Durban-vrou het glo baba ontvoer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige vrou het Dinsdag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van die ontvoering van ʼn pasgebore baba.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is Maandag in KwaNyuswa, Hillcrest, in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het. Die vrou het na bewering Saterdag by ʼn Durbanse hospitaal ʼn ma, wat geboorte gegee het aan ʼn babaseuntjie, genader en ʼn rygeleentheid huis toe aangebied.

“Die slagoffer en die verdagte is van die hospitaal na Durban waar die vrou glo kos vir die ma aangebied het. Sy het later glo geld vir die slagoffer gegee om lugtyd te gaan koop, terwyl sy met die babaseuntjie by ʼn taxistaanplek gewag het,” het Zwane verduidelik. “Toe die ma terugkeer, het die baba en die vrou spoorloos verdwyn.”

Die verdagte is in KwaNyuswa gevind en die baba was ongedeerd. Hy is met sy ma herenig nadat mediese ondersoeke op hom gedoen is.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes van Durban-sentraal geloof vir hul betrokkenheid in die saak. “Ek is baie bly dat die kind veilig gevind is, aangesien vermiste kinders in talle gevalle dood aangetref word. Die kind is in ʼn gesonde toestand en is met sy ma herenig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sarie van heerden ·

Die diefstal van die babatjie is hartseer maar mens moet verder lees dat die moeder blykbaar nie lank na die geboorte saam met ‘n vreemdeling met
“n taqxi huistoe moes gaan. Ek het self baba’s gehad en ek weet nie of ek so kort daarna met ‘n taxi huistoe sou kon gaan nie. Daars is behalwe die oortreding van die ander vrou darem deernis en begrip vir die biologiese ma. Waar is die menslikheid en empatie.

Anoniem ·

Nie juis veel van n ma as sy haarself en haar pasgebore kind aan n vreemdeling toevertrou nie…Hoe dom kan mens wees. Geen ma vertrou haar kind aan n vreemdeling toe nie…Wat het sy verwag?

Karma ·

Aggenee, magties, wat is dit deesdae met vroue wat ander vroue se babas steel, soos ook in die Zephany Nurse-geval? Genugtig, daar is soveel wesies in staatsinstansies, wat soebat om ‘n aanneem-ouerhuis te kry! As jy dan werklik desperaat is om ‘n baba of kind te hê, werk deur die regte kanale en registreer eers as pleegouer en dan later aanneemouer. Maak nie saak of ‘n baba pienk, geel of oranje is nie – as mens eers net vir ‘n rukkie na so ‘n ou dingetjie gekyk het, is hulle vir jou soos jou bloedkind. Ek sien heelwat blanke dames hier op ons dorp wat ‘n nie-blanke kindjie aangeneem het en grootmaak en niemand knip ‘n oog nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.