Duur koperkabels onder skroot versteek

Die metropolisie het dié drie in besit van vermoedelik gesteelde goedere gevind. (Foto: Polisie)

Die Tshwane-metropolisie het Vrydag beslag gelê op ʼn reusevonds koperkabels wat onder skrootmateriaal op ʼn vragmotor versteek was.

Tydens ʼn patrollie langs die R513 Brits-pad het beamptes ʼn verdagte vragmotor opgemerk wat skrootmetaal vervoer.

“Die trok is voorgekeer en deursoek. Onder die skrootmetaal het die beamptes toe sakke vol vermoedelik gesteelde koperkabels gevind,” het senior supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Vrydag gesê.

“Die bestuurder en twee insittendes van die vragmotor kon nie sê waar die kabels vandaan kom nie en het net gesê dat hulle dit na ʼn groot skrootwerf tussen die plotte neem.”

Toe die beamptes hulle verder daaroor uitvra het die verdagtes erken hulle kom van ʼn skrootwerf in Cullinan, waar hulle die kabels by mense gekoop het wat dit daarheen gebring het.

Volgens Mahamba is die koperkabels amper R1 miljoen werd. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

“Kabeldiefstal is ʼn groot bekommernis vir die Stad Tshwane, aangesien dit kragonderbrekings tot gevolg het wat die stad miljoene rande kos. Daarom het die Tshwane-metropolisie ʼn aangewese eenheid wat spesifiek op die bekamping dié soort diefstal fokus.”

Volgens Mahamba sal die betrokke vonds nagegaan word om te bepaal of dit verband hou met bestaande diefstalsindikate wat reeds ondersoek word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie ·

Wat moet hy maak as hy honger en werkloos is. Het julle al daaraan gedink

Colin ·

Nie R1 miljoen se kabels onverklaarbaar verkry en verkoop nie!

Chris dupreez ·

Die man in die middel seker op n nat kol gesit of groot geskrik

Sarel ·

So Waar hulle het Skroot Handelaars aangekeer.
Geen wonder fit reen in Gauteng nie
Nou die by wie hulle dit gekoop het

Manie ·

Met die bestaande toestand van ons land waar daar nie werk is nie en die Covid jab op n skelm manier ge inforce word waar hulle jou by die werk tuiken, as jy nie gejab is nie kan jy nie werk nie. Is ek seker gaan die manier van aan die lwwe bly meer algemeen word. As n mens hinger is en n familie het om voor te sorg. Wat moet jy amders maak.

Colin ·

Ek hoop daai manne sit sommer lank agter tralies en sing soos kanaries oor waar, hoe en by wie hulle daai koper kry en verkoop. Maak nie saak of jy wit, swart, pienk of pers is nie. Siek en sat vir die gestelery van my kabels en transformers en elke keer kos dit ‘n fortuin om te vervang en nuwe sekuriteitsmaatreëls in plek te sit om my eiendom te beskerm. Ek hoop julle kry ou brood en swart koffie vir Kersfees

Nico ·

Stel die skrootwerf eienaars ooit die polisie in kennis van enige onwettige besit of die verkoop van koper.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.