Durbanse pa vas ná ‘moord’ op vier kinders

(Foto: SA Police Service/Twitter)

ʼn KwaZulu-Natalse pa is agter tralies nadat hy glo Dinsdag sy vier kinders vermoor het.

Die 41-jarige man is vroeër vanmiddag in KwaDabeka in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig die man het drie van sy kinders, onderskeidelik 4, 6 en 10 jaar oud, kort ná 14:30 by die skool gaan oplaai. Hulle liggame is kort daarna in die huis in Wyebank gevind. Al drie is opgehang.

“Daar is gesien hoe hy in die huis ingaan met die kinders. Die kinders se ma het gehoor dat hy hulle gaan haal het. Sy het agterdogtig geraak dat hy moontlik iets beplan,” het Mbele gesê.

Die vrou het by die Kwadabeka-polisiestasie gaan hulp vra en ʼn polisielid het haar na die huis vergesel.

“By hulle aankoms by die huis het hulle twee kinders gekry wat in die hoofslaapkamer opgehang is en nog ʼn kind wat in ʼn ander vertrek opgehang is,” het Mbele gesê.

Die vrou is inderhaas na haar 16-jarige dogter se skool, waar sy óók meegedeel is dat die pa die kind, sy stiefdogter, reeds kom haal het.

ʼn Grootskaalse soektog is na die tiener op tou gesit en die meisie se liggaam is in ʼn nabygeleë veld in New Germany gekry.

“Die man sal binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn op vier aanklagte van moord,” het Mbele gesê.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, KwaZulu-Natalse polisiehoof, het die polisie bedank die lede wat onophoudelik gewerk het om die vermeende moordenaar aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ig ·

Ons kommentaar val op dowe ore. Ons praat die waarheid onder mekaar maar ons government doen niks daaraan om die doodstraf terug te bring nie, onskuldige vroue, kinders ens word vermoor asof dit roomyskoop is?

Pieter ·

Dit sal waansinnig wees om die doodstraf weer in te stel want die anc sal dit gebruik om van blankes ontslae te raak. Jy hoef net die k-woord te gebruik of hulle beweer jy het dit gebruik en daar swaai jy as blanke aan jou nek. Die Coligny mans sal dan al gehang het en die kis manne ook.

leser ·

aan watse siekte ly die mense om kinders seer te maak, dis nie hulle skuld dat die ma en pa rusie het nie
walglik, siek, om die minste daarvan te se
ek hoop so dat hulle LIG nooit weer sal sien nie

Muffin ·

Die man het nie plek in ons samelewing nie. In of buute die tronk. Doodstraf is al wat ons nodig het.

Kobus ·

Jy vermoor 4 kinders? Geen kommentaar vanuit die Parlement.

Dorothy ·

Mnr die president het hierdie week in ‘n verklaring gese dat dit nou tyd geword het dat man teenoor man opstaan om hierdie soort geweld te voorkom. Maaaaaaar as ‘n man teen ‘n man gaan opstaan gaan die verkeerde ou tronk toe. BELAGLIK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.