Durban-strande gesluit oor rowwe seetoestande

Argieffoto (Foto: oldeani0, Pixabay)

Verskeie strande aan Durban se Suidkus is gesluit weens rowwe seetoestande wat oor die volgende paar dae verwag word.

Die eThekwini-munisipaliteit het Maandag in ʼn verklaring gesê die besluit is gemaak ná gesprekke met die SA Weerdiens en die KwaZulu-Natalse Haaieraad.

“Haainette sal ook by die betrokke strande gelig word,” lui die verklaring.

Reunion, Pipeline, Warners en uMgababa-strande is tydelik gesluit. “Die munisipaliteit sal steeds die ander strande monitor. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.