Dwaalkoeël eis omstander

Argieffoto

ʼn Onskuldige omstander is Donderdag in Port Elizabeth se noordelike voorstede dood toe ʼn dwaalkoeël hom getref het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn dwaalkoeël het Ambrose Booi (58) in die bors getref en hy is op die toneel dood verklaar.

Naidu het gesê die polisie doen ʼn beroep op die publiek om hulle te help om twee vermeende lede van die Hondekoppe-bende op te spoor nadat hulle skote afgevuur het by ʼn huis in Burkestraat in Bloemendal.

Die twee bendelede het glo omstreeks 14:00 by die huis, wat glo aan ʼn bendelid van dieselfde bende behoort, aangekom en skote afgevuur.

Volgens Naidu het die verdagtes daarna gevlug en is niemand in die huis beseer nie. Die provinsiale bende-eenheid ondersoek ʼn saak van moord.

Die jongste skietery bring die dodetal van mense wat in November in Port Elizabeth se noordelike voorstede doodgeskiet is op tien te staan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Kan polisie nie klopjag uitvoer en alle onwettige vuurwapens annekseer?

Eish! ·

Ek het self ‘n dwaalkoeël deur gang se dak gekry so 2 weke gelede. Forensies het die punt kom optel en my ‘n saaknommer gegee. Geen invalshoeke is gemeet nie en daar baie maal gesê; “Eish! You are so lucky” Nog nie weer iets van die Polisie gehoor nie. Maroela het ook nie in die storie belanggestel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.