DUT-lesings wéér opgeskort ná geweld


Studente van die Durban-Universiteit vir Tegnologie neem Maandag deel aan ‘n protesoptog. Foto: Doctor Ngcobo/ANA

Ondanks pogings deur die bestuur van die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT) om betogings by die instansie te beëindig sodat onderrig kan voortgaan, moes akademiese bedrywighede weer eens by vyf van sy kampusse tot verdere kennisgewing opgeskort word.

Prof. Thandwa Mthembu, DUT se vise-kanselier, het Maandagaand laat in ʼn verklaring gesê die akademiese program op al vyf kampusse in Durban is tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit kom nadat studentebetogings Maandag weer opgevlam het terwyl die universiteitsbestuur met die raad van studenteverteenwoordigers (SR) vergader het oor die studenteraad se eise.

Akademiese bedrywighede op DUT se twee kampusse in Pietermaritzburg gaan wel voort soos normaal.

Mthembu sê die opskorting van DUT se akademiese program is “teleurstellend”, maar die instansie kan nie die veiligheid van personeel en studente in gedrang bring nie. “Die dreigemente wat deur sekere lede van die SR gemaak word, moet ernstig geneem word veral in die lig van die vlakke van geweld wat ons twee weke gelede gesien het en die uitdagings tans by sommige van ons suster-universiteite,” het Mthembu gesê.

Hy het vermoedelik verwys na die gewelddadige betogings by die Mangosuthu-Universiteit vir Tegnologie in uMlazi waar verskeie studente gister op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem is.

Lesings sou gister by DUT hervat word nadat die akademiese program twee weke lank opgeskort is terwyl die bestuur tot ʼn vergelyk probeer kom het met die betogende studente. Die opskorting van die akademiese bedrywighede het gekom nadat ʼn student, Mlungisi Madonsela, tydens ʼn betoging op die kampus geskiet is en later in die hospitaal gesterf het.

Madonsela was deel van ʼn groep van ongeveer 30 studente wat, gewapen met klippe en bakstene, probeer het om die administrasiegebou op die Steve Biko-kampus te bestorm. ʼn Vrouepersoneellid van DUT is ook tydens die geweld beseer – haar neus is gebreek toe ʼn student haar glo met ʼn baksteen gegooi het. Sy moes in die hospitaal opgeneem word.

Die studente betoog teen akkommodasie wat hulle meen nie op standaard is nie, probleme met studiebefondsing en ander kwessies. Die SR het al verskeie kere met DUT oor hul besware vergader, maar ʼn beplande vergadering Sondag moes laat vaar word omdat net enkele SR-lede vir die vergadering opgedaag het en sommige baie laat daar aangekom het.

Mthembu sê hoewel DUT die veiligheid Maandag op die kampusse verskerp het, is lesings steeds ontwrig en personeel en studente geïntimideer.

Intussen het die SR, waarvan die leier ook verbonde is aan die EFF-studentekommando, in ʼn verklaring gesê hulle het nooit ingestem dat lesings Maandag hervat kan word nie. Luidens die verklaring sal die studente eers toelaat dat lesings hervat word sodra daar aan al hul besware gehoor gegee is. Dit sluit in dat die veiligheidsmaatskappy waarvan die werknemer na bewering Mandonsela geskiet het, se dienste beëindig word.

Mthembu sê egter dit was die SR-voorsitter wat in ʼn vergadering op 8 Februarie voorgestel het dat akademiese bedrywighede Maandag hervat word.

“Nie een enkele lid van die SR het verskil van die SR-voorsitter se voorstel nie, hoewel sommige nuwe voorwaardes geopper het wat nog nooit ter tafel was nie. Sommige SR-lede het hul afkeur uitgespreek dat lesings hervat word, maar die vergadering het ooreengekom dat die voorwaarde dat lesings eers hervat word wanneer al die probleme opgelos is, onredelik is,” sê Mthembu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

EP ·

Verregaande!!? Kry reeds alles verniet en nou is die koshuiskamers oud-modies! Wat is volgende. Dit lyk nie vir my of dié studente lus is vir leer nie.

Peter Holmes ·

Dis omdat hulle alles verniet kry. Van die 1976 opstande is hul leuse nog altyd “ONS BRAND OM TE LEER”

Andrew ·

Ek kon dit nie beter stel nie. Dit klink al na die vroë 1960’s af se Turfloop universiteit van die Noorde. Selfde storie.

remo ·

Ai ek wens dat die “studente” begin leer vir my generasie was dit n voorreg om te kon studeer en ons was trots daarop

Yankee ·

Orals ter Wereld soms n Betoging. Wat hier uitstaan, gewapen met klippe en bakstene!! Viva Africa!!

Stripes ·

Nou die SAPD lede? Is hulle deel van die betoging of verontrief hulle die publiek sodat die betogers tog net gemaklik kan loop? As hulle nie wil leer en die fasiliteite wat beskikbaar is wil gebruik nie, maak dit toe en gebruik dit dan eerder as huisvesting vir die onwettige immigrante in die land.

M ·

DIS die gevolg van “Free Tertiary Education”. Dis ook hoekom die EFF nou die Universiteite vat. Studente van minder gegoede opvoeding ontwrig studies. Sal stop as hulle terug gaan na betaling vir fooie en beurse aan top studente.

Albert ·

Klasse by Universiteit van Zoeloeland ook opgeskort na geweldadidige betogings gister en die studente is huistoe gestuur

Skroef ·

“Hulle het nie ingestem nie” Ekskuus? Stuur die spul huis toe. Daar is die akkommodasie mos op standaard (*****). Wanneer hulle terukom, moet hulle die nodige fondse saambring om vir hulle studies te betaal. Easy come, easy go. As mense betaal vir hulle huise, munisipale dienste en bowenal vir die skade wat hulle aanrig, sal die vandalisme drasties afneem.

Schalk ·

Maak toe alle akademiese instellings wat aangewend word as politieke instellings.As die akademie nie kan voortgaan nie sluit instellings en koshuise.Tyd dat studente leer en hul met kennis bemagtig en ophou hardloop agter onnosel nie gegradueerde politikuste.As hulle nie studeer sal hul net so onnosel taak soos politieke SR.Studente wat ry op belasting betaler se rug is presies soos gevangenis hul is afhanklik van aalmoese.

JK ·

Oor 3 weke staak ons weer want ons druip, dan WE DEMAND TO PASS

Laksman ·

“Studentekommando?”Vir wat? Lyk my “liberation before education” word nog na 25 jaar nog steeds aanbid. Kan die spul nie ontsnap uit die verlede nie? Wie dink die studente is hulle? Hulle gaan nog in plakkerskampe eindig.

Oujongvrou ·

Dis net om vir hierdie regering mooi te laat verstaan, ons is in beheer. Nie een van hulle wil eintlik studeer nie. Hulle gebruik kampusse vir opleidingsentrums vir geweld en anargie. Ek sidder as ek dink dis die klas van mense wat eendag dinge wil laat vlot verloop in die land.

Keelvol ·

Dit is jammer van die student wat dood is. Hulle het moeilikheid gesoek, as hulle met die akademie besig was sou dit nie gebeur het nie. Dit is dus die opstokery en klippe gooi wat die oorsaak van die dood is en nie die veiligheidswagte nie.
Niemand gee om vir die personeellid wat beseer is nie. Die klip of baksteen in die gesig kon ook noodlottige gevolge gehad het. Daar is ook pyn en leiding en moontlik permanente letsels.
Die spul wil nie leer nie. As DUT so sleg is waarom het hulle daar aansoek gedoen?
Hulle het geen idee wat dit behels om te studeer nie.
Sonder ferm daadwerlike optrede gaan niks ooit stop nie.
Die volgende herrie kom in elkgeval om die paar wat inhegtenis geneem is weer los te kry. As hulle nie alweer rondloop en saam afbreek nie.

Lana ·

Afriķa mentaliteit.
Dring net aan op regte, maar wil geen verantwoordelikheid daarmee saam aanvaar nie.

leser ·

polisie loop voor, waarom, stop die lorrie voor dit begin loop
studente wil alles HÊ en polisie is te gewillig om saam te stap, pleks dat hulle hul WERK doen
die saamstap is nie WERK nie

wat wou ·

Ek kon nooit gaan swot nie want my pa het vir my gese daar is twee keuses , gaan werk of gaan army toe want daar is nie geld om te studeer nie. Alle akademiese instellings moet A-Polities wees , geen politiek en unies moet daar toegelaat word nie , Die Polisie is ook nie meer die mag wat wet en orde moet hou nie hulle is lankal n moniterings instelling, Hulle monitor die situasie!!!

Nita ·

Wanneer gaan hierdie regering besef hulle moet vinnig, meer universiteite en skole oprig. Die bevolkings aanwas in die land ken geen perke nie. Die ander alternatief is om net studente toe te laat wat n 75% gemiddeld vir AL hulle vakke het.

Seeskulp ·

Voel so jammer vir die studente vanaf omliggende dele wat daar moet swot en dit in sulke ontwrigtende omstandighede. Ek mis my Blom elke dag daar vêr in Potch maar ek het n geruste hart dat sy daar haar ding kan doen sonder om daagliks in vrees en onsekerheid kampus toe te loop.

Gerhard van Wyk ·

Ek en my vrou is al 25 jaar in Nieu Seeland. Ons drie kinders het al 3 hier studeer en hulle kwalifikasies word wêreldwyd hoog geag……ek wil huil as ek dink hoe die waarde van kwalifikasies aan Suid-Afrikaanse universiteite internationaal al hoe meer ge-minag word en die betogers sorg byna daagliks
daarvoor.

Penellope Jones ·

Is dit ooit nog nodig om hierdie kampusse oop te hou?
Niemand is tevrede met niks, alles moet aan en vir hulle gevoer word.
Maak alle vakke wat aangebied word by die UT’s beskikbaar op die internet of nog ‘n Unisa vir UT’s. . .
Dit kos ons belastingbetaler net geld wat liederlik vermors word deur onbeheerbare geld-gulsige “studente”.

D B ·

Wie in sy regte verstand “onderhandel” met ‘n kind?

SR-voorsitter, jy en jou maatjies, by alle universiteite wat so afbreek, julle sal NOOIT werk kry nie, so ek hoop daar’s poste vir julle by die EEF, want dis al plek wat julle sal vat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.