Duurder petrol in Julie

Argieffoto

Argieffoto

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het gewaarsku petrolpryse gaan na verwagting in Julie verhoog.

Volgens die organisasie sal die toename nie so skerp wees soos in middel Junie voorspel nie, danksy ʼn daling in oliepryse en ʼn verstewiging van die rand. “Ons het in die middel van Junie verwag dat die prys van petrol met tot 30 sent per liter kan styg en diesel tot 63 sent, maar die prentjie het die afgelope twee weke ietwat verbeter. Ons verwag nou ʼn styging van 11 sent per liter vir petrol en 43 sent vir diesel.”

Die AA het gesê ondanks ʼn onstuimige periode vir wêreldmarkte ná die Verenigde Koninkryk se referendum om die Europese Unie te verlaat, het die gemiddelde Rand/Dollar-wisselkoers, wat gebruik word om die petrolprys te bereken, in Junie effens verstewig in die rand se guns.

Dit, tesame met die olieprys wat skerp gedaal het ná die Brexit-referendum, het ʼn gunstige effek op Suid-Afrikaanse petrolpryse, het die AA bygevoeg.

“Voortslepende onstuimigheid kan egter tot verdere stygings in die prys van brandstof lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nico ·

Seker nou Brexit se skuld en nie swak bestuur deur die owerheid nie….

Tiger ·

Dink net wat gaan ons vir brandstof betaal as die ru olie prys weer sou styg tot $90 0f $100 per vat?Min mense sal kan werk toe ry wat nog van gaan kuier by iemand!

johann cb ·

Onthou net, die staatsamptenare het verhoging gekry en iemand moet vir die arme bloedjies sorg.

Strepies ·

Mense, wees dankbaar ons bly nie in Brittanje nie. Daar is die gemiddelde prys per liter oor die £1. Nou as my wiskunde reg is, en die Rand/Pond is nog steeds waar hy vanoggend was toe ek laas gekyk het, praat ons van baie na-aan oor die R20/L….

Andre ·

Strepies die minimum salaris in Britanje is meer as R 20.000 n maand ,so die petrol is eintelik goedkoper in Britanje as jy die vergelyking met SA wil maak.

Tiger ·

Hulle publieke vervoer stelsel is so eerste werelds hulle hoef nie eers ‘n kar aan te skaf nie wat nog ry!En as hulle ry is dit bitter kort afstande.Ons omstandighede hier is HEELTEMAL anders.Daar is mense her wat so ver werk toe moet ry dat hulle in Engeland amper deur die land sou ry vir dieselfde afstand.Niemand in Engeland ry so ver werk toe nie.

Wat-ek-lees ·

Vir geen oomblik word die spoedgrens verminder na 100km/h want dan sal brandstofbesparing veroorsaak dat die inkomste minder sal wees vir die regering.
Nog ‘n brandstofbesparing sal wees om alle verkeer wat links draai by ENIGE stopstrate, verkeersligte ens. die reg te gee om te ry sou daar geen verkeer van regs af aankom. Nou word daar onnodig gestop en weggetrek wat onnodige liters kos. Hierdie lg. is standaard praktyk in Amerika en die verkeer vloei spanne beter.
Ons moet egter onthou ons is in Afrika . . .

Gwen ·

“… tesame met die olieprys wat skerp gedaal het …, het ’n gunstige effek op Suid-Afrikaanse patrolpryse…”

Dit is nie juis gunstig as die pryse steeds styg nie.

jaco ·

maak die petrolprys n vaste prys en verhoog dit met R1 per liter eenmaal per jaar. Dan weet ons wat om te verwag. dit sal pryse van kos en ander goed wat van petrol afhanklik is, langer stabiel hou.

Hendrik ·

Strepies as jy in pond verdien en 1 pond betaal sal ons wat in rand verdien 1 rand moet betaal as jy dit so wil vergelyk. Maar Zim se brandstof kom van ons af en is goedkoper as wat ons betaal, as die regering nie die brandstof weg gee nie sal ons minder kan betaal.

vierkleur ·

hoekom is dit dat diesel elke keer soveel meer styg as petrol?
Is dit maar net nog n manier om boere verder in die grond in te trap?

Willie ·

Hoe is dit dat die prysverandering al hoe later aangekondig word? Dit was altyd op die Vrydag voor die verandering gedoen. nou al Sondag. Een van die dae sal dit na die verhoging/verlaging aangekondig word.

Tiger ·

Willie daar is tot vandag(Sondag) GEEN prysverhoging aangekondig nie.Ek hou die webwerf van PetroSA daaglks dop.Dit wat die AA in die berig noem is nog bespiegelinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.