DUT-klasse hervat Maandag

Polisiebeamptes monitor ʼn betoging by die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) ná die skietvoorval Dinsdag (6 Februarie 2019). Foto: Doctor Ngcobo/African News Agency

Die akademiese program by die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT) sal na verwagting Maandag hervat.

Thandwa Mthembu, visekanselier, het gesê die besluit is geneem na gesprekke tussen die bestuur en die studenteraad. DUT word sedert die begin van die maand ontwrig deur gewelddadige betogings, veral by sy Steve Biko-kampus. ʼn Student, Mlungisi Madonsela (20), is op 5 Februarie tydens ʼn betoging doodgeskiet waarna twee veiligheidswagte geskors is.

Registrasieprosesse en klasse is gevolglik vertraag. Studente aan verskeie tersiêre instellings in KwaZulu-Natal het op 4 Februarie met ʼn veldtog begin om al dié instellings te sluit.

Die studente betoog oor onvoldoende of geen akkommodasie en probleme met toegang tot finansiering.

Volgens Mthembu is ʼn beroep op diensverskaffers gedoen om akkommodasie te verskaf en is hulle ook in gesprek met die nasionale skema vir finansiële bystand vir studente (NSFAS).

Klasse sou reeds die week hervat het, maar daar was weer ontwrigting en selfs doodsdreigemente teenoor personeel en studente wat nie aan die betogings deelgeneem het nie.

DUT het Donderdag die hooggeregshof in Durban genader vir ʼn dringende interdik teen die betogende studente en die interdik is toegestaan.

Volgens die interdik word studente verhoed om binne 150 m van DUT se kampusse te betoog, eiendom te beskadig of personeel en studente wat nie aan die betogings deelneem nie te intimideer.

Mthembu het gesê die gevolge van die interdik is aan die studenteraad verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Jul meen seker die onluste (studente protes) gaan weer begin volgende week.

GM ·

Skors hulle almal en verbied hul om aan enige instansie te studeer. Hulle wil nie hulself verbeter nie, hulle wil net verder op die belastingbetalers se rûe ry, soos hul van hul geboorte af al doen. Dié wie se ouers hard werk om hul deur universiteit te sit, sou dit nie waag om te staak nie. Dis oor als net gegee en gegee word vir amoebas dat die land so lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.