Die minister van behuising, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het haar direkteur-generaal opdrag gegee om ʼn ondersoek te begin na die bou van tydelike huise by Silahliwe en Linda Mkhondo in Harrismith in die Vrystaat.
“Dit kom na kommer uit verskeie oorde dat die strukture swak gebou is en heelwat geld gekos het,” het die departement Sondag gesê.
Volgens die departement moet aan sekere voorgeskrewe spesifikasies voldoen word.
“Ons het ʼn verantwoordelikheid om ons beperkte hulpbronne slim te bestee. Daar moet waarde wees vir elke sent wat ons bestee. Swak vakmanskap gaan nie geduld word nie,” het Sisulu gesê.
Die minister het gesê indien bevind word dat afgewyk is van die voorgeskrewe bepalings, gaan stappe gedoen word om die situasie reg te stel, asook opgetree word teen diegene wat die oortredings begaan het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Ek kan nie verstaan nie. Wie het oorspronklik inspeksie op strukture gedoen? Wat gebeur as huise nie san spesifikasie voldoen nie? Hoe gaan die skim ANC geld verhaal? Sy is net nog n grap wat nou ewe skielik omgee.
Sy lyk asof sy net vinnig n draai op kantoor gemaak het om werk uit te deel maar eintlik oppad was om paintball te gaan speel.
Almal word ondersoek, maar niemand al in oranje pakkies nie! Hoeveel kos dit nou weer?
Hou net op lieg. Die mense wat dit gebou is weg. En die geld is klaar. Huise is klaar gebou en wat nou.
Die pateet van ‘n kader kan nie eers water en sanitasie probleme oplos. In kort Sy is totaal onbevoeg vir haar werk soos die HELE ANC . Probleem is dis vir hul ‘n “job” en nie ‘n passie