Durban verloor miljoene liter water

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van waterwese het Umgeni Water versoek om “dadelik in te gryp” om die stad Durban te help om sy waterlekkasies te stop.

Die stad het in 2015 erken dat hy nagenoeg 240 miljoen liter water per dag verloor weens ʼn afgeleefde infrastruktuur. Dit kos die eThekwini-munisipaliteit ongeveer R600 miljoen per jaar.

Die beraamde koste om die probleem aan te spreek beloop na beraming meer as R1,5 miljard oor vyf jaar.

Sibusiso Sithole, stadsbestuurder, het Dinsdag tydens ʼn vergadering van die uitvoerende raad van die munisipaliteit gesê as deel van die poging om die droogte op ʼn nasionale vlak te bestuur, en om water as ʼn faktor op nasionale vlak te ondersoek, is die munisipaliteit geïdentifiseer as een van die munisipaliteite wat ondersteuning van die nasionale regering nodig het.

Sithole het gesê die stad se hoof van water en sanitasie sal ʼn mandaat ontvang om met Umgeni Water en die departement van water en sanitasie te vergader om minister Nomvula Mokonyane se opdrag uit te voer.

Lede van die raad het die ingryping verwelkom, maar DA-raadslid Heinz de Boer het gesê dit wil voorkom of die bystand “bietjie laat” aangebied word. “Dit sou goed gewees het as ons vyf jaar, of selfs 10 jaar gelede, ʼn ingryping gehad het, want ons weet die waterverliese duur al minstens 15 tot 20 jaar voort,” het De Boer gesê. “Dit laat my die vraag vra wat ons strategieë rêrig behels om die waterverliese te voorkom.”

Volgens De Boer het die stad se eie hoof van water en sanitasie, Ednick Msweli, hulle nie as ʼn raad kom toespreek om te verduidelik wat presies hy beplan nie. “Msweli, Umgeni Water en die nasionale regering het dalk teenstrydige planne hoe om die waterkwessie op te los, en dit kan tot konflik lei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa B ·

Pateties – Hulle ken nie die begrip van “instandhoudingswerk” nie………………
Maak my so kwaad en sal sommer ontplof en vloek!

Fransie ·

Hy kan julle nie kom toespreek nie, want hy het nie ‘n plan nie, en hy weet nie hoe om ‘n plan te maak nie.

GES ·

Hoekom sal hy “worry” oor water? Durban het mos ‘n see …..

Waterkind ·

Wat kan mens dan nou anders van sy onderdane verwag as die president beweer “preventartive maintenance is a Western thing”?. Die infrastruktuur van alle dienste (watervoorsiening, paaie, elektrisiteitsvoorsiening, riolering, vullissverwydering, ens.) moet KONSTANT onderhou word, anders gebeur dit wat tans landswyd aan die gang is!. Hierdie eenvoudige waarheid kan maar netnie tot sekere mense deurdring nie!. Is die betogings teen gebrekkige dienslewering nie kentekenend van hierdie situasie nie?

scalla ·

betaal my slegs 50% van die R600 m per jaar en ek sal vir julle dit doen, dit word maw gereelde instandhouding genoem. dit is mos dan n wen wen oplossing

Theresa B ·

My geld is op jou Scalla………………………………

Theresa ·

Ja. Afgeleefde infrastruktuur. Halllloooooo!?! Iemand by die huis?? als wat mens het moet die heeltyd onderhou word – vind iemand dit logies? Waarom is daar altyd so ‘n verbasing te bespeur as goed vrot is van geen onderhoud. Ek is SO nuuskierig om te weet wat dan word van al die begrotingsbedrae – dit word tog jaarliks opgestel vir jaarlikse gebruik. wow…

Theresa ·

Waterkind, jou eerste sin is kostelik – dankie. Na die berig oor Kubaanse dokters, het ek hiervoor net so heerlik geskater. Dalk ‘n histeriese laggie, maar darem.

m ·

Dit gebeur as bekwaamde mense nie meer aangestel word nie….. Instandhouding is ma ‘n daaglikse ding maar ons slim mense dink nie so ver nie want hulle is nie opgelei nie.

Christine ·

“Afgeleefde infrastruktuur”…dis in die apartheids era. ” it must fall”. Hoekom daaroor “worrie?”

Dee ·

Ons in Durban word nou gevra om water te bespaar, maar soos hier berig word, is dit omdat onderhoud nie gedoen word aan die sisteem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.