Durban-onluste: Tiener doodgeskiet, 74 vas weens geweld

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

Die polisie beheer die xenofobie in Durban se middestad (14 April 2015) Foto: @ECR_Newswatch, Twitter

ʼn Tiener is Dinsdagaand buite Durban doodgeskiet terwyl hy glo besig was om ʼn winkel te plunder.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die 14-jarige seun, Thabo Mzobe, is drie keer in die winkel in Lindelani geskiet. Mzobe is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

“Twee Suid-Afrikaanse mans, onderskeidelik 25 en 32 jaar oud, is weens sy dood in hegtenis geneem,” het Naicker gesê.

Die mans staan tereg op aanklagte van moord en moet binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

Intussen het Naicker bevestig dat 74 mense teen Woensdag in hegtenis geneem is weens geweld in KwaZulu-Natal, ná ʼn vlaag xenofobiese aanvalle in die provinsie oor die afgelope tyd waartydens verskeie buitelanders aangeval en hul winkels geplunder is.

“Die geweld, veral in die groter Durban-omgewing, het reeds die lewens van vyf mense geëis sedert die begin van April,” het hy gesê.

“Altesaam 74 mense is tot dusver in hegtenis geneem op aanklagte van moord, publieke geweld, besigheidsroof, diefstal en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vlaag van xenofobiese-aanvalle veroordeel. Sy het meer mannekrag na die gebiede wat geraak word, ontbied om die situasie te monitor terwyl gesprekke plaasvind om ʼn einde aan die oproerigheid te bring. Sy het ʼn beroep op die gemeenskappe gedoen om mekaar nie aan te val nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Wanneer gaan Zweletini sy uitlatings terugtrek? Hoeveel mense moet nog te sterwe kom voordat hy erken het dat hy fouteer het, of is sy trots meer wêrd as al hierdie lewens wat geneem is en die wat stees in gevaar is?

rihona ·

Ek wil nou nie snaaks wees maar ek het ook al baie gevoel om soos ons suid afrikaners op te tree as dit by goed soos hierdie kom.. ons bly in die noorde en wragrig elke 2de hoek met n kafee het n pakistan eienaar.. hul vat al ons mense se besigheid weg.. en kry nie n geleendheid om in ons eie land n geldjie te maak nie… voor mens kan dink om iewers n winkel te huur het hulle dit klaar gevat en maak n winkeltjie oop. Net in pta noord alleen is daar 13 in net 2 strate.. wat gaan gedoen word omtrend die storie.. ek gun almal n bietjie son maar wraggies te erg is te erg…

Dave ·

Jy wil nou nie snaaks wees nie, sê jy. Nie dat enige iets hieraan snaak is nie. Ek dink egter dat jy nie realisties dink nie.

Laat ons die munstuk omdraai (en ek woon loopafstand van waar van die gevegte in Durban plaasvind). Eerstens stem ek saam dat die grense nie oopgegooi behoort te wees en dat almal nou wil nesskop in Suid Afrika. Die anderkant van die saak lyk egter sö: Somaliërs, Kongolese, Ethiöpiërs en meer land hier en begin besighede. Waar hulle die geld vandaan kry raak ook nie op hierdie stadium die redenasie. Dit kan deel van ‘n ander gesprek wees. Hulle begin besighede en ondersteun hulself finansieël. Hulle bedel nie.

Baie van die lokale swartes is werkloos en vele bedel. Hulle is jaloers en beroof die buitelandse winkels. Jy kla omdat jy nie ‘n winkel kan kry? Waarom is jy so stadig?

Bes moontlik sal ons blankes op ‘n stadium na ‘n ander land vlug. Daar sal ons graag selfstandig wil wees. Sal jy daarvan hou as jy daar belet word om ‘n besigheid te begin waarmee jy vir jou gesin en jouself kan sorg?

Rynhardt ·

Peter Ndoro van SABC3 nuus het Dindagaand die volgende gese:”Die xenofobiese geweld is buite beheer, terwyl die polisie staan en toekyk! Die minister van Kwazulu-Natal het nie antwoorde gehad nie! Vanaand het die Xenofobiese geweld versprei soos n velbrand en Johannesburg lyk soos n oorlogsone! SABC 3 nuus het vanaand gese:”Hierdie xenofobiese geweld was meesterlik beplan”.Mense was met bakstene gegooi en met pale geslaan! Mense verstaan nog steeds nie dinge nie! SA is oppad na n rewolusie soos die vryheidsmanifes uitspel! Die grense was nie verniet vir 21jaar oopgegooi vir onwettige immigrante en wapens nie! n Groot bloedbad is oppad, gedurende of afloop van die winter! Afrikaners, wees op en wakker! Die kragonderbrekings is beslis nie blote toeval nie! Met die chaos en donkerte skep jy die ideale klimaat vir rewolusie! Kom ons kyk na die geskiedenis! Met die slag van Bloukrans in 1838 het 10000 Zoeloes in die nag gegaan en die Voortrekkers en al hul diere uitgemoor! Geskiedenis dien as waarskuwing vir ons!By Eskom heers tans n byenes wat nie uitgesorteer kan word nie! Selfs Medupi-werkers het gestaak na moleste, sodat Medupi-kragstasie nie voltooi jan word nie, alles is beplan! Jy kan selfs n studie gaan doen oor kommunisme en jy sal vind, dat orals in die wereld waar hul regeer, lei dit tot rewolusies! Nou kan FW de Klerk en sy NP-bende soos, Pik Botha, Roelf Meyer, Dawie de Villiers, Leon Wessels asook Ferdi Hartzenberg, en genl Constand Viljoen sien die nuwe SA wat hul geskep het! Verraad in die ergste graad terwyl onskuldige mense gaan seerkry! Zuma is net n prater,maar nie n doener nie!

Wouter ·

As dit nie vir al die uitroeptekens was nie, kon ek gedink het dat jy iets weet.

Tokkie v Vuuren ·

Ek dink nie die mense verstaan heeltemal die erns van die saak nie. Dit gaan oor baie meer as net werk en besigheidsgeleenthede. Al die duisende mense het skoon water, santitasie geriewe, elektrisiteit, behuising, mediese dienste, vervoer dienste en beskerming nodig. Iets wat die regering nie eers vir hulle eie burgers kan bied nie. Die mense kan nie nou hierheen kom nie. Dit vererger net die wrywing in die land. Ja dit is verseker nie nodig om hulle dood te maak nie, maar dit is dalk beter vir hulle om eers te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.