Dwaalkoeël tref kind in Lavender Hill

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn dwaalkoeël Saterdag ʼn sesjarige dogtertjie in Lavender Hill in die Wes-Kaap getref en gewond het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die dogtertjie het omstreeks 09:50 buite haar ouerhuis gespeel toe ʼn skietery in dié woonbuurt uitbreek en sy in die spervuur beland het.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat onbekende verdagtes op ʼn 24-jarige man geskiet het en in die proses hom asook die dogtertjie gewond het. Albei slagoffers is gisteroggend na ʼn hospitaal gehaas, het Rwexana gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

leser ·

weermag, polisie, was lavender hill nou weer te ver van phlippi en mitchels plain af

Pieter C ·

Ek sien deedae aanmekaar die stelling, “‘n koeel het die persoon getref en gewond”. Is dit nie logies dat jy gewond is as die koeel jou tref nie?

Nee ·

Nee, want mens kan ook dood wees of hoegenaamd nie gewond wees nie as die koeel slegs jou klere of skoene of hoed tref of iets soos n boek of beursie. Al die dinge het al baie gebeur.

Skoolgeld ·

Ek verstaan nie, ñ plaasaanval is daar mense doodgemaak dan ondersoek SAP huisbraak en hier is reeds uitgemaak dis poging tot moord ? Laat mens net weer besef watse verandwoordliheid jy het as jy ñ sneller trêk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.