Durban-vrou verdwyn spoorloos

Nicolene du Preez Foto: Missing Children

Nicolene du Preez Foto: Missing Children

Nicolene du Preez (25) het op 20 Junie spoorloos uit haar huis in Grey Park in die Bluff, Durban, verdwyn.

Hendrik du Preez, Nicolene se man, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy vrou het hom die Saterdagmiddag om 14:35 gebel om te sê sy is met die bus op pad na haar ouma in Stilbaai in die Wes-Kaap. “Dit was onverwags, ek het glad nie geweet sy het planne om by haar ouma te gaan kuier nie,” het hy gesê.

Die Checkers-sentrum naby hul huis kon nie bevestig dat Nicolene daar ʼn buskaartjie gekoop het nie.

Hendrik en Nicolene is op 21 September 2013 getroud.

“My skoonouers en my skoonsussie is ook in trane en rasend van bekommernis,” het hy bygevoeg. Volgens hom is Nicolene se selfoon afgeskakel en niemand het nog van haar gehoor nie. Haar ouers bly in Vereeniging.

Nicolene het blou oë, krullerige blonde/rooi/bruin hare en is 1.6 meter lank. Sy het ʼn naeltjiering en ʼn horlosie met ʼn pienk bandjie en diamantjies daarop.

Enigiemand met inligting waar Nicolene haarself bevind word versoek om met die Brighton-polisie of Missing Children in verbinding te tree of skakel Hendrik by 061 409 1060.

nicolene du preez

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

MARTIN ·

Baie hartseer. Wat is fout dat die man nie geweet het van sy vrou se planne om te gaan kuier nie?

Se Maar Net ·

Dit is baie hartseer. Dit is duidelik dat die man en vrou nie ‘n goeie kommunikasie het nie.

PIXIE ·

Sy het fedup geraak vir haar man en sy nonsens en kon dit nie meer vat nie. Hy is dalk nie so onskuldig soos wat hy wil voorgee nie. Ek het ook 30 jaar gelede so pad gevat. Ounooi wees veilig waar jy ookal mag wees en pas jouself mooi op. Gaan na jou ouers in Vereeniging, vertrou hulle en praat die probleme uit. Sterkte, Lief vir jou.

hendrik du preez ·

My kontak nommer is verkeerd ingesit did 0614091060

Sune van Heerden ·

Dankie Hendrik, ons het die nommer gewysig.
Groetnis
Suné

Etienne ·

Ek het op 17de May 2015 vir Nicolene ‘n buskaartjie gekoop om by my en my dogter te kom kuier onwetend dat sy getroud was, en wetend dat die mense waar sy gebly het haar so stief behandel het dat sy net moes wegkom. Sy moes glo wag dat mense by huis kom voor hul vir haar oop sluit en moes toestemming vra om te gaan bad. Sy was hier vir ‘n week nadat sy ‘n polisieman van Pretoria gekontak het om haar glo te help met haar skei saak. Nicolene en haar man was glo van bed en tafel geskei en dat sy van plan was om te skei. Sy het wel laat weet dat sy agterna weer terug Durban toe gegaan het en veilig is. Ek hoop wraggies waar sy is veilig, sy het wel met selfoon se battery gesukkel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Etienne

Kontak asseblief ao Mnyandu van die Brighton-polisie by 031 451 8000 of Missing Children by 072 647 7464 met al die inligting wat jy tot jou beskikking het. Dit kan hulle dalk help om haar op te spoor.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

PIXIE ·

Dankie Etienne. DAAR HET JY DIT. Sien my vorige kommentaar. HY is toe nie so onskuldig nie. CONTROL FREAK! Sy MOES wegkom. Ek het sommer geweet. Ek is 66 jaar oud en praat van ondervinding. Meisiekind wees veilig en kom terug Vereeniging toe asb. en moenie die &^% man se liegstories en valse beloftes glo nie. Begin ‘n nuwe lewe en luister na jou ouers se raad. As jy weer sag word gaan jou lewe ‘n erger hel wees. Glo my! Groetnis en liefde.

anon ·

more mense weet iemand of sy al gevind is laat weet ons asb…….

hendrik du preez ·

Ettiene kan jy my asb add op Facebook dat ons kan gesels asb

hendrik du preez ·

Ek het ‘n vermoede dat sy dalk in Kempton park area kan wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.