in die noorde en wragrig elke 2de hoek met n kafee het n pakistan eienaar.. hul vat al ons mense se besigheid weg.. en kry nie n geleendheid om in ons eie land n geldjie te maak nie… voor mens kan dink om iewers n winkel te huur het hulle dit klaar gevat en maak n winkeltjie oop. Net in pta noord alleen is daar 13 in net 2 strate..… Lees meer »

Rynhardt

Peter Ndoro van SABC3 nuus het Dindagaand die volgende gese:”Die xenofobiese geweld is buite beheer, terwyl die polisie staan en toekyk! Die minister van Kwazulu-Natal het nie antwoorde gehad nie! Vanaand het die Xenofobiese geweld versprei soos n velbrand en Johannesburg lyk soos n oorlogsone! SABC 3 nuus het vanaand gese:”Hierdie xenofobiese geweld was meesterlik beplan”.Mense was met bakstene gegooi en met pale geslaan! Mense verstaan nog steeds nie dinge nie! SA is oppad na n rewolusie soos die vryheidsmanifes uitspel! Die grense was nie verniet vir 21jaar oopgegooi vir onwettige immigrante en wapens nie! n Groot bloedbad is oppad,… Lees meer »

Pretorius

Die skrif is aan die muur !!!!!

Tokkie v Vuuren

Ek dink nie die mense verstaan heeltemal die erns van die saak nie. Dit gaan oor baie meer as net werk en besigheidsgeleenthede. Al die duisende mense het skoon water, santitasie geriewe, elektrisiteit, behuising, mediese dienste, vervoer dienste en beskerming nodig. Iets wat die regering nie eers vir hulle eie burgers kan bied nie. Die mense kan nie nou hierheen kom nie. Dit vererger net die wrywing in die land. Ja dit is verseker nie nodig om hulle dood te maak nie, maar dit is dalk beter vir hulle om eers te gaan.