Duurste skole in Suid-Afrika

Hilton-College-deur-Pieter-van-Marion

Die hoof se kantoor by Hilton College, ‘n Engelse privaatskool naby Pietermaritzburg. Die skool is tans die duurste skool in die land. Foto: Pieter van Marion/Flickr.com

Ouers wat kinders in Afrikaanse en dubbelmedium skole in Suid-Afrika het, kan ʼn sug van verligting gee as dit by skoolgelde kom. Alhoewel jaarlikse skoolgeld jou maklik tussen R20 000 en R50 000 uit die sak kan jaag, is dit nog nie naastenby wat ouers moet opdok om hulle kinders na van die land se duurste Engelse privaatskole te stuur nie.

Die duurste skool in Suid-Afrika sal hierdie jaar ouers sowat R219 500 aan skoolgelde en koshuisfooie kos. Hilton College, ʼn Engelse privaatskool in die KwaZulu-Natalse middellande wat in 1872 gestig is, is tans die duurste skool in die land. Dié seunskool is in 2013 as die vierde beste hoërskool in Afrika aangewys in ʼn lys van die honderd beste hoërskole wat deur The African Economist saamgestel is. Verder beskik die skool oor eiendom van 1 700ha wat boonop ʼn wildreservaat insluit.

Hier volg ʼn lys van die duurste skole in Suid-Afrika. Die skoolgeld hieronder sluit koshuisverblyf in en is die jongste fooie wat tans beskikbaar is:

  • Hilton College in die KwaZulu-Natalse middellande: R219 500
  • St. Andrew’s College in Grahamstad, Oos-Kaap: R199 140
  • Michael House in die KwaZulu-Natalse middellande: R199 000
  • Kearsney College in Botha’s Hill, KwaZulu-Natal: R181 350
  • Roedean School for Girls in Johannesburg: R181 140
  • St. Alban’s College in Lynnwood, Pretoria: R181 000
  • St. John’s in Johannesburg: R178 523
  • St. Andrew’s School for Girls in Johannesburg: R174 860
  • St. Mary’s School for Girls in Waverley, Johannesburg: R173 700
  • Somerset College in Somerset-Wes in die Wes-Kaap: R167 736

Daarteenoor betaal ouers by die spog Afrikaanse of dubbelmedium privaat en openbare skole heelwat minder, en kan dikwels ook nog kwalifiseer vir ‘n korting:

  • Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria: R26 950 per kind per jaar en R26 400 aan jaarlikes koshuisfooie.
  • Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria: R29 400 per kind per jaar en R28 620 aan jaarlikse koshuisfooie.
  • Helpmekaar Kollege, ʼn privaatskool in Johannesburg, sal jou R57 200 per jaar aan skoolgelde kos en die koshuisfooi beloop tans R30 580 per jaar.
  • Curro Hazeldean, nog ʼn privaatskool in Pretoria se Silver Lakes-omgewing se skoolgelde beloop tans R43 380 per jaar vir leerlinge in graad 8 en 9 en ouers van graad 10 tot 12-leerlinge sal R53 760 per jaar moet betaal.
  • Hoërskool Paarl Gimnasium in die Paarl se skoolgelde kos tans R21 900 per kind per jaar.
  • Paul Roos Gimnasium, ook in Stellenbosch vra ouers R25 750 aan skoolgelde per jaar en ongeveer R33 700 per jaar aan koshuisfooi, afhangende of jy wasgoed by die koshuis wil laat was.
  • Hoër Meisieskool Paarl se skoolgelde is R20 770 per kind per jaar.
  • Grey kollege, ʼn dubbelmedium seunskool in Bloemfontein, wat ook in 2013 as die beste hoërskool aangewys in The African Economist se lys van die honderd beste hoërskole in Afrika, se skoolgelde beloop tans is R19 300 per jaar vir ʼn graad 8-leerling en ouers van graad 9 tot 12-leerlinge sal R18 600 per kind betaal. Koshuisfooie beloop tans R24 810 per jaar.

Tog is ouers met skoolgaande kinders bekommerd oor die skoolgeldverhogings wat dikwels tot drie keer bo die inflasiekoers styg. Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) meen egter dit is besonders dat skole dit steeds regkry om uitstekende resultate te lewer, terwyl hulle dikwels groot finansiële uitdagings in die gesig staar. “Die gemiddelde hoërskool se uitgawes aan water- en elektrisiteitsrekeninge is dikwels baie meer as hulle staatsubsidie,” het Colditz gesê. Meeste openbare hoërskole spandeer 68% van hulle begroting aan die vrystelling van skoolgelde en skoolgeld wat nie betaal word nie, munisipale diensterekeninge en die koste van beheerliggaamposte vir onderwysers. Een van die hoofredes waarom skole juis finansieel sukkel om kop bo water te hou, is omdat hulle genoegsame personeel moet aanstel en vergoed.

Bykomende bronne: BuzzSouthAfrica.com, OFM en Fedsa.org.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lindie Lourens ·

Hoekom sal Hoërskool Paarl Gimnasium in Stellenbosch en nie in die Paarl nie , wees?

Conrad ·

Paarl Gimnasium is nie in Stellenbosch nie. Die skool is uiteraard in die Paarl!

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Conrad en Lindie

Die skool is wel in die Paarl soos julle uitgewys het en die berig is nou gewysig om dit so aan te dui.
Jammer vir die fout.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Petrus van Eeden ·

Absoluut ongelooflik! My kinders was in Nederland op skool. Die jaarlikse koste was ongeveer Eur 100 per kind per jaar. Dus ongeveer ZAR 1500. My kinders studeer nou aan tersiere inrigtings. Kos my byna niks. Vervoer per trein, bus of tram is gratis.

Heel Veel Sterkte Gewenst in Afrika!

Sonette ·

@Petrus hoe is dit moontlik? Met wie kan ons kontak maak om hul strategie te volg? Dit is fantasties! Betaal die regering dus meeste kostes?

Lindie Lourens ·

Petrus, wonder maar net waar jy nou woon en waarom?
Kom ons hou op om ons met ander te vergelyk. Ouers is tog deel van hul kind se skool en die besluite , ook dié rondom die skoolfondse. Was jul daar toe die skoolfonds bespreek en vasgestel is of het jul tuis voor die TV ontspan terwyl ander dié moeilike besluite moes neem? Heel gerieflik- ons skop sommer later stof op. Spyt kom altyd te laat!
Ek sien ook dis “spog ” skole, daarom neem ek aan dat dit die ouers se keuse was om hul kinders in dié duurder skole te plaas. Hul het dan tog seker die fondse gehad toe hulle so besluit het?!

Viv ·

Ag ja, Lindie. Laat ons tog geen vergelykings tref nie. Dan hoef ons nooit te weet dinge kan dalk verbeter nie. So hoef ons ook nooit iets nuuts te leer nie, maar kan voortgaan in die slaap van die eeue gesus.

Waar Petrus woon en waarom is werklik nie die kruks van die saak nie – skoolfooie is wel.

Lindie Lourens ·

Woon hy in SA en sy kinders studeer in Nederland of het hy in Nederland gewoon en nou in SA? Dan wil ek weet waarom hy nie in Nederland, waar dit soveel goedkoper is as in SA, gebly het nie. Dis hoekom ek gevra het.
As jy lande vergelyk moet jy seker alles in ag neem en nie net een ding uitsonder nie. Hoe vergelyk salarisse? Hoe lyk die belastings gehef?
o ja! Hier in SA kan jy jou kind in ‘n “geenskoolfonds-skool” sit as jy wil. Niemand keer jou nie.

annatjie fourie ·

Ek werk lamk on die buiteland
10 jaar om presies te wees
Appels moet met appels vergelyk word—mens kan nie omskakrl in rand mrt sy powerse koer teenoor buitelandse geld eenhede en dan vergelykings tref nie dowel as vorige kommentaar gelewer ..inaggenome
My vraag is HOE KSN AL EN MEESTE BUITELANDRRS IN SA GRATIS SKOOLGAAN…NIGERIERS-SOMALIETS-ETIOPIERS-ZIMBABWERS-MALAWIERS…en meeste swart Suid Afrikaners..EK PRAAT VAN MENSE WAT
EK KEN…maar meeste arm blanke SA moet please and explain en hordes state vootle voir hul ‘Dalk’ in aanmerking kom
Jaag die buitelandes weg wT gratus skoolgaan omdar Afrika Politiek diktoriasl en selfverrykend is en nie eens Demokrasie kan spel nie
Sodst skole vir Suid Afrikaners goedkoper ksn rask en mask seker andet Afrika state se mense betasl vir skole…MEDIES en betaal ook lisensiegelde en om op ons pasie te rDie verpleegkunduges le privaarhospitale vol en verduen sakke vol….onbelasbare geld… en eus dan nog teen SARS as hul wel moes belasting betaal RN KRY JAARLIKS TOONE RANDE TERUG TERWYL suid Afrikaners moet swoeg en sweey

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.