Munisipaliteit slaan toe op vervalle geboue in middestad

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die eThekwini-munisipaliteit het besluit om vandeesweek te begin om vervalle geboue in die Durbanse middestad te sloop.

Fawzia Peer, waarnemende burgemeester, het gesê drie geboue sal Vrydag in die middestad gesloop word aangesien ongeveer die helfte van die vervalle geboue in die middestad in die omgewing van Mahatma Gandhi-weg geleë is.

Die munisipaliteit beroep hom op bouregulasies en wetlike prosesse om van vervalle geboue in die middestad ontslae te raak. Dié geboue sluit Tong Lok en Ronda Vista in.

Volgens Peer is dié geboue geruime tyd al ʼn euwel onder meer weens dwelmbedrywighede en bordele wat wetsgehoorsame inwoners en die sakegemeenskap benadeel.

“Die stad het hom daartoe verbind om saam met die private sektor te werk om vervalle geboue te sloop met die oog daarop om aandag te gee aan kommersiële ontwikkeling, studenteverblyf, sosiale behuising en gemeenskapsfasiliteite,” het Peer gesê.

Die burgemeester doen ’n beroep op die eienaars van vervalle geboue wat tot dusver “onder die radar sake gedoen het om na vore te kom of die risiko te loop om ook hul eiendom te verloor”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

wilma ·

Wat is die korrekte inhoud van paragraaf 3? Dit maak nie sin nie.

Mariné Lourens ·

Dagsê Wilma

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die fout wat ingeglip het. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Swanna ·

Verskuif hulle Johannesburg toe dan sal hulle vinnig beset word sonder enige vra.

AndreD ·

Swanna, jy is 100% reg. In JHB word dit dadelik gratis behuising.

John ·

Moet ‘maak’ in paragraaf 3 nie met ‘n hoofletter begin nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê John

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het in paragraaf 3. Die berig is nou gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

My Jinne! ·

Ja, hierdie berig en die berig oor die ingeengestorte muur in Durban is werklik nie nagegaan voor plasing nie. Lees maar tussen die lyne

Cherokee ·

Dit is goeie nuus want daar is geboue wat afbreek doen aan die stad. Gelukkig is dit in dele van die stad wat min besoek word, soos in die middestad, maar soos in die berig genoem word, behalwe dat dit aaklig lyk, huisves dit ook kriminele elemente. Durban is ‘n pragtige stad in die bosveld op die rand van die land.

bambi ·

Ek was n jaar gelede in Durban vir een aand; die seefront is pragtig skoon; maar reg agter die marine drive lyk dit erger as Hillbrow. Ons kon ook nie na 5 op die strand gaan loop nie; dis gevaarlik. Mense word aangerand en as jy daar rondloop moet jy net met die klere aan j lyf beweeg; en as jy gelukkig is vat hul nie jou klere! Hele land n puin.

Jaco ·

Dis baie hartseer, ek onthou nog in die tagtigerjare en as kind was Durban uit en uit die “Miami” van suid afrika, het net so gelyk ook met die art deco geboue en hoë geboue wat langs die esplinade met tropiese palms verby die yacht club loop, als was ook so skoon en veilig, was altyd vir my so mooi, ek onthou nog die Amerikaanse reeks “Tropical heat” het tot hul miami stad “scenes” in Durban kom skiet so baie het dié stede na mekaar gelyk, nou is dit ook afgebreek tot n ashoop!!

Cherokee ·

Julle was op die verkeerde strand gewees, bambi. Daar waar julle was, is amptelik nog Durban se hoofstrand, maar dit is net op papier. Die werklike hoofstrand, waar jy heerlik kan rondkuier in laat ure, is Suid Strand.

Bridget ·

Se eerder dankie Maroela dat ons gratis op hoogte van die nuus gehou word as om so te mor oor ‘n klein foutjie

wraggies ·

So wat van die mense war daarin “sake” doen? Gaan hulle dokumentasie nagegaan word, gaan hulle ondersoek wees vir uitstaande klagtes ens ens, die nie die GEBOU wat die probleem is nie, dis die MENSE.

Elna ·

Ek was so 2 weke terug in Durban en dis absoluut skokkend dit lyk soos Hillbrow in JHB. Mens kan nie rustig op die strand loop daar sonder n beachbum jou teister nie. Nee wat ek sal nie mense aanbeveel om Durban toe te gaan nie dan gaan hou ek eerder vakansie in Ramsgate dis veiliger daar. Geen beachbum wat jou teister daar nie. Die geboue in Durban is baie vervalle en verwaarloos die strate is vol vullis gestrooi dit lyk regtig baie naar daar.

Jepetto ·

Gee vir elke Metro sy Rooilig area en beheer dit want dit is iets wat altyd daar gaan wees Gaan kyk ,maar in Europa en eerste wereld lande

Chris ·

Dit is baie goeie nuus, dit doen afbreek aan die stad. Hoop hul doen iets aan die hordes onwettige immigrante en misdadigers wat in daardie geboue woon. Cherokee waar presies is die ‘veilige’ strand aan die suide waar mens nog kan gaan stap? Ek is nie so vertroud met die ander strande nie. Ken maar net die hoofstrand, so dis sal wonderlik wees om by ‘n ander strand die see te kan geniet

Johann M van Heerden ·

Ons was onlangs in Durban en was geskok oor die verval in die middestad. Soos Hillbrow het die mooi ou geboue net verval. Die nuwe sg demokratiese SA word in sekere kringe so hoog opgegee. Een van die gevolge is egter die verval van ons middestede. Tesame met die nuwe wette tov sekerheid van verblyf (verblyfreg) is dit ‘n nagmerrie van eiendomsbesitters. Hulle sal logieser wyse nie geld bestee om besette geboue in stand te hou nie. Instede van nou die roete volg van uiteindelike sloping moet owerhede eerder help om besetters uit geboue te hou en misdaad ook in toom hou. Die private sektor en beleggers in eiendom is die enjin vir welvaart en ordelike lewe. Die nuwe SA is net nie ongestel daarop nie. Die verval is dus ‘n skepping van die nuwe linkse siening van mense met regte, maar nie die besef dat saam met die uitoefening van regte kom ook die verantwoordelikhede wat daarmee saamkom. As ons dit nie begin besef nie gaan die land op die huidige afwaartse spiraal voortgly. Ek weet nie , maar ek het net al minder hoop.

Theresa ·

So wat word dan van die mense in die geboue, beset hulle dan geboue wat in ñ beter toestand is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.