Durbanse polisie slaan toe op dwelmhuise

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die Durbanse blitspatrollie en narkotikaspan het Vrydagaand op meer as R120 000 se dwelms beslag gelê toe hulle op areas bekend vir dwelmhandel toegeslaan het.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die grootse dwelmvonds is by ʼn woonstel in Smithstraat gemaak. ʼn 34-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van meer as ʼn kilogram hidroponiese dagga, 119 gram methacathinone (cat) en 18 gram metamfetamien, algemeen bekend as “crystal meth”.

“Die geraamde waarde van die dwelms is ongeveer R120 000,” het Naicker gesê. Die man sal die naweek in die selle by die Punt-polisiestasie aangehou word en Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.

Nog ʼn verdagte is in Isipingo in hegtenis geneem vir die besit van 34 strooitjies heroïen. Die heroïen is ongeveer R1190 werd, het Naicker gesê. “Polisie het ook beslag gelê op kontant wat in sy besit was en vermoedelik deur dwelmhandel bekom is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Santie Boshoff ·

Sal bly wees indien hulle in Lichtenburg ook kan toeslaan op dwelmhuise, want hier word niks daaraan gedoen nie.

Annoniem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.