Durban-polisielid vas oor korrupsie

(Foto: SA Polisie)

ʼn Beampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

ʼn Man het die provinsiale polisie se teenkorrupsie-eenheid op 6 Maart gekontak oor ʼn beampte, wat dranklisensies en lisensies vir tweedehandse ware uitreik, wat hom genader het oor boetes ter waarde van R9 000, het brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die verdagte het die informant glo belowe dat hy sal seker maak die boetes word teruggetrek as hy omkoopgeld van R3 000 betaal word. Die informant het aan speurders gesê hy het in Februarie 2020 altesaam R1 500 aan die verdagte oorbetaal. Die verdagte het toe die oorblywende R1 500 geëis. Die man het in hierdie stadium besluit om die polisie te kontak en die saak aan te meld,” het Naicker gesê.

Beamptes van die teenkorrupsie-eenheid het die 48-jarige man Vrydagmiddag by ʼn vulstasie in Isipingo in hegtenis geneem toe hy die kontant van die informant ontvang het. “Hy sal na verwagting Maandag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Ek weet nie hoeveel lesers besef die harde waarheid in Sean se kommentaar. Die Zondo-kommissie lyk vir my na ‘n kommissie-skepping terwyl munisipaliteite sonder ophou geskaak word en die staat kla net oor staat-kaping.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.