Durban-strande gesluit oor mediese afval

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Vier Durbanse strande is gesluit nadat dit met mediese afval besoedel is.

Thulani Mbatha, ʼn woordvoerder van die munisipaliteit, het Woensdag gesê die strande om die Umgeni-riviermond, Beachwood, Virginia en Glenashley, sal vir die volgende twee weke gesluit wees terwyl dit skoongemaak word. Hy het gesê dit lyk asof die mediese afval op die strande uitgespoel het.

“Munisipale beamptes werk onverpoosd om seker te maak die afval word verwyder. Inwoners word gevra om weens veiligheidsredes alternatiewe strande te gebruik totdat dit weer veilig is om die strande wat geraak word, te gebruik.”

Thembinkosi Ngcobo, die munisipaliteit se hoof van parke, het tydens ʼn mediakonferensie gesê ʼn lid van die publiek het op die mediese afval afgekom en die owerhede in kennis gestel. Die afval bestaan hoofsaaklik uit tablette en verseëlde kondome wat deur die regering uitgereik word.

Volgens Ngcobo is dit nie duidelik waar die afval vandaan kom nie, maar dit kom vermoedelik van ʼn maatskappy wat ʼn kontrak het om van mediese afval ontslae te raak. Hy het gesê hoewel die afval hoofsaaklik op een van die strande gevind is, is vier strande as voorsorgmaatreël gesluit. Nog strande sal gesluit word indien nodig.

Nie een van die vier strande is deel van Durban se hoofswemstrande nie en Ngcobo het gesê geen mediese afval is op hierdie strande gevind nie. Altesaam 16 werkers is ontplooi om die afval en ander vullis op te ruim.

“ʼn Ondersoek sal van stapel gestuur word om te bepaal waar die afval vandaan kom en wetstoepassingsagentskappe sal ontbied word om die skuldiges te vervolg indien nodig. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker ons strande is veilig,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Die Mandarynse skrif op sommige van die afval het dit nie ten doel om baaiers, visse en stokkiesdraaiers so swem-swem lesse te gee in die taal nie. Bote van regoor die wereld dra rommel in die ruim en stort dit in die see voordat dit weer met vis gevul word vir die tuismarkte.

Wat-ek-lees ·

‘n Ander nuusberig lui dat daar nie waarskuwings opgerig is en hengelaars daar visvang. Dalk kan iemand eersterangse inligting verskaf hieroor?

Maria van Dieweeck ·

Het 3 weke lank by Umdloti probeer vis vang. Die water is dood, morsdood. Geen voels, geen lewe. Al wat uitspoel is plastiek gemors. Ek het n houer met saris, kopdoeke en n Pakistaaanse vlag by Umhlanga uit die water kon sleep, maar geen vis! Alles opgevreet deur die oosterlinge, en vernietig deur swak regering blah blah

Rapes ·

Verseelde pille en kondome wat weggegooi word. Geld word lekker verkwis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.