Duurder brandstof tref klein ondernemings die swaarste, sê Nafcoc

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die jongste petrolprysverhoging van meer as ʼn rand sal met verloop van tyd ʼn verwoestende impak hê op klein ondernemings, het die National African Federated Chamber of Commerce (Nafcoc) Vrydag in Noordwes gesê.

“Hierdie verhoging sal ongetwyfeld tot duurder openbare vervoer en ʼn verhoging in kospryse lei,” het woordvoerder Tshepang Ramosepele gesê. “Vandeesweek se petrolprysverhoging sal ekstra druk op klein ondernemings plaas omdat mense waarskynlik minder sal spandeer of hul uitgawes sal sny op produkte en dienste wat klein ondernemings lewer. Sommige maatskappye kan moontlik selfs sluit weens beurtkrag. Hierdie verwoestende kringloop sal voortduur aangesien ʼn afname in maatskappywinste ook die belastinginkomste sal beïnvloed.”

Hy het bygevoeg die prys van petrol het sedert Januarie met byna R4 toegeneem, wat ʼn verhoging van ongeveer 12% verteenwoordig.

“Dit is teen die agtergrond dat die land se ekonomie na verwagting teen ʼn slakkepas van 1,4% sal groei. Ons glo die verhogings in BTW, elektrisiteit en brandstof sal ʼn ernstige impak hê op klein ondernemings en die gemeenskap oor die algemeen.

“Ekonomiese groei en werkskepping sal ook stagneer, werkloosheid sal toeneem en dit is die klein ondernemings, arm en landelike gemeenskappe wat die ergste hierdeur getref sal word. Ons doen ʼn beroep op die regering om die implikasies van hierdie besluite te oorweeg.”

Die prys van 95-oktaan het op 3 April met R1.31 per liter verhoog en 93-oktaan het met R1.34 per liter verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

? leser ·

waars die kommentators wat vir my ‘n boodskap gelos het, dat ek weet nie waarvan ek praat toe ek einde november 2018 gese het dat die petrolprys gaan ernstig hoer wees in die nuwe jaar
gee nou jul kommentare

willem Botha ·

Die verskriklike heffings is n skande en ek hoop die kiesers wys hulle misnoë by die stembus en stem almal vir die VF+.

Bertus ·

Stem. Maar ons moenie ons asems ophou nie. Die massas gaan NET WEER vir die ANC stem en ons dus verder oor die afgrond help. Hul kan dit nie in hul koppe kry dat hul self verantwoordelik is vir SA se probleme deur ‘n korrupte regering aan bewind te hou nie. Ek sal egter my kant bring en VF+ stem.

IK ·

Steeds is daar geen spoedbeperking van sê 100km/h om te bespaar. Alle linksdraai bane by kruisings en T-aansluitings moet ‘n toegeeteken wees ongeag ‘n robot of stopstraat.
O ja, ek vergeet dat dit minder inkomste gaan beteken vir die regeerders.

E.T. ·

Wie ook baie erg sukkel, is die armes wat van taxi’s afhanklik is. Dis vreeslik om te hoor hoeveel hulle elke maand daaraan moet spandeer en hulle amper niks oor het vir kos nie.

JV ·

Ek is n eenman besigheid. my kliente is wydverspreid. Dit jaag my baie uit die sak uit vir brandstof. Dit raak al hoe moeiliker om kop bo water te hou. Ek sal op die einde van die dag my mense laat gaan en soos voorheen alleen die werk doen.

HPV ·

Die teken van ‘n mislukte staat, heffings op lewensnoodsaaklikhede, Hulle het die land leeg geplunder sodoende is btw en belastings alleen nie meer voldoende. Die grootste werkgewers is die duisende klein sakeondernemings. Deur sulke heffings plunder hulle nou indirek daardie sakeondernemings (werkgewers). Meer werkloses, minder belasting, ‘n bose kringloop deur die anc/eff/blf en hul meelopers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.