DUT sê oor aanranding in lesingsaal

Sandile Ndlovu (Foto: Verskaf)

Die Durban‑Universiteit vir Tegnologie (DUT) het Donderdag vir die eerste keer kommentaar gelewer oor die aanval op ʼn student vroeër vandeesweek in ʼn lesingsaal op een van die universiteit se kampusse.

Sandile Ndlovu (18) is met breinbeserings in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy Maandagaand in ʼn lesingsaal op die Steve Biko-kampus in Durban met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy skedel gedurende die aanval gekraak is.

Ndlovu studeer bedryfsingenieurswese aan DUT.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê Ndlovu se familie is sedertdien van die voorval in kennis gestel en reëlings is getref om die familie in hierdie tyd by te staan nadat hulle vanaf Witrivier in Mpumalanga na Durban gereis het om by Ndlovu te wees.

Dr. Isaac Machi, adjunk-visekanselier, dr. Maditsane Nkonoane, studentedekaan, en lede van die universiteit se afdeling vir studentedienste het Dinsdag met die verteenwoordigers van die familie vergader.

DUT het in die verklaring bevestig dat Ndlovu in een van die universiteit se lesingsale aangerand is. “Ongelukkig het die universiteit nie veiligheidswagte in elke lesingsaal nie,” lui die verklaring.

“Die studentediensafdeling bly daagliks in kontak met die familie en die hele universiteitsgemeenskap bid vir Sandile gedurende hierdie uitdagende tyd.”

Die polisie ondersoek die voorval. Die universiteit het bevestig dat hy die polisie in die ondersoek bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Onnodig!!!! Regtig!! Ek het al `n permanente hoofpyn oor die gebeure in ons land. Niemand is meer veilig nie. Arme kind. Ek bid vir genesing seun.

John ·

… en die mannetjie het absoluut niks gedoen of gesè nie. Watter studente sit alleen in lesingsale sonder dat die lektor teenwoordig is? Die idee van een mens een polisieman klink na die beste oplossing veral een vir elke lid van die parlement wat skitter in hul voorbeeldige lewe… en ‘n staatsbegrafnis vir elkeen wat vir dwase besluite gestem het…

Johan ·

Dit was nog nooit voorheen nodig vir veiligheidswagte wat die hele kampus rondhang nie. Wat het verander?

@Johan ·

Dis heeltemal waar Johan. En dit is die verskil of een van vele.

George in Bloem. ·

Is daar nie kameras nie??? En die berig se niks van ‘n arrestasie nie? Skandalig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.