DUT skort klasse op

‘n Motor is by die Universiteit van KwaZulu-Natal aan die brand gesteek (Foto: Twitter)

Die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT) het aangekondig dat klasse vir Dinsdag en Woensdag opgeskort is weens betogings deur studente.

“Die besluit is deur die uitvoerende bestuurskomitee en die uitvoerende komitee van die senaat geneem,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. Die besluit het gevolg nadat daar Maandag ontwrigting was weens studente wat betoog het.

“DUT bly oop al is klasse tydelik opgeskort.” Die studenteraad het Maandag ʼn verklaring aan die bestuur oorhandig waarin daar aangevoer word dat studente frustrasie beleef rakende finansiering deur die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS). Daar is glo ook kwessies rakende behuising en vervoer.

“Ons sal oor die volgende twee dae met die studenteraad beraadslaag om oplossings te probeer vind vir die kwessies wat geopper is,” het DUT gesê.

Die Universiteit van KwaZulu-Natal moes lesings Maandag opskort te midde van gewelddadige betogings deur studente op die Westville-kampus.

ʼn Sekuriteitsvoertuig is aan die brand gesteek, polisiebeamptes is met klippe bestook en studente wat nie aan die betoging deelneem nie is glo gedreig.

Die studente betoog oor betalings van NSFAS en trae registrasies. Betogings het ook by die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie (MUT) in Umlazi plaasgevind.

Die studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het intussen ook aangedui dat hulle vandag sal betoog oor probleme met die registrasieproses en verblyf.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hennie ·

Gee die pinkie, en hulle gryp na die hand. Ek wonder of die studente wat nou gratis opleiding ontvang ook gratis sal werk as hulle hul kwalifikasies ontvang het? Dink gou wat moet deur ‘n Ekonomie student se kop gaan as hy vir die eerste keer leer hoe die ekonomie nou eintlik werk…die verwarring en onvermoeë om te begryp hoe die Westerse beskawing dinge nou al vir honderde jare doen! En die teenstrydigheid van sy eie Afrika kultuur waar alles verwoes en vernietig word as hulle nie hul sin kry nie!

Daan ·

Brand, breek en vernietig oor alles wat jul ongellukig maak. Die dag gaan kom dat daar nie meer oor is nie. Dan gaan jul in n hoekie sit en huil en die “BLAME GAME ” speel.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Hoekom word die moeilikheidmakers nie geskors uit die universiteite nie. Geweld en vandalisme en poging tot moord regverdig dit tog?

Varkie ·

Alhoewel ek nie die stakings en brandstigting ens goedkeer nie, moet ek se dat as n ex-student die universiteite en die NSFAS nogal vertraagd is wat diens betref.. neem hulle nie kwalik nie, mens wil die jaar begin maar die onsekerdheid vreet aan jou, met instansies wat nie die foon kan optel of jou n antwoord op n epos kan gee nie

John ·

Skynbaar word die saffies direk in studente-bankrekeninge inbetaal. Hoe dit gaan werk, as dit so is, weet g’n mens nie. Is dit dalk die probleem… die groot geld in my rekening waarvoor ek wag? En my drome? Wie gaan vir studies ens betaal as die geld net verdwyn het? Hier kom nog ‘n Eskom, SAL… en… en… -fiasko… miljarde tekorte.

christa ·

het sulke gemors ooit in die apartheids jare gebeur? Hulle sou lankal uit gesorteer gewees het. verbiet die belhamels om verder klas te loop. Hulle pla die mense wat wel iets met hul lewe wil doen

alida ·

Hulle is nie gepla oor die studiegeld nie maar wel oor die sakgeld wat hulle ook nog kry. Die geld behoort direk aan die betrokke universiteit betaal te word. Intussen jol hulle lekker, eet en slaap verniet maar leer nie !!!!

Willie ·

Johan die NSFAS beurs betaal slegs die verblyf en ete geld in die student se rekening. Die klas, studie en registrasie geld word aan die Universiteit betaal, juis vir die rede sodat die geld nie gemors kan word nie. Jy moet ook die jaar slaag om vlg jaar in aanmerking te kom vir die beurs. My kind kry ook die beurs.

Antoinette ·

In eerste plek het van die moeilikheidmakers soos ek verstaan nie aansoek gedoen vir losies nie. So klomp jare gelede toe ek betrokke by Tukkies was, het ‘n horde ook opgedaag met mandjies en bokse en komberse en wat nog – en losies geeis. Die arme losies-afdeling moes bontspring want hulle sou nerens heen gaan nie. As ek reg onthou het dit die Universiteit klomp geld gekos om hulle solank te akkommodeer. Dit staan tog duidelik op enige aansoekvorm dat jy moet aansoek doen vir losies as jy dit verlang.
Ek begryp ook nie hoe die Universiteit verantwoordelik gehou kan word vir NSFAS se bedrywighede nie – en dan sommer ander se voertuie aan die brand steek uit frustrasie vir ‘n situasie waarvoor hulle self verantwoordelik is nie. Sleutelwoord: VERANTWOORDELIKHEID.

Willie ·

Ongelukkig is die vernietigings sindroom groot… Ja en niemand word vasgevat vir die skade nie… gaan breek jy nou as witmens n staats gebou se venster….

jakes ·

Om alle sondebokke te beskerm sal dit beter wees om elke student n dosie vuurhoutjies en n dosyn klippe te gee om hul tradisionele stokperdjie van brandstigting en vandalisme ordentlik uit te voer. Sodoende kan niemand dan vervolg word nie en kan SA aanhoudend brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.