Dutton ontken uitsprake oor SA boere is teruggetrek

Peter Dutton. Foto: Facebook

Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, het gesê sy uitsprake dat Australië die emigrasieproses vir wit Suid-Afrikaanse boere wil versnel omdat hulle in hul eie land “vervolg” word, is nié teruggetrek nie ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse regering volhou dat dit wel gedoen is.

Dit kom nadat Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) Maandag in ʼn verklaring gesê het minister Sisulu “verwelkom Malcolm Turnbull, die Australiese eerste minister, en Julie Bishop, die minister van buitelandse sake, se terugtrekking van [Dutton] se uitsprake oor die Suid-Afrikaanse grondhervormingsproses”.

Dutton se kantoor het teen Dinsdagmiddag nog nie op ʼn versoek van Maroela Media vir kommentaar reageer nie.

In ʼn onderhoud wat Sky News Australia egter Dinsdag op hul webtuiste gepubliseer het, vra die aanbieder, Andrew Bolt, vir Dutton tydens die onderhoud of dit korrek is dat Turnbull en Bishop sy uitsprake teruggetrek het.

“Nee, hulle het nie [die uitsprake teruggetrek nie]. Dit is baie duidelik en ek was vandag saam met die eerste minister. So nee, dit is nie teruggetrek nie. Die regering se posisie is soos ek dit ʼn paar weke gelede gestel het. Ons het ʼn vlugteling- en humanitêre program waardeur ons mense inneem. As mense in aanmerking kom soos boere van Suid-Afrika – hulle word vervolg – dan kyk ons na die individuele gevalle,” het Dutton gesê.

“Inteendeel, ons kyk nou na verskeie gevalle. So nee, daar was geen terugtrekking van die uitsprake nie. Dit is beslis nie die posisie van die eerste minister of die minister van buitelandse sake nie. En die eerste minister het dit vandag bevestig.”

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Foto: Sibonelo Ngcobo/ANA

The Australian het ook Dinsdag berig dat Dutton aan AFP gesê het Sisulu se verklaring “is nie ʼn akkurate weerspieëling” van Turnbull en Bishop se posisie nie en dat sy uitsprake nie teruggetrek is nie.

Ndivhuwo Mabaya, Sisulu se woordvoerder, het egter Dinsdag volgehou dat Dutton se uitsprake wel teruggetrek is. Mabaya het aan Maroela Media gesê die terugtrekking van Dutton se uitsprake is in ʼn brief aan die Suid-Afrikaanse regering bevestig. Mabaya het ook gesê Sisulu het twee vergaderings met die Australiese hoëkommissaris in Suid-Afrika gehad “waartydens hy ook Turnbull en Bishop se boodskap oorgedra het”.

Dutton het verlede maand opslae gemaak toe hy in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê het wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die “gruwelike omstandighede” waarin hulle hul bevind.

Sisulu het Dutton se uitsprake skerp gekritiseer en gesê dit is jammer dat die Australiese regering nie gekies het om die “beskikbare diplomatieke kanale” te gebruik om hul kommer oor die grondhervormingsproses in Suid-Afrika te kenne te gee nie.

“Daar is geen rede vir enige regering enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar is van hul eie demokraties-verkose regering nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie,” het Sisulu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Han ·

Lindiwe Sisulu, jy nie net plaasmoorde ontken nie, maar ook dat jy gelieg het dat Australië sy uitsprake teruggetrek het. Jy dink jy kan mense se intelligensie onderskat!

White Rhino ·

Die vrou is seker een van die grootste leuenaars van die land.
Sy gaan haar egter nog vasloop.
Sy is van ‘n derdewereld land en Australie nie! Onthou wat het Trump gese?
Wel sy is van daardie land af.

E ·

Lindiwe: Blah, blah, blah! Lieg maar en bedrieg maar en dink maar ons het oogklappe aan…

Lolla ·

As ek haar aanhaling lees, besef ek dat sy alleenlik praat van DIE wat ANC gestem (verkose) het as “demokratiese Suid Afrika”, wat ookal HULLE deffinissie van demokrasie is… Tussen die lyne, lees ek dat wit mense nie deel is van die land nie, aangesien ons nie ANC gestem het nie, en daarom nie demokratiese regte in hulle boekkies verdien nie.

Cer ·

Ek het daai ook raakgelees! Sy is baie skelm met haar woorde… Maar sy onderskat Australië se intelligensie. Ek’s bly dat Dutton bly by wat hy gesê het.

rollie ·

Sisulu verdraai natuurlik die storie. Sy praat net van die grondkwessie terwyl Dutton eintlik van die moorde op die boere praat.

WitBlits ·

Nou kan ons haar seker glo dat sy aan die internasionale gemeenskap vertel het dat daar GEEN REDE TOT KOMMER oor grondhervorming sonder vergoeding is nie!!!

Jan ·

Waar is daai briewe wat die aussies vir die SA regering geskryf het. Kom laat ons sien wat het die aussies geskryf. Want jy kan daai Sisulu nie net op haar woord glo nie. Want sy lieg ook oor die feite wat in SA werklik gebeur. So hoekom sal sy ook nie oor hierdie storie lieg nie. Met al hierdie gedraaiery bewys die SA regering dat hulle niks doen om plaasmoorde en mense marteling te stop laat staan te ondersoek nie. Verskriklike gruwelike mense is die van die EFF en ANC. Geen gevoel vir die blankes nie.

Jacobus ·

Lindiwe Sisulu het gereken op die Groen Party en ander Links Marxistiese partye in Australië om die saak van die Afrikaner te verswak.

Sien die volgende YouTube uittreksel wat in Australië gemaak is;

WHY RACIST REFUGEE SUPPORTERS CHEER WHITE GENOCIDE deur Avi Yemini geplaas op 25 Maart 2018.

https://www.youtube.com/watch?v=85Oelal-gyU

Die video opname sê baie oor die opdrande stryd wat voorlê om ons saak te stel.

Alida ·

Sy lieg soos net die ANC kan. Glo haarself. Dink 1ste wereld leiers is dom. SURPRISE!

Mare ·

Hoekom se ramaposa niks nie stel hy nie belang of is hy te besig om die minderheid wat nie onder sy “our people” tel nie om die bos te lei?

Susan ·

Eers was dit fikile mbalula wat so kon lieg nou sisulu ,wie lieg nog?

Oom Kalahari ·

@Lolla, jou stelling is so korrek as kan kom. Die verwysing na ons mense is die ANC, Veterane en MK en die Rooi keppie bende met hul afvlerk spannetjie die BLF. Die blanke is en sal ook nooit ooit deel van “ons mense” wees nie al wil sommiges dit so graag glo en veral nou na die afsterwe van die groot Ikoon en haar wense aan ANC en EFF (Everything for Free) tot samesmelting. Regerende Radikale Party (RRP) waar JM die kitaar snare tokkel en die res na pype dans. Laat ons maar positief probeer bly en kyk wat die toekoms inhou en homself afspeel.

Pieter ·

Ek bedoel dat dit min Sisulu is wat die waarheid so geweld aandoen.

alwyn burger ·

Sisulu bly op ñ ander planeet. Sy weet nie wat in haar eie land aangaan nie!

Coen ·

Die boere moet Australia toegaan die mense wat agterbly sal van honger doodgaan en die wat geld het sal n brood vir R 500.00 koop winkels sal geplunder word soos die spar trokke by die N3 die naweek .

Deon ·

Australië gaan hulle beslis nie laat voorskryf nie!!! Die ANC dink alle witmense is so bang vir hulle soos ons, wat alles net aanvaar!!

jaco ·

Dutton sê “Inteendeel, ons kyk nou na verskeie gevalle”. Ek sal graag elkeen van dié gevalle se storie wil hoor.

Callie ·

Kom ons almal gee net n groot dankie vir die edele Australier wat by sy woord staan

Christa J ·

Indien die geagte minister haarself glo dat “Suid-Afrika ‘n wetsgehoorsame land is”, is sy geslaan met blindheid. Publiseer asb die Aussie korrespondensie dat ons self kan lees. Tog jammer daar is soveel Aussies wat nie ons SAners daar wil hê nie. Dink net aan al ons sporttalent wat sáámgevoeg kan word! Lank lewe Peter Dutton!

Deon Gerber ·

Ek ondersteun Australia ten volle. Ek was in Perth November 2017, dit is vriendelike mense wat daar woon. Ek is op die hande gedra, en almal het geweet ek is ‘n Afrikaner. Die aksent gee dit weg al is ek ten volle tweetalig.

Gert ·

Verskil in persepsies!! Verskil in begrip van verklarings!! Lees elders van 100% ANC cabinet. Sal met belangstelling die verloop dophou. Intussen moet mediadekking nasionaal en internasionaal voortgaan.

Gerhard ·

Soos ek dit verstaan het Malcolm Turnbull en Julie Bishop bloot gese dat die regering se amptelike standpunt is dat wit Suid-Afrikaanse Boere nie bo ander groepe geplaas word nie. Hulle het nie gese dat hulle nie van mening is dat daar teen wit Suid-Afrikaanse Boere diskrimeer word nie. Malcolm Turnbull sit met die probleem dat hy ‘n verkiesing moet wen teen ‘n teenstander wat in koalisie met die Groen Party sal moet regeer. Dit maak dit moeilik vir hom om amptelik standpunt in te neem. Peter Dutton het egter die mag om na spesifieke gevalle te kyk en hulle te oorweeg as minister. M.a.w. dit is maar net die gewone Westerse politiek wat Afrikaners nie altyd so lekker verstaan nie.

Christo Volschenk ·

Liewe boere in die noorde,

Trek liewer na die Suid- en Wes-Kaap as na Australie, waar alles vreemd is en julle beslis geen plase geskenk sal kry nie.

Die suide is jul land. Daar was die witmense eerste (die boesmans en Hottentotte was eerste, maar vandag is daar nog net min van eersgenoemde en geen van laasgenoemde). Dis die harde feite.

So, trek terug na die land wat jul voorouers in 1838 agtergelaat het om van die Engelse weg te kom. Terloops, die Engelse is ook nie meer daar nie.

So, daar is regtig geen rede meer vir julle om in die noorde te bly nie. Wat meer is, hulle wil julle weg he. Julle gee hulle kos en jobs, julle verdien valuta vir die land met julle kosuitvoer, en julle betaal belasting wat die staat aan pensioene uitbetaal, maar steeds wil hulle julle weg he.

So, gaan eenvoudig. Laat hulle oor aan hulself. En kom bou julle eie ding in die suide.

Charmaine Van Zyl ·

Sy lieg so en kry nie eens skaam daaroor nie. Dit wys jou watter tipe ons land regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.