Durban-onnie beken skuld op 230 kinderporno-aanklagte

Argieffoto

Argieffoto

Colin Chapman, ʼn onderwyser van Durban in KwaZulu-Natal het Donderdag in die Durbanse streekshof skuld beken op 230 aanklagte wat verband hou met kinderpornografie.

Chapman was die teaterbestuurder by Durban Boys High School en het ook afloswerk gedoen by ʼn verskeidenheid van skole in Durban.

Hy het is beskuldig van ʼn aantal aanklagte van die besit van kinderpornografie, die vervaardiging van kinderpornografie, die uitbuiting van kinders en gereedmaking van kinders.

Landdros Wendolyn Robinson het Chapman gevonnis tot drie jaar tronkstraf as deel van ʼn pleitooreenkoms wat hy met die staat aangegaan het. Sy het ook beslis dat sy naam in die register vir seksuele oortreders opgeteken moet word en hy ongeskik verklaar moet word om met kinders te kan werk. Hy moet ook R100 000 aan ʼn liefdadigheid betaal en ʼn rehabilitasieprogram vir seksuele oortreders bywoon.

Alhoewel hy nie fisiek die twee slagoffers, onderskeidelik 15 en 17 jaar oud, mishandel het nie, het hy hulle gereed gemaak en oorreed om foto’s en video’s van hulleself te neem terwyl hulle gedeeltelik kaal is en soms selfbevrediging toepas.

Hy het die kinders betaal vir die foto’s en videogrepe.

Die 50-jarige Chapman se naam is eers bekend gemaak nadat hy gepleit het.

Die hof het gehoor Chapman is in 2003 skuldig bevind op aanklag van die onsedelike aanranding van ʼn minderjarige. Hy het destyds ʼn opgeskorte vonnis ontvang.

Staatsaanklaer Jerome Gnanapragas het gesê die feit dat Chapman skuld beken het, beteken dat die twee tieners nie verneder hoef te word en in die hof hoef te getuig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jenny thom ·

Ai, ek wonder maar net hoe lank nog voordat Suid Afrika se beker vol is voordat ABBA Vader gaan ingryp. Dit is soo siek, ek dink persoonlik Suid Afrika is reeds al baie erger as Sodom en Gomorra, toe die stede as gevolg van onsedelikheid, ens, ens vernietig is.
Ons woon is ‘n baie siek wereld met ongelooflike siek mense daar buite. Julle moet asseblief jul kinders waarsku en nag en dag bid vir hul beskerming.

fiki ·

ai HULLE doen ook als… seker die regering wat HULLE dit laat doen.

Maggie ·

dis ongelooflik dat die pedufiel so n Klein vonnis kry, hy sal uitkom en presies dieselfde doen!!!!!is julle so onnosel???

Bleek Sannie ·

Die vark het die onderwys gekies om makliker toegang tot jong seuns te hê. Hy het die pornografie seker verkwansel of uitgeruil met ander pedofiele, en is so ewe gedweë en samewerkend omdat hy skuldig is aan veel erger dinge en op ‘n groter skaal.

SNEL ·

Party het mos die gawe om weg te kom met moord en die Chapman knaap is een van hulle. In 2003 is hy skuldig bevind aan onsedelike aanranding en kry net n opgeskorte vonnis. Daai tyd was hy ook sekerlik in die onderwys ….was daar nie rooi ligte wat gewys het hier hom moeilikheid nie. Kyk nou vir hoe lank het hy hom weer met sulke gemors besig gehou en hoeveel kinders was in sy teenwoordigheid en het gevaar geloop en was reeds betrek by sy vieslike dade. Nou gee hulle hom n belaglike straf, dis of van naar te raak en sy naam kom in die register vir seksuale oortreders. Naam? Plaas n foto by daai naam van elke vark in daai register en daai register moet verkoop word soos n tydskrif by supermarkets, ALMAL moet weet wie en wat daar buite rondloop. Daai register sien niemand ooit nie en hoor ons net van as daar n “naam” (wat verander kan word as hulle buite langs jou intrek) in hom ingevul word. Plaas n foto by daai naam, en daai register moet vrylik beskikbaar wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.