‘Durban-reservoir nié met bom aangeval nie’

Durban se Mobeni-waterreservoir is Saterdagoggend vroeg beskadig (Foto verskaf/ANA)

Berigte in die media, veral op sosiale media, dat ʼn reservoir in die Montclair-polisiëringsgebied buite Durban met ʼn bom aangeval is, is nie net vals nie, maar ook baie onverantwoordelik, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Sondag gesê.

Die walle van ʼn waterreservoir in Alameinlaan in Montclair het Saterdagoggend omstreeks 05:00 meegegee en honderde kiloliter water het uitgestroom, het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn Privaat maatskappy, naby aan die reservoir geleë, is gevolglik baie erg beskadig,” het Naidoo bygevoeg. “Daar was gelukkig nie enige beserings of sterftes nie.”

Forensiese kenners het in hierdie stadium geen bewyse gevind dat die skade aan die reservoir die gevolg is van enige kriminele oortreding nie.

Sipho Nzuza, eThekwini (Durban)-stadsbestuurder, het Saterdag in ʼn persverklaring, wat later deur Stad Durban teruggetrek is, gesê daar was ʼn bomaanval by die reservoir. “Ons het ʼn sterk vermoede dat dit verband hou met die onwettige staking wat in ons munisipaliteit voortduur,” het hy in die verklaring gesê.

Die Stad het later die dag die verklaring teruggetrek en gesê ondersoekbeamptes het daarop gewys dat die skade moontlik deur strukturele foute veroorsaak is.

Naidu het Sondag gesê ʼn voorlopige ondersoek het intussen daarop gewys dat die struktuur van die reservoir moontlik verswak het tydens die onlangse swaar reën en oorstromings in Durban en omliggende gebiede.

“Die harde knal wat naburige gemeenskappe moontlik gehoor het, was waarskynlik tot die muur gebars het weens die druk van die water in die reservoir. Dit is baie onverantwoordelik van individue om inligting op openbare platforms te publiseer wat onnodig onsekerheid en paniek kan saai. Slegs die sekuriteiteenheid mag gebeure wat met veiligheid verband hou, bevestig of ontken,” het Naidoo bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Danksy die reen en vloedskade was die a en see nou natuurlik sy hande in onskuld, sonder water! Miskien moet hul op die knoppies van die 53 veterane druk wie se salarisse die staking ens by Durban begin het – dalk sal hul kan help om die probleem van die reservoir se Lek op te Los! Met 530 vingers beskikbaar kan die gaatjies dalk toegedruk word……. Probeer is die beste geweer! He-he-he

Wilma ·

Die anc stadsbestuurder kom met vals propaganda van bom om die aandag afcte lei van hul swak instandhouding

Marinda ·

Hmmmmm, just ad I thought. No maintenance needed. Everything will just go on and on and on and on. Like the wheels of the bus that goes round.

lewies ·

As ek die jaar waarin die konstruksie opgerig is weet. sal die oorsaak nie ‘n probleem wees nie. Die waarheid sal uitkom. Nog ‘n taak vir ‘n Outa-ondersoek,.

Magaretha van heerden ·

A reservoir gee nie sommer mee nie. Geen toesig wat kon voorsien iets is verkeerd nie? Swak onderhoud? of dalk aangehelp deur kwaaddoeners. Daar sal naderhand niks in SA oor wees nie. Alles word verwaarloos of vernietig. Kort kort is dit iets anders.

Daan ·

Sien Francoise de Wet se profesie oor SA op youtube. Sy kanaal se naam is Changing paradigms The end of the ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.