Durbanse student sterf in tref-en-trap-ongeluk

(Foto: Facebook/PT Alarms)

ʼn Student wat aan die Durban-Universiteit van Tegnologie (DUT) studeer het, is Donderdag laatmiddag in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Berea in Durban dood.

Luidens ʼn plasing op PT Alarms Fire & Security se Facebook-blad het ʼn verteenwoordiger van die maatskappy omstreeks 17:05 ʼn oproep in verband met die noodlottige ongeluk ontvang.

“Die aanloop tot die langnaweek is met ʼn groot tragedie ingelui nadat ʼn student sy lewe in ʼn tref-en-trapongeluk naby die DUT-kampus in Berea, verloor het,” lui die plasing.

“By ons aankoms op die toneel is ʼn jong man – van wie die presiese ouderdom nie bekend is nie – dood aangetref.”

Luidens die plasing is die student glo deur ʼn Audi getref. Die bestuurder het nie stilgehou nie en doodeenvoudig van die toneel weggejaag.

“Die slagoffer is in die lug geslinger en het voor ʼn Toyota Etios beland.

“Hy het ernstige beserings opgedoen en het op die toneel aan sy beserings beswyk.”

DRK Tactical het die student op die toneel dood verklaar.

(Foto: Facebook/PT Alarms)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.