Durban-stadsbestuurder se vrou ook vas vir korrupsie

Sipho en Bagcinele Nzuza.

Bagcinele Cynthia Nzuza (51), die vrou van die stadsbestuurder van die eThekwini-munisipaliteit Sipho Nzuza, het Dinsdag in die Durbanse handelshof verskyn op aanklag van korrupsie.

Sy is op borgtog van R30 000 vrygelaat en moet weer op 10 Desember in die hof verskyn, het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, gesê.

Bagcinele Nzuza het glo die installasie van ʼn kombuis by haar skoonma se huis gefasiliteer en een van die diensverskaffers wat betrek word by ʼn multimiljoenrandse tenderskandaal het na bewering R18 000 hiervoor betaal.

Sy is die 17de verdagte om in verband met dié tenderskandaal in hegtenis geneem te word.

Sipho Nzuza het verlede maand weer in die hof verskyn op aanklag dat hy sy borgtogvoorwaardes oortree het wat ingestel is toe hy op 10 Maart vanjaar deur die Valke se nasionale taakspan vir skoon oudits in hegtenis geneem is. Hy is vroeër op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Nzuza is deur die eThekwini-munisipaliteit op spesiale verlof geplaas, maar het glo voortgegaan om pligte uit te voer wat ʼn oortreding is van sy borgtogvoorwaardes.

Maroela Media het vroeër berig Nzuza is in hegtenis geneem vir sy beweerde rol in die sowat R500 miljoen-tenderskema wat tot die “herontplooiing” van die voormalige burgemeester, Zandile Gumede, gelei het.

Nzuza het glo tenders aan Durban Solid Waste (DSW) toegeken alhoewel hy daarvan bewus was dat dit onreëlmatig was en dat die fondse uitgeput is. Dit het glo in 2018 plaasgevind toe Gumede nog die burgemeester van eThekwini was. Die hof het ook gehoor Nzuza wou seker maak dat hy ʼn invloed kan hê op watter diensverskaffers die tenders ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hennie J ·

Daar is nou al soveel kaders in arres geplaas in die saak, ek wonder of daar n groot genoeg lokaal is vir hulle verhoor, as dit eendag gebeur. Die inligting wat verskaf word oor die betrokke inhegtenisneming wys dat die ondersoekers of baie deeglik is of na stooihalms gryp. Kom ons vertrou hulle is deeglik!

Thelsa ·

Die vervolging en beskuldigbevinding neem hopeloos te lank met hierdie gewetenlose bedrieërs.

Mallie ·

Dis hoe hulle miljoeners word. Nou word die lugrederye ook al aan swartbemagtigers verkoop.

Misky ·

Hierdie hele skandaal vat heeltemal te lank om afgehandel te word. Dit is nou al hoeveel jaar en intussen verval die stad net al meer en meer. Ons ontvang meestal geen dienste nie, parke en sypaadjies lyk net al slegter,rommel word nie verwyder nie, maar ons moet maandeliks pligsgetrou betaal. Ons is gatvol!!!!!

Clifford Salwyn ·

Nou word da gekla dat net swart mense aangekla word vir vir korrupsie. Dis mos nou BBBEE, hulle empower hulle self

Janee ·

Alles grootpratery…17 gearresteer….. en volgende week begin die vingers weer jeuk

Genis ·

Ou Cyril: YOUR PEOPLE MAN? How ashamed the cANCer must be, shaks I forgot no remorse… Dit kom ons kaders toe… Sies man, skandalig met gen skaamte nie…

JohanR ·

Agh nee man! Dit kan nie wees nie. Sy kan nie skuldig aan korrupsie wees nie. Sy is dan ANC, en die gesigie lyk soe onskuldig met die glimlaggie!

Nico ·

Hoe kan hierdie man nog sy werk verrig nadat hy skuldig bevind is, en spesiale verlof met vol betaling. Dit is ongehoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.