Durban-verdagtes verskyn in geheim

Gewapende mans het aanbidders in die Verulam-moskee in Mei vanjaar aangeval en een om die lewe gebring en twee gewond. Foto: Doctor Ngcobo/ANA

Die vensters van Verulam se hofsaal is vandag verdonker en verslaggewers buite gehou toe 19 verdagtes verskyn het vir hul aandeel aan die plasing van plofstof by verskeie Durbanse winkelsentrums asook die moord in ʼn plaaslike moskee.

Die verdagtes word ook van ontvoering beskuldig nadat die polisie ʼn man aangetref het wat aan wanvoeding gely het waar hy vasgeketting was in die kelder van een van die huise wat beamptes verlede week deursoek het, het die polisie Maandag in ʼn mediaverklaring gesê.

Die 19 het onder swaar polisiebegeleiding verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, oortreding van die plofstofwet, afdreiging, ontvoering en die onwettige besit van vuurwapens.

Hulle is die afgelope Vrydag aangekeer deur ʼn span wat bestaan het uit die Valke se eenheid vir misdade teen die staat, misdaadintelligensie, die forensiese eenheid en die nasionale vervolgingsgesag.

Tydens klopjagte op talle huise in die omgewing van Durban is beslag gelê op verskeie items, onder meer ʼn toestel wat as brandbom gebruik kan word.

“Die regering beskou die voorvalle in ʼn baie ernstige lig,” het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag gesê, “en dit verg deeglike ondersoek om die oortreders aan die kaak te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Hy moet net nie wit wees en van verkragting aangekla word. Dan is jy foto op al die voorblaaie

Skerpioen ·

Net soos ek nie meer tyd het vir swart, bruin, geel, pers, en groen se rassistiese kaart nie, het ek ook nie meer tyd vir blankes wat die rassisme kaart die hele tyd wil speel nie. Of jy is deel van die probleem of jy raak wakker en begin dewl vorm van die oplossing.

George Pelser ·

Dis is so. En net soos Skerpioen nie meer tyd het vir mense soos ek en jy nie,so het ek ook nie meer tyd vir mense soos hy wat te bang is om op te staan en te erken dat swart rassisme deel van die die probleem is en om dit prontuit te se nie. Dit gaan nie verander nie,maak nie saak wat hy en mense soos hy gaan doen of se nie en dit gaan beslis nie weggewens word nie. En om kruiperig op te tree gaan dit verseker nie laat weggaan nie. Mense se oe begin stadig maar seker oopgaan,en nie net hier nie,maar ook in Europe en Amerika en ook soos ons onlangs sien,selfs in Brasilie waar mense wat regs neig groot spronge voorentoe maak in verkiesings. Die reenboog droom is net eenvoudig nie haalbaar nie want die verskille tussen verskille groepe mense is te groot en die feit is en bly dat elke groep sal uitkyk en sorg vir sy eie groep en eiebelang ten koste van ander.Was nog altyd so en sal altyd so wees.Die enigste oplossing is selfbeskikking en selfregering. Al die ander opsies loop almal uit op konflik en oorlog op die uiteinde.Die geskiedenis is propvol voorbeelde.Punt.

Schalk ·

IN DIE GEHEIM,HOEKOM?DINK SUID AFRIKA DINK MOET JOU GEDAGTES NIE LAAT MANIPULEER DEUR MEDIA EN BANGMAAK STORIES NIE.KYK UIT MAGTE.

My mening ·

Kan nie meer saamstem nie, Skerpioen. Ek dink ons almal raak kwaad oor die onregverdigheid en rassisme van regeringskant, maar ons wit Afrikaanssprekendes het in ‘n nare, gemene, negatiewe klomp mense verander. Ons is besig om onsself te vergiftig en ons menswees te vernietig. Ons roem ons daarop dat ons Christene is, kom ons probeer om daarvolgens te lewe.

LH ·

BAIE geluk aan ons Valke! Deur hierdie spul boewe aan te keer het julle baie lewens gespaar. . . Terwyl ons oor kleure en geure stry, gebruik ons almal winkel sentrums vir aankope. Ek is ook baie dankbaar dat die Polisie beampte lewend gevind is! GO VALKE GO! EK LOOOOOVE NET DAAI VOëLTJIES!

Toit ·

Hoekom nie nou dit bekend maak nie wit of swart of is die ANC nie bereid om die Palestyne ondersteuning in n slegte lig te stel nie. Alle Moslems is nie betrokke by die soort geweld nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.