DUT-kampus gesluit ná student tydens betoging sterf

ʼn 20-jarige student aan die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) is Dinsdagmiddag naby die Steve Biko-kampus doodgeskiet, vermoedelik tydens ʼn onderonsie met ʼn privaat veiligheidswag. Die student is naby die administrasiegebou by die kampus geskiet.

Die DUT het Dinsdagaand in ʼn verklaring gesê die instansie is tot verdere kennisgewing gesluit.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het gesê die student was een van hul lede.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die SAPD in KwaZulu-Natal, het die voorval bevestig. “Ongeveer 30 studente het klippe en bakstene versamel en na die DUT-gebou in Ritsonweg gegaan. Hulle wou die gebou bestorm terwyl hulle klippe en bakstene gooi. Een administrasie-assistent en ʼn veiligheidswag is tydens die voorval beseer en sekuriteit het nog ondersteuning ontbied,” het Mbele verduidelik. “Die studente wou ook die universiteit se hekke bestorm.”

Vier studente is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

Volgens African News Agency (ANA) het die vroulike administrasie-assistent haar neus gebreek tydens die geweld. Sy is in die hospitaal opgeneem. Die veiligheidswag is ook in die hospitaal opgeneem.

Mbele het gesê die student is in die maag geskiet, alhoewel dit nog nie duidelik is wie hom geskiet het nie.

Die polisie was Dinsdagaand nog steeds op die kampus.

Alan Khan, DUT se senior direkteur vir korporatiewe sake, het in ʼn verklaring gesê die student het by City-hospitaal aan sy beserings beswyk. “Die identiteit van die student kan nog nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie.”

Khan het namens die DUT sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledene.

“As ʼn gevolg van dié tragiese voorval en talle ander gewelddadige onderonsies, het die bestuur van die universiteit besluit om die universiteit tot verdere kennisgewing te sluit.”

Die skietery volg ná onrus by verskeie universiteite in die Durban-gebied, alhoewel dinge meer kalm was by DUT as by ander instansies. Verskeie kampusse het hul deure gesluit en voertuie is by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Westville- en Howard College-kampusse aan die brand gesteek. ʼn Veiligheidswaghuisie is ook by die Westville-kampus aan die brand gesteek.

Studente betoog teen vertragings met die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) en trae registrasieproses.

Lesings is Dinsdag en Woensdag by DUT opgeskort, alhoewel die kampus steeds oop was.

Sihle Zikalala, waarnemende LUR vir ekonomiese ontwikkeling in die provinsie en wat tans as premier waarneem, het “maksimum selfbeheersing” versoek en gesê hy is bereid om met alle belanghebbendes van die instansies te vergader.

Hy het gesê dis “verkeerde logika” as studente dink dat hulle bestaande opleidingsinfrastruktuur moet vernietig om seker te maak hul betoging het ʼn impak. “Om voertuie en geboue aan die brand te steek laat ʼn wrang smaak en die optrede moet deur almal in KwaZulu-Natal veroordeel word. Ons wil dit duidelik stel dat ons begrip het en simpatiseer met die lot van behoeftige studente wat nie stygende opleidingskostes kan bekostig nie,” het hy gesê. “Ons bedank die studenteleierskap en bestuur by verskeie tersiêre instansies wat bereid is om in gesprek te tree en die situasie om te keer,” het Zikalala bygevoeg.

Die ANC-jeugliga het ook selfbeheersing versoek ná die student doodgeskiet is. “Ons wil hê almal moet nou versigtig wees en selfbeheersing toepas,” het Kwazi Mshengu, voorsitter van die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal, gesê. “Ons glo ons stem almal saam dat die kwessies wat die studente aangeroer het, regte probleme is en dit moet nie tot enige konfrontasie lei wat lewensverlies tot gevolg kan hê nie.”

Mshengu het almal wat gehospitaliseer is, spoedige beterskap toegewens.

“Ons boodskap aan die studente is dat ons kalm en gefokus moet bly en selfbeheersing moet toepas, selfs al word ons uitgelok. Ons doen ʼn beroep op die owerhede van die instansie om seker te maak die probleme word opgelos.”

Honderde studente het Dinsdagaand in Durban se middestad struggle-liedjies gesien in solidariteit met die oorledene.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Diefie ·

Nou vra ek met trane in my se oogere: is dit hoe ons toekomstige “leiers” lyk? Vader wees ons genadiglik.

Cherokee ·

Diefie, nou vra ek met ‘n groot frons op my voorkop of jy die EFF beskou as toekomstige leiers.

Riaan ·

“Die wereld skuld ons”. Dit is die Afrikaan se mentaliteit,en uitkyk op die lewe.
Ek weet van dokters wat as studente boereworsrolle oor naweke verkoop het om hulle studies te betaal,maar as jy swart is,dan moet my dit sommer verniet kry

Trots Afrikaans ·

Nou student, eendag parlement. Dit is al reeds moeilik om nie te lag as hulle verwys na eerwaarde lid…..

Geen eer, geen waarde….

Chris du preez ·

Live by the sword and die by the sword. Aanhitsing deur eff leiers en nou is hy dood. Ek verstaan nie Rhamaposa se banggatgeid om nie op die eff toe te slaan vir aanhitsing en openbare geweld.

Veritas ·

Hierdie kinders word sonder disipline grootgemaak en dit sal so aangaan totdat hulle disipline geleer word. Enige opgevoede persoon met selfrespek sal sulke optrede afkeur maar in SA word dit as normaal beskou.
Jammer om te sê, maar as dié generasie nie tot ander insigte gebring word nie, sien ek groot ellende vir hierdie derdewêreldse landjie van ons binne minder as ‘n dekade. Die tyd vir aksie het aangebreek indien ons vir ons nageslagte ‘n lewe van voorspoed wil verseker. Al uitweg wat ek sien, is selfbeskking in ‘n eie grondgebied.

Maro ·

Daar is n engelse woord wat die studente opsom: selfdestructive.

Gert ·

Hulle het net regte, geen verantwoordelikhede. Jy is geregtig op gratis alles net omdat jy lewe.

Babsie ·

Ek dink dat al hierdie opstande by die Universiteite deel is van die EFF se plan om die land onregeerbaar te maak (hulle het gese hulle gaan dit doen). Ek is seker dat die grootste gedeelte van die studente wat aan die universiteite studeer, wel daar is omdat hulle wil leer en hulleself wil verbeter.

Thinus Erasmus ·

Dit is goed, hoop dit hou aan en al die geldmors Universteite sluit permanent.

Lizelda ·

Nou ja, wel gedaan EFF. Choas en klippe gooi is mos maar aan die orde van die dag.

Jerry ·

Dit is regtig baie tragies. Dat die eff so n jong lewe laat verwoes het voordat Afri-Forum die kans kon kry om die student te laat rehabiliteer!

Derick ·

Hierdie Malema en sy EFF trawante gaan nog die ondergang van SA beteken.

lorita ·

Van trae registrasie proses, na geen registrasie proses – nou kan niemand registreer. Wag vandag vir die bus wat ons gister afgebrand het. Mooi man

Manda Gordon ·

Lindsey Maasdorp het dit goedgedink om sy ‘opregte’ sadness uit te spreek oor die spesifieke student se dood.
Dis om van naar te word. Ek wonder as ons nou uitlatings sou maak, en dit sal met goeie reg wees, soos wat hy gedoen het oor Hoërskool Driehoek se kinders, wat dan?

T. Strydom ·

Studente wil beurse, klasgeld, sakgeld , geld vir klere,kos en verblyf verniet he. Wie moet betaal? As hulle nie hul sin kry nie, word verwoesting gesaai. Die monstertjie wat die ANC gesaai het, is nou groot ! Wat nou ANC, wat nou! Of weet julle ook nie hoe julle die monster gaan stop nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.