Dutton wil boere steeds help ondanks kritiek

Peter Dutton. Foto: Facebook

Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, het gesê hy gaan voort met sy planne om die moontlikheid te ondersoek om humanitêre visums aan wit Suid-Afrikaanse boere beskikbaar te stel ondanks kritiek dat dié pogings van hom rassisties is.

ABC News berig Dutton het in ‘n onderhoud met die radiostasie, 2GB, gesê die vlaag kritiek wat hy ontvang het ná sy uitsprake oor die “gruwelike omstandighede” wat Suid-Afrikaanse boere in die gesig staar, “beteken niks vir hom nie”.

“Ons kyk na maniere waarop ons mense kan help om na Australië te emigreer as hulle hulself in daardie situasie bevind. Ons is oorval met boodskappe van ondersteuning en verwysings vir spesifieke gevalle. Ek is heeltemal blind vir iemand se velkleur, dit maak geen verskil aan my nie,” het Dutton gesê.

“Dit is vir my kommerwekkend dat mense op die oomblik vervolg word – die getal mense in Suid-Afrika wat doodgaan of wreedaardig aangeval word, is ʼn realiteit.”

Maroela Media het vroeër berig Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het verlede week ʼn diplomatieke démarche aan Adam McCarthy, die Australiese hoë kommissaris in Suid-Afrika, gerig om aan te dring dat Dutton se uitsprake oor grondonteiening teruggetrek word.

Die departement het gesê die Suid-Afrikaanse regering neem aanstoot deur Dutton se uitlatings. “Daar is geen rede vir enige regering, enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar is van hul eie demokraties-verkose regering nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie,” het Sisulu gesê.

Intussen het Richard Di Natale, die leier van die Australiese Greens-party, Dutton as ʼn rassis bestempel. SBS News berig Di Natale het aan verslaggewers in Australië gesê Dutton is “uit en uit ʼn rassis” wat blykbaar “die wit Australië-beleid wil terugbring”.

Volgens SBS News het Michael Sukkar, Australië se assistent-tesourier, gesê beskuldigings dat Dutton ʼn rassis is, is “lagwekkend”. Sukkar het daarop gewys dat die Australiese regering reeds mense van Sirië en Irak deur hul humanitêre program gehelp het en dat dit net reg is dat die “vervolgde wit boere” se saak ook oorweeg word.

Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake (Foto: Manuel Elias/United Nations via AP)

Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake, het in reaksie op Dutton se uitsprake gesê daar is geen planne om wit boere prioriteit te gee bo ander humanitêre visum-aansoeke nie.

News24 berig intussen dat Julius Malema, leier van die EFF, Woensdag tydens ʼn Menseregtedag-viering in Mpumalanga gesê het “rassiste moet Australië toe gaan as hulle wil”.

“Hulle moet net die sleutels van die trekkers los, want ons wil die grond bewerk. Hulle moet die sleutels van die huise los, want ons wil in daardie huise bly. Hulle moet alles los waarmee hulle nie Suid-Afrika toe gekom het nie,” het Malema gesê.

Volgens News24 het Malema bygevoeg mense wat na Australië emigreer sal arm wees daar. “Hulle is ryk hier, want hulle buit swart mense uit.” Hy het gesê dié wat na Australië toe emigreer, sal uiteindelik weer “stert tussen die bene” terugkeer Suid-Afrika toe. “Dan sal ons hulle in diens neem, want ons sal die eienaars van hul plase wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Eish ·

Dit is verblydend dat mnr. Dutton sy standpunt handhaaf. Die moddergooiery rondom die aangeleentheid verskaf goeie publisiteit met dank aan die Greens party.
Die bal is aan die rol en ek vertrou almal betrokke sal voortbou op die momentum.

Heleen ·

Dankie Dutton ..hierdie natale en julie het duidelik geen benul oor wat hier aangaan nie…of hulle gee net nie om nie…en julius…ek dink die boere.. en ek ook…sal eerder arm en veilig wees as om gedurig bevrees te wees….in elke geval..ons is baie hardwerkende mense..gladnie lui nie en sal dus suksesvol wees…….en ‘n aanwins vir enige land….

Heleen ·

So waarom word my kommentaar nie gepubliseer nie??? Maroela???

Leonie Bezuidenhout ·

Dagsê Heleen

Jou kommentaar is wel geplaas.

Groetnis, Leonie nmns Maroela Media

Callie ·

Hemel SA se blankes, staan op en klap hande vir n man wat die waarheid raaksien. Een wat beginsels het. Dankie mnr Dutton. Ons het dit nodig.

Callie ·

Nog iets Malema. Die plaas onder julle sal bankrot en gestroop wees. Niemand sal daar kan werk nie

Francois ·

Ja mense, as mens met n familie (vrou en kinders) sit is dit sekerlik n saak vir ernstige oorweging om te kyk na ander heenkome. As ek so deur al die kommentare gaan op vorige artikkels ook, lyk dit my daar is nou n hele klomp van ons mense wat buiteland toe kyk. Kan ons hulle kwalik neem – imo nee! As ons boere of ander landsgenote kwalifiseer vir buiteland toe trek, en hulle sit met n jong kinders waarvoor daar in die land nie n toekoms huidiglik / vorentoe blyk te wees nie – is dit die verantwoordelike ding om te doen (imo)

Edd ·

Jammer mister M ma as ek gan brand ek als af wat nie daar was voor my voorvaders hier gekom het nie. Ek sloop elke dam, elke stoor en maak seker dat daai grond vir die volgende tien generasies onvrugbaar bly.

Jannie ·

Edd moenie geld en tyd daarop mors nie hulle sal al die dinge wat jy wil doen sommer self doen.

Flip Pretorius ·

Malema as die witman alles moet los waarmee hy nie Suid Afrika toe gekom het nie, Hoe kan jy aanspraak daarop he. Jy het nog minder gedoen om die land te laat groei. So tussen my en jou Malematjie, sonder die witman en die indier is hierdie land niks nie. En SA Regering ek dink nie die Ausies gaan hulle steur aan julle uitlate nie. Die mense daar is opgevoed en geleerd

Werner ·

Malema droom drome sal niks vir hom los nie het met niks begin hy kan ook maar hulle is mos sulke wonderlike boere bly iemand se oe gaan oop op wat hier aangaan

Pierre ·

Dis reg so malempie, ons sal vir jou alles los… maar weet jy ooit hoe werk al daai goed wat jy so graag wil he?

Mielie ·

Dis wêreldklas mense die van n eerste wêreld, hulle laat hulle nie intimideer nie. Hulle is ook oopkop een oop vir debat, hulle loop nie oor mense en boelie mense nie. Dit word respek vir hulself en medemens genoem.

Jan ·

En sal die mense A.S.B. ophou die Australiese ambassade elke dag te bel. Dit is al klaar ‘n sensitiewe saak en hulle het nie nou nog mense nodig wat hulle elke dag bel en vra waar is ons visas. Dit gaan hulle net irriteer en dan sal hulle begin twee keer dink. En weereens hou op bly wees voordat enige iets op swart en wit staan. So kalmeer eers maar.

annatjie ·

Dankie Heer dan iemand ons mense raak sien dit is nie net boere nie vrou en kinders word ook verkrag martel en dood gemaak help ons almal

Boer ·

Dankie Mnr Dutton. Dit troos al ons weet daar is ander mense wat ons penarie sien, al kan jy niks daaraan doen nie
Malema, ek lag vir jou. Jy en jou volgelinge gaan eerste van die honger omkom…

Reguit ·

Malema en sy hordes gee nie ‘n flenter om of ‘n plaas produktief sal wees of geplunder word nie. Die feit dat die meeste plase wat reeds onteien is totaal vernietig, geplunder is en braak staan, pla hulle geensins. Malema en sy hordes word net deur een ding gedryf, en dit is die bloeddorstige HAAT jeens die wittes. Niks anders tel vir hulle nie en geen “feite” het ‘n invloed op hulle denke nie. Hulle steur hulle nie aan etiek, wette of gevolge nie. ‘n Sin vir verantwoordelikheid of toerekeningsvatbaarheid dié het hulle nie. Die jammerste van alles is dat daar steeds ‘n magdom (liberale) wittes is wat hierdie harde feite nie wil raaksien of wil erken nie. Daarom emigreer mense.

Cornelia ·

Ai, toe lag ek so tussen die erns deur. Dat Malema tot die blanke boere wat ander opsies en geleenthede oorweeg en wil benut waar moontlik as “rassisties” beskou! Malema, jy is voorwaar ‘n krater van ‘n oppervlakkige en onsmaaklike grap vir wie selfs Candid Camera nie ‘n gelyke sal vind in die geskiedenisboeke nie! Jou strooitjie persepsies het jou al tot ‘n uiters “slegte reuk” in beskaafde mense se verantwoordelikheids raamwerk geëtikiteer. Beskawing kyk nie agtertoe nie. Ons kyk Op terwille van ‘n gewetens taak en roeping. En daarin faal jy tuimelend die dieptes van onbekwame begrip en balans in menswaardigheid, weg van enige vorm van leierskap. Jou vuurtjie sal vrek, want jou hout is nat. Die dat die rook en reuk jou uitsig belemmer en jou gewete skroei. Dit ruik sleg, ou. En ons lag vir jou.

Paul ·

En intussen doen skrywers/kommentators op Netwerk24 als in hul vermoë om lesers te laat verstaan hoe moeilik dit is om in Australië te boer en hoe duur dit daar is.

PJC ·

Dit is goed so dar Dutton se optrede so baie kommentaar van die liberales ontlok want op hierdie manier word die probleme aan die groot klok gehang.

Veronica ·

Gehoor ou Mal Emma het weer sy snert gespreek! En kom NIKS oor nie! Maar behoede jou as jy net iets sê wat hulle nie pas nie!! Edd ek hou van hoe jy redeneer! Hoop ander neem kennis! “Hulle” wil mos grond hê, so: sorg dat hy net die barre stuk grond kry! En Mnr Die ambassadeur: koop vir die man n Balls! ag wat praat ek!! Gee vir hom n wynplaas!!! Ten minste gee iemand om wat met ons boere gebeur!!!!

_______ ·

Eerder arm en veilig as arm en ge###.
Ons het nie eintlik n democratiese deel ini land as ons so min is nie, soooo ek dink dis beter om te waai.

P. S brand af alle huise en trekkers, waar dink die EFF John deere van af kom, suiker riet kom van india-asia, mielies kom iewers anders vandaan. Brand af.

Marinda ·

Ek wens almal voorspoed toe wat besluit om in Australia te gaan boer. Hoop dit is ñ fantastiese avontuur.

Baie bly Peter Dutton gaan nie terug op sy woord nie.

Om alles te los en eerder erens anders ñ nuwe begin te gaan maak is ñ baie groot besluit en waagstuk, en natuurlik ñ nuwe avontuur, maar my seun sê altyd vir my: “it’s what you make of it” . Take every day as it comes.

Peet J ·

Mnr. Dutton , moet asseblief nie ons jongmense uit die oog verloor nie hier is geen toekoms vir hulle sowel as hulle nageslag nie , briljante intellektuele opgevoede mense wat ‘n aanwins vir u land gaan wees.

Piet ·

Alles sal afgebrand word daar sal niks vir hulle wees nie net geskroeide aarde kyk of hulle dan die land wil he brand alles af los hulle met niks

Casper Labuschagne ·

Dit is slim ekonomie, niks anders nie. Suid Afrika beskik oor kundiges, boere, tandartse, chirurge, loodgieters, elektrisiëns waar die regering nie net niks vir hulle omgee nie, maar aktief wetgewing beoog om hulle te vervang deur swart mense. Deur ‘n blote hand van vriendskap uit te reik verkry Australië tienduisend bekwame professionele persone wat selfstandig is en nie op die staat gaan teer nie. En vir elkeen van hulle wat SA verloor, is ons land net armer, nie net vir die vaardighede wat verlore gaan nie, maar vir die tientalle werke wat daardie persone se teenwoordigheid geskep het.

En gee ons regering enigsins om? Nee, hulle val die Australiërs aan wat ‘n hand van vriendskap uitsteek aan ‘n minderheid wat nie in hul geboorteland welkom is nie.

A ·

Hy wil hê alles moet vir hulle gelos word. Ongelukkig is hulle te sleg om te werk. Hulle sal alles verkoop vir geld en as daar niks oor is nie sal hulle ook die pad vat

snoefie ·

brand die trekkers,karre,implinente, landerye en huise voordat ons gaan ou julius moet ook alles los wanneer by gaan want anders as die blanke, het sy voorvaders niks saam met hulle gebring nie

Adele ·

Ek wil graag hoor of Kan Mariela media nie ook n link plaas vir die visa aaansoeke waarna mnr Dutton verwys nie Iemand het my gesê jacaranda radio het n link, maar ek kry dit nie

Oom Kalahari ·

Mnr Dutton, dankie dat jy darem nog aan ons dink en ek glo vele mense sal liewer daar in armoede wil gaan bly en hard werk as om hier in ‘n slagters kamp vasgevang te wees. Hierdie geel liberale kan maar gerus agter bly en hul eie heil bepaal. Alle lande wat ons kan akkomodeer asb skenk oorwegings en onderhandelings oor die ernstige saak. Ons klim op skepe en vliegtuie as ons net gehelp kan word. Vergifnis is swaar as jou Ma en broer vermoor is. Ons bid daagliks dat die Vader vir ons ‘n uitkoms sal bring.

Anti-Julius ·

Dream on, Julius; I will BURN everything down but you won’t have it. I will sell my tractors and implements, furniture and other things I work hard for AND I have money in the bank. When I leave, I will put the house on fire.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.