Durban-polisie fnuik rooftog

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Sakeroof is Vrydagoggend in Wentworth, Durban in KwaZulu-Natal afgeweer en ses verdagtes is in hegtenis geneem toe die polisie flink reageer het.

“Die polisie het omstreeks 07:30 ʼn wenk ontvang oor ʼn beplande sakeroof in die gebied,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisiebeamptes was paraat in die gebied en het gesien hoe ses gewapende persone ʼn perseel betree.”

Die polisiebeamptes het vinnig reageer. “Een verdagte is op die toneel in hegtenis geneem, en vyf het te voet gevlug. Die beamptes het hulle agternagesit en die verdagtes het op die beamptes geskiet.”

Volgens Zwane het die polisie al vyf verdagtes, wat weggehardloop het, in hegtenis geneem en hulle het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens.

“Drie van die verdagtes het geringe beserings opgedoen as gevolg van hondebyte en lemmetjiesdraadsnye,” het Zwane bygevoeg. “Hulle is op die toneel behandel.”

Die verdagtes, almal tussen 30 en 40 jaar oud, staan tereg op aanklag van sakeroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hulle sal Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Irene

Mooi so SAPD jul kan as jul wil

fanie

Goeie werk!