Durban-raadslede vas oor bedrog

Argieffoto

Vyftien persone, waaronder vier raadslede van eThekwini-munisipaliteit (Durban), is Woensdag in hegtenis geneem in verband met beweerde tenderbedrog van R208 miljoen.

Msawakhe Mayisela, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê hy neem kennis van die inhegtenisnemings en die munisipaliteit sal sy volle samewerking bied aan owerhede.

Die 15 persone is Woensdagoggend in hegtenis geneem vir hul beweerde rol in tenderbedrog by Durban Solid Waste. Vier van die beskuldigdes is raadslede en drie is kontrakteurs.

Die verdagtes het Woensdagmiddag in die handelsmisdaadhof in Durban verskyn. Die raadslede, Abegail Nomthandazo Shabalala (Wyk 87), Nomsa Euna Mthembu (Wyk 81), Mishack Sithenjwa Nyawose (Wyk 79) en Grace Thembelihle de Lange (Wyk 85) is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Hulle moet weer op 7 April 2020 in die hof verskyn.

“Ons het bedrog en korrupsie as die nommer een-vyand geïdentifiseer,” het Mayisela gesê. “Die munisipaliteit wil sy inwoners gerus stel dat die inhegtenisnemings nie ʼn negatiewe impak sal hê op dienslewering nie.”

eThekwini se voormalige burgemeester, Zandile Gumede, senior ANC-raadslid Mondli Mthembu en sakeman Craig Poonan is in Maart vanjaar in hegtenis geneem in verband met dieselfde tender.

ʼn Groep persone, insluitend senior amptenare, is ook vroeër in hegtenis geneem in verband met dieselfde saak. Hulle is almal vrygelaat op borgtog van R50 000 en sal in Januarie weer in die hof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het aan ANA gesê nog inhegtenisnemings word verwag. “Daar is nog baie wat gaan volg,” alhoewel hy nie getalle bekend wou maak of wou sê of hulle voor die nuwe jaar aangekeer sou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Ja en elk een gaan 2000 borg kry dan hoor jy nooit weer van die saak nie dit is hoe ons regstelsel werk alles een groot grap

wiehan ·

Vir R208 miljoen bedrog, en jou borgtog is net R5000-00. Ek is weg. Koebaai. Gone. Wat sou ek omgee om R5000-00 te verloor as ek eres ‘n paar miljoen weg gesteek he.

Jerry B ·

Kyk hierdie manne gaan groot. Nie tevrede met n paar miljoen nie. Tipiese Diktators en korrupsie n tradisie. Hulle is ewe tuis in formele klere uitrustings as die Oranje overalls.

George in Bloem. ·

Nie een van hulle sal die binnekant van ‘n tronk sien nie en nie een van hulle sal ‘n enkele sent sal terugbetaal nie. Dis maar net hoe dit nou al vir 25jaar in die ANC se “wonderlike reenboognasie” is. Viva mos net en fletter voort.

Spark Plug ·

Ek glo nie n woord wat hier staan nie….al daai hard werkende mense is onskuldig. You people you are only trying to undermine the goverment, we will not go peacefull into the night. Die ou storie…dit was nie hulle nie, dit was dalk apartheid met ou jan

Kas ·

George in Bkoem,vir ‘n begin hulle is gearresteer en in hegtenis geneem.Van hulle is op borgtog vrygelaat.So hulle het reeds die binnekant van ‘n sel gesien en die binnekant van ‘n hof.Wat meer will jy hê.Die is die eerste fase van vervolging.

Kas ·

George in Bloem.Is jy bewus daarvan dat een van die Guptas se huise in Saxonworld en een van hulle stralers reeds deur die batebeslag op beslag gelê is.Ek is net nie seker of dit al per veiling verkoop is nie.Hierdie klomp se bates is in gevaar.Die president se opdrag is:vat wat deur korrupsie bekom is en verkoop om die geld terug te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.