Durban-stadsbestuurder oortree streng borgtogvoorwaardes

Sipho Nzuza, stadsbestuurder van eThekwini (Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency/ANA)

Sipho Nzuza het Maandag in die Durbanse handelsmisdaadhof verskyn op aanklag dat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het wat ingestel is toe hy op 10 Maart 2020 deur die Valke se nasionale taakspan vir skoon oudits in hegtenis geneem is.

Dié taakspan is aangestel om verskeie bewerings van bedrog en korrupsie van miljoene rand in die eThekwini-munisipaliteit te ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Nzuza het in Maart in die hof verskyn vir sy beweerde rol in die sowat R500 miljoen-tenderskema wat tot die “herontplooiing” van die voormalige burgemeester, Zandile Gumede, gelei het. Die hof het gehoor Nzuza het tenders aan Durban Solid Waste (DSW) toegeken alhoewel hy daarvan bewus was dat dit onreëlmatig was en dat die fondse uitgeput is. Dit het glo in 2018 plaasgevind toe Gumede nog die burgemeester was van eThekwini. Die hof het ook gehoor Nzuza wou seker maak dat hy ʼn invloed kan hê op watter diensverskaffers die tenders ontvang.

Hy is in daardie stadium vrygelaat op borgtog van R50 000 met streng borgtogvoorwaardes:

– dat die beskuldigde nie op enige manier kontak mag maak met getuies wat verband hou met die ouditspoor van die DSW-Ethekwini-tender nie; en

– dat hy nie op enige manier aan enige tenderproses mag deelneem tydens die duur van die ondersoek nie en dat sy magte as rekenmeester in verband met tenderprosesse gedelegeer moet word.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die Valke se taakspan, wat in KwaZulu-Natal ontplooi is, het bewus geword dat Nzuza deur die Ethekwini-munisipaliteit op spesiale verlof geplaas is en dat hy, ná sy periode van afwesigheid, pligte uitgevoer het wat ʼn oortreding is van sy borgtogvoorwaardes. “Die span het dadelik met ʼn ondersoek begin en dit het duidelik onthul dat Nzuza die borgtogvoorwaardes oortree het.”

Die klagtes hou in hierdie stadium verband met bedrog, geldwassery, oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite, die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en oortreding van die Wet op Plaaslike Munisipale Regerings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Onthou, hulle glo vas dat hulle onaantasbaar is want volgens hulle was daar geen ongerymdhede nie.

Deon ·

Soos bv n kat, ken nie die verskil tussen wat reg en aanvaarbaar is en wat verkeerd is nie

Hennie J ·

Ek is die stadsbestuurder en dehalwe n onaantasbare kader. Niks anders as n arrogante fat cat. Sluit hom toe!!

Saartjievandiebosveld ·

Onaantasbbaar…wette is vir ander mense…maar nie vir hulle nie. Ek maak soos ek wil. …

Dries ·

R50000 borg vir bedrog van R500 miljoen? Laat ek maar niks verder se nie. Die Bushiri’s het ook ‘streng’ borgvoorwaardes gehad, en kyk waar sit hulle nou.

Genis ·

Daai kiki spreek boekdele.. Ai ou Cyril: Your people man, just cannot their out of the cookie jar? Die problem is, hulle dink dit kom hulle toe, en dan is hulle ook onaantasbaar, want hulle is ANC…

Kokerboom ·

Maak die boetes/straf uiters hoog vir die patologiese staatsstropers en maak hul lewe hel!!

Andréas ·

Ja, en Zandile Gumede is hiermee “herontplooi” nadat sy “feitlik onskuldig” bevind is. Tog te lekker…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.